SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Die ABC van Kortverhale

In die vlees sit jy voor jou rekenaar by die werk, maar jou gedagtes bly by 'n menigte karakters wat deur jou brein flits - soos die man op die skuit.

Wat is sy probleem? Waarom kan hy nie tot rus kom nie? Steek hy dalk 'n geheim weg? En wat het van sy vrou en kinders geword?

Of wat van die man en vrou wat nie kan besluit of hulle vir mekaar bedoel is of nie?

Almal karakters in jou verbeelding, maar almal soos vriende wat jy aan die wêreld moet bekendstel.

As jy jouself hierin herken en weet dat jy minstens één kortverhaal moet skryf om al die mense in jou gedagtes 'n stem te gee, is hierdie die kursus vir jou. Dis vinnig, deeglik en voordat jy weet wat jou getref het, het jy die man op die skuit veilig die hawe ingelei ... en sommer 'n paar ander karakters ook van onbekendheid gered.

Duur: 5 maande 

Modules: 5 modules

Kursusfooi: R3,500

Afbetalingsopsies

R1,750 X 2

R1,167 X 3

R875 X 4

 

• Kenmerke en vereistes van 'n kortverhaal

Hoe om 'n kortverhaal te ontleed en beoordeel

Karakterisering

Hoe om 'n karakterskets te bou

Die funksie van die verteller

Perspektief

Dialoog en beskrywing

Plot en intrige

Skryf jou verhaal

Redigering

Publikasiemoontlikhede en -wenke

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (60 bladsye)

  • 8 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • 2 kortverhale

  • Manuskripbeoordeling van 1 voltooide kortverhaal

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

Spesiale verslag: Hoe om jou kortverhaal gepubliseer te kry

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

 

Minstens 65% + EEN kortverhaal


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse