Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
• Stel jy belang om te weet hoe ver en diep jou familiewortels lê?
• Hou jy daarvan om navorsing te doen oor dinge wat jou na aan die hart lê?
• Is julle baie familievas en -trots en wil graag 'n boek uitgee oor julle familie se herkoms?
• Wil jy 'n familiegeskiedenis vir jou nageslag saamstel?
• Of wil jy sommer net uitvind waar presies jy en jou familie oorspronklik vandaan gekom het?
Hierdie kursus sal jou help om jou voorsate na te spoor - en in die proses sal jy baie meer oor jou eie lewensgeskiedenis kan vasstel terwyl jy jou skryfvaardighede slyp. Met hierdie stewige basis agter jou kan jy 'n volwaardige familiegeskiedenisboek die lig laat sien.
-
Waar en hoe begin jy na jou wortels soek?
-
Span die internet in
-
Roep die hulp van verenigings in
-
Volg die papierroete
-
Steek kers op in die argiewe
-
Ander instellings wat hulp kan verleen
-
Hoe stel jy die inligting saam?
-
Hoe gaan jy te werk wanneer jy skryf?
-
Skryfwenke
Volledige studiepakket
-
Omvattende kursusnotas (40 bladsye)
-
4 Skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word
-
1 Deurlopende praktiese skryfoefening (jou eie familiegeskiedenis) wat deur jou opleier nagesien word
• Template om navorsing te organiseer en vergemaklik
• Jou eie basiese familiegeskiedenisdokument wat uitgebrei kan word
• 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
• Databasis: Genealogiese navorsingsdatabasis
• Templaat: Invulbare familiestamboom
Toelatingsvereistes
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Minstens 65%
Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling
Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.