Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Ondersoekende joernalistiek is baie soos om die nuus onder 'n vergrootglas te bekyk - jy soek na enige leidraad wat die gewone nuusstorieskrywer dalk misgekyk het, of ontwikkel 'n idee wat uit 'n nuusstorie voortspruit tot 'n volwaardige nuusartikel.
Onthou jy nog die stories oor Amerika se Watergate van die sewentigerjare? Of ons eie Inligtingskandaal in die vroeë tagtigs? En deesdae die menigte stories oor misdaad, die wapenskandaal, die nasionale beskermer, staatskaping, korrupsie wat oopgevlek word, ens? Dís ondersoekende joernalistiek en dis orals.
As jy dus 'n joernalis of verslaggewer is met 'n brandende begeerte om in 'n volwaardige nuusjagter te ontpop, is hierdie heel moontlik die kursus vir jou. Ons sal jou leer waar en hoe om die inligting te kry, hoe om dit aan te bied en te skryf en ook hoe om jou regte as ondersoekende joernalis te beskerm.
Sien jy jouself as 'n nuusjagter? Skryf dan sommer dadelik in.
-
Inleiding
-
Hoe verskil ondersoekende joernalistiek van ander tipes?
-
Soek en ontwikkel idees
-
Navorsing
-
Onderhoudvoering vir ondersoekende artikels
-
Noodsaaklike elemente van die ondersoekende artikel
-
Taalgebruik en struktuur
-
Redigeer jou artikel
-
Joernalistieke etiek en erekode
-
Waak teen laster
-
Jou veiligheid in die spervuur
-
Wanneer jy op 'n storie uit is
-
Verenigings, organisasies en ondersteuning
-
Vind jou mark
Volledige studiepakket
-
Omvattende kursusnotas (80 bladsye)
-
8 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
Hulpdokumente, template
-
1 Vollengte persklaar-artikel wat gereed is om verkoop te word
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Minstens 65%
Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling
Wil jy slegs aan 'n paar van jou artikelskryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.