Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Hier's dit... jou toekoms!
Ons kenners het hul koppe bymekaar gesit en die perfekte kursus vir beginners uitgewerk. Ná voltooiing van dié kursus sal jy die basiese joernalistieke kennis onder die knie hê.
Dít sal jou in staat stel om te besluit of jy gaan hou by basiese joernalistiek en of jy dalk jou hand aan ons gevorderde en gespesialiseerde joernalistieke kursusse wil waag.
Die uitdagings en moontlikhede is werklik onbeperk! En jy kan met gemak en selfvertroue 'n loopbaan in joernalistiek verder ontgin.
• Bondige agtergrondinligting van joernalistiek as genre
• Oorsig van verdere joernalistieke moontlikhede
• Inleiding tot nuusberigte
• Inleiding tot tydskrifartikels
• Joernalistieke erekode
• Etiek
• Plagiaat
• Wetlike kwessies
• Kontrakte
• Intellektuele eiendomsreg en kopiereg
Volledige studiepakket
-
1 Teoretiese aanlyneksamen
-
1 Tydskrifartikel
-
1 Nuusberig
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
• Omvattende studienotas (80 bladsye)
• 5 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
• Spesiale verslag: Artikelformules wat wérk
Toelatingsvereistes
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Minstens 65%
Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.