Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Die grootste deel van 'n skrywer se lewe word in beslag geneem deur navorsing. Sonder navorsing kan jy nie 'n geloofwaardige artikel of boek skryf nie. Maar ongelukkig is navorsing een van die moeilikste aspekte van skryfwerk.
-
Waar en hoe begin jy?
-
Waar moet jy soek?
-
Waarna moet jy soek?
-
Hoe gaan navorsing jou teks help?
Soveel aspekte, soveel moontlikhede. Geen wonder baie voornemende skrywers gooi sommer handdoek in wanneer hulle voor die navorsingaspek te staan kom. Dit lyk soms algeheel onmoontlik om te doen.
Dit is nie. Met ons beproefde navorsingsmetodes kan jy lag-lag jou navorsing afhandel én dit geniet. Om die waarheid te sê kan jy selfs op verskeie nuwe idees afkom terwyl jy besig is om 'n spesifieke onderwerp na te vors. Die moontlikhede lyk oneindig... as jy weet hoe.
• Bronne
• Plagiaat
• Doelwitbeplanning
• Kopiereg
• Verskillende navorsingsaanslae vir verskillende genres
• Navorsingsmetodes
• Stel 'n databasis saam
Volledige studiepakket
-
Omvattende kursusnotas (25 bladsye)
-
Volledige riglyne oor hoe om navorsing te doen
-
Navorsing vir jou eie manuskrip waaraan dwarsdeur die kursus gewerk word
-
Navorsingdatabasisbeginnerspakket
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
• Inligtingsdokument: Gratis aanlynwoordeboeke
Toelatingsvereistes
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Voldoende navorsing vir jou eie manuskrip
Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.