SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

SA Vryskutskrywer se GRATIS nuusbrief is 'n noodsaaklike verlenging van jou skrywerslewe aangesien daar beslis gn ander Afrikaanse nuusbrief ter wreld met dieselfde inhoud bestaan nie. En heel moontlik ook nie in enige ander taal in Suid-Afrika nie. Moet dus nie versuim om in te teken nie. Gebruik onderstaande vorm om jou vinnig op jou pad na skryfsukses te help.


 

NUUSBRIEFARGIEWE

  • Het jy dalk een van ons nuusbriewe misgeloop?
  • Of wil jy eers sien wat ons nuusbriewe aanbied voordat jy daarop inteken?

  • Wat ookal die rede waarom jy op di blad beland het... hier kan jy al ons nuusbriewe onder een vaandel vind - met die skakels na elke volledige nuusbrief en sy inhoud.   

Lekker lees!

                             

https://campaign-image.com/zohocampaigns/133052000002479558_zc_v25_last.png

      Nuusbrief

Julie 2021 NUUSBRIEF


 

 

 

 

 

 

 

INHOUD

 

Van my rekenaar: 

Pandemie-poegaai

 

MEDEWERKERS:

 Nuuspod

 Cordis Trust

 Nog medewerkers

 

SKRYFWENKE:

 Hoe skryf jy dialoog vir 'n kinderboek?

 5 Elemente van 'n

kortverhaal

 

ARTIKELS:

 Verskillende tipes

redigeerders

 Navorsing vir 'n nie-

fiksieboek

 

 

VRYSKUTNETWERK:

  Ontmoet ons lede

  Wil jy aansluit?

 

OP ONS WEBBLAD:

 Skryfkursusse

  Getuigskrifte

  Databasisse

 Professionele dienste

 Kuberwinkel

 Kompetisies

 Hulpbronne

 Skrywer in die kollig

 Kursusse spesifiek vir

skrywers

 

SA Vryskutskrywer

SkryfKLUB

 

Van my rekenaar...

En hier's ek sowaar weer - steeds midde-in die pandemie wat nou nimmereindigend blyk te wees. Maar ek is glad nie meer pandemievoos soos verlede jaar nie. O nee, ek het intussen gevorder na iets erger... lewensvoos. Jy weet mos: daardie gevoel van jy is nie lus vir iets nie en jy het sovl dinge om te doen, maar jy kan jouself net nie aan die gang kry nie. Iewers het jy jou mojo verloor. En hltemal.     

    Tot onlangs het ek gedink daars groot fout met my, maar toe kom Jana Marx van Netwerk24 tot my en vermoedelik miljoene ander mense se redding met haar insiggewende artikel, Pandemievoos of bloot net lusteloos? Ds wat makeer, van 13 Mei 2021. Dt waaraan ons ly is blykbaar n nuwe emosionele fase. Dankie tog! Uiteindelik het daardie dood-vat-my-gevoel n naam en is dit nie omdat ek skielik uitermate lui geraak het nie. Volgens die artikel is ek net moeg vir die lewe en/of afgerem. Fisies skort daar nie juis iets nie, maar geestelik is dit 'n ander storie. Die alewige oor-jou-skouer-geloerdery om die virus in al sy gedaantes te probeer ontglip, die surrealistiese landskap met gemaskerde mense, die gebrek aan sorgvrye kuiers saam met familie en vriende, die inherente vrees dat die virus jou en jou geliefdes gaan plattrek, en die vertwyfeling of jy jou mense eendag weer sal sien, eis nou sy tol op bykans almal van ons.    

    Kortom: ons is pandemie-kapoet. Poegaai.     

    Maar... as n mens nou net fokus op al die negatiewe dinge rondom jou kan jy net so wel soggens die duvet oor jou kop trek en verder slaap, want hierdie virus en alles wat daarmee saamgaan, gaan nie sommer verdwyn nie. Die maskers, sanitasie en sosiale afstande gaan heel moontlik nog vir geruime tyd met ons wees.      

    Gelukkig maak n boer mos maar altyd n plan. Jy skop die doodse gevoel onder sy alie deur jou rekenaar se sleutelbord nader te trek en jy skryf jou ellende weg. Jy skryf vir jouself, jou kinders, jou ouers, jou familie, jou vriende, sommer vir almal. Jy skryf omdat skryf terapeuties is. Prof. Lizette Rabe, n akademikus en voormalige redakteur van die tydskrif Sarie, het met woorde sin gemaak van haar onnoembare verlies toe een van haar tweelingseuns dood is. Deur haar eie ondervinding het sy vir ons almal wat met trauma en verlies worstel riglyne verskaf in haar boek, Om tot verhaal te kom verwerk trauma en verlies deur skryfterapie. En dit maak nou nie saak h jy na hierdie pandemie kyk nie dit s traumaties. In alle opsigte. 

    Moet egter nou nie die fout maak om te reken dat om te skryf jou probleme en trauma laat wegraak nie, hoor. Dit gaan nie gebeur nie, maar dit sal jou help om jouself en jou gevoelens beter te verstaan en daardeur sin te maak van wat aangaan. Dit help jou dus om dt waarmee jy worstel soort van uit jou gestel te skryf.     

    Dis in elk geval m plan... ek benut tans elke vry oomblik (wat maar min is) om n boek en verskeie artikels te skryf (nee, dit het niks met Die Virus uit te waai nie!) en ek moet erken ek voel regtig al bietjie beter. Skielik het my lewe weer nut; skielik het k weer nut. Die doelwit wat ek vir myself gestel het laat my voel asof daar tg iets is om na uit te sien; iets om na te streef. En terwyl ek navorsing doen, notas maak en skryf ontsnap ek die daaglikse teneergedruktheid en swart hond wat so dikwels ongevraagd aan my hakke kom hap.     

    Daar is verskeie selfhelp-groepe rakende trauma en depressie wat oral soos paddastoele opskiet. Hulle is almal nuttig, maar kan jou net tot op n punt help. Van daar af is jy weer eens op jou eie en is dit j benadering tot alles wat jou gaan laat sink of swem. Ek het besluit ek kies om te swem. Ek neem alles soos n spons in wat ek lees oor hoe om van hierdie doodse gevoel ontslae te raak, maar ek behou slegs dt wat vir my kan werk. En skryf wrk vir my. Dit voer my weg na n wreld sonder probleme, sonder n skrikwekkende virus, sonder dood en ellende. Dit is MY wreld en k kraai daar koning.     

    Ek glo hierdie benadering sal my behoud wees en ek is doodseker dit kan vir jou ook werk. Waarom probeer jy dit nie? Maak die deur na die buitewreld toe en verloor jouself vir n rukkie in n wreld wat jy geskep het. Na alles is jou belangstelling in skryfwerk mos die rede waarom jy op hierdie nuusbrief ingeteken het, nie waar nie?     

    Kom ons skryf. Kom ons vergeet van Die Virus. Kom ons vind weer ons joie de vivre.

Leoni


Skryfwenke

Hoe skryf jy dialoog vir 'n kinderboek?

Dit is iets wat natuurlik moet kom en glad nie geforseer moet of kan word nie. Die meeste van ons bring minstens 'n gedeelte van elke dag deur in gesprek met ander mense. Maar die skep van dialoog is meer as net om die werklike spraak te omskryf. Dit is selfs meer ingewikkeld in kinderboeke, aangesien die ouderdom van die leser ook in ag geneem moet word. 

 

Geskrewe dialoog is 'n saamgeperste vorm van werklike spraak dis die vleis van die gesprek met al die ekstras verwyder. Prenteboeke en maklike lesersboeke wat geskryf is vir kinders van agt jaar en ouer, word hoofsaaklik vertel deur middel van aksie, en die dialoog weerspiel hierdie aksie. Die karakters se dialoog in hierdie boeke moet 'n gevoel van hul persoonlikheid weergee, maar ook die lesertjie help om te verstaan wat in die storie gebeur. Net soos die plot 'n voorwaartse rigting moet h, moet die dialoog ook.

 

Deur gebruik te maak van eenvoudige, dog volledige sinne wat nodig is vir 'n maklike lesersboekie, het die skrywer die storie se optrede deur natuurlik-klinkende dialoog geopenbaar.  

 

Maar hoe skryf jy dialoog as die stories langer en meer ingewikkeld word? In hierdie gevalle kan die heen-en-weer-geklets tussen karakters minder eendimensioneel wees. In die werklike lewe bring elke persoon sy of haar eie standpunt na n gesprek en kry iets anders in ruil daarvoor. Om die dialoog toe te laat om natuurlik te vloei, kan humor by die toneel gevoeg word wat die karakter toelaat om verder te ontwikkel.

 

Dialoog is 'n kans vir die karakter om in sy eie stem te praat. Maar ware dialoog is nie net iets wat hardop ges word nie. Die spreker dra ook terselfdertyd 'n interne gesprek oor. Dit is die skrywer se perfekte geleentheid om die karakter toe te laat om dieper elemente van haar persoonlikheid te ontbloot sonder om die voorwaartse beweging van die plot te kniehalter. 

 

Vir diegene wat sukkel met die vraag oor hoe om dialoog te skryf: onthou dat die dialoog wat oortuigend en interessant is soveel meer is as slegs die woorde wat uit n karakter se mond kom. Hoe 'n karakter praat met pouses en sinfragmente kan sy emosionele toestand demonstreer. Hoe 'n karakter beweeg terwyl hy praat, voeg betekenisvlakke by die dialoog. Die instelling waarbinne die gesprek plaasvind, kan die gesprek benvloed. Dialoog is nou verweef met elke ander element van skryfwerk, en slegs wanneer dit naatloos in die stof van die storie ingeweef word, word die boek n geheel.

 

Wil jy 'n kinderboek skryf of deel wees van ons aanlynslypskool? Klik hier vir ons Kinderboekskryfkursus en hier vir ons Aanlynslypskool.

 

Skryf gerus in vir ons AANLYNKINDERBOEKSLYPSKOOL en ons kyk of ons jou kan help om die einde van die maand in te skryf vir die  Ken Jou Storie-Kinderboekskryfkompetisie. Wie weet? Dalk is jy 'n wenner... 

 

5 Elemente van 'n kortverhaal

1.  Die aanhef of eksposisie is die gedeelte van ʼn narratief wat die belangrike agtergrondinligting aan die leser bekendstel (soos gebeure voor die hoofplot of ʼn karakter se agtergrondstorie) maar nie deel is van die plot se aksie self nie. Indien die eksposisie t didakties is, kan dit die plot se momentum verstadig. Daarom word ʼn aantal literre tegnieke gebruik om die leser se aandag te fnuik of om dit te versteek. Di tegnieke sluit in terugverwysings, toevallige dialoog (deur ʼn karakter na sy suster te laat verwys as "Sus"), eerste persoonsdenke oor die verlede ("Jare gelede, tydens diensplig in Suidwes...) of projeksies die toekoms in ("dit was eers jare later dat ek uitgevind het... ") en derde persoon, alsiende narratief opgedeel in kort gedeeltes dwarsdeur die storie. Lees die res van hierdie skryfwenk op ons blok...

 

Hoe lyk dit? Voel jy nie lus om jou hand aan 'n kortverhaal te waag nie? Gaan kyk dan hier na ons kortverhaalkursus.

 

Artikels

 

Verskillende tipes redigeerders

Nie alle redakteurs is dieselfde nie. Sommige redakteurs (veral as hulle vryskut werk) dra miskien 'n paar verskillende redigeerhoedjies, terwyl ander in slegs een vorm van redigering spesialiseer. Dit is belangrik om dit in gedagte te hou wanneer jy jou dienste as redigeerder aanbied. Reeds met die aanstuur van n kwotasie moet jy dit duidelik stel wat die verskillende soorte redigerings is wat jy aanbied sodat daar geen misverstand tussen jou en jou klint insluip nie. Bied jy ontwikkelingsredigering sowel as gewone teksredigering aan? Of spesialiseer jy eintlik in proeflees? Dit is belangrik om spesifiek te wees oor die tipe redigeringsdiens wat jy aanbied.

      

Daar is vier soorte redakteurs/redigeerders: 

    

I.  Die OPDRAGGEWENDE redakteur werk as deel van 'n uitgewerspan en verkry manuskripte vir publikasie. Hulle is meer besorg oor die sakekant van publikasie.   

   

II.  Die ONTWIKKELINGSredakteur kyk na die inhoud en struktuur van n boek. As n manuskrip nie 'n duidelike rigting het nie, sal n ontwikkelingsredakteur kan help om dit te ontsyfer. Hierdie soort redakteur kyk na die groot prentjie, en hulle uitdagende taak is veral om gate in n storielyn uit te wys en aanbevelings te maak.  

III.  Die TEKSredakteur kontroleer n manuskrip vir grammatika en spelfoute, en kyk na styl en punktuasie. Hierdie tipe redakteur sal kyk na teenstrydighede, herhaling en weglatings. 'n Teksredakteur maak n manuskrip ook persklaar en sal probeer om enige regskwessies in n manuskrip bloot te l.   

   

IV.  Laastens, die PROEFLESER wat die finale manuskrip deurwerk om doodseker te maak daar is nie enige oorblywende foute of probleme in veral tipografie nie. Nadat n manuskrip klaar geredigeer, uitgel en ontwerp is, word dit na die proefleser gestuur wat dit noukeurig sal ondersoek.

 

Wil jy 'n proefleser of redigeerder word? Of dalk leer hoe om jou eie manuskrip te redigeer? Gaan kyk dan sommer dadelik hier na die redigeringskursusse wat ons aanbied en raak deel van 'n groeiende netwerk Afrikaanse redigeerders.

 

Hoe doen mens navorsing vir jou nie-fiksieboek?

  

Navorsing is die belangrikste aspek van n boek en kan die eindproduk maak of breek. As jy nie genoeg navorsing gedoen het nie, gaan jy nie genoeg feite h om dit interessant te maak nie.

  

Hoe jy dus te werk gaan om jou navorsing bymekaar te kry, is uiters belangrik. Dit is makliker om jou bronnelys by te werk terwyl jy skryf as om die manuskrip, nadat dit voltooi is, te vat en elke bron te probeer naspeur. n Mens sukkel om te onthou waar jy die inligting vandaan gekry het veral maande nadat jy dit geskryf het!

 

Volg ons wenke om jou navorsing te organiseer:

 

1.  Gebruik jou notas. Notas sluit alles in wat verband hou met jou boek nie net dit wat jy in n biblioteek of argief gaan neerskryf het nie, maar ook die idees wat jou binneskiet in die middel van die nag, en terwyl jy dalk met iemand oor die foon gesels. Die skryf van n boek is soos om n legkaart te bou elke stukkie inligting moet naderhand perfek inmekaarpas om die prentjie te voltooi. Dis waarom jou notas so belangrik is. En dis een van die dinge wat dit so lekker maak en al het jy nie die eindprentjie voor jy begin nie die prentjie neem vorm aan na aanleiding van jou eie insette.  Klik hier om die res van die artikel op ons webblad te lees. 

 

 

Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse