SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutnetwerk

SA Vryskutnetwerk DATABASIS

 


Besonderhede

E-posadres: cjthedj@mweb.co.za 

Selfoon:    

  Internet- en sosiale media:             

 

Dorp / Stad: Riversdal

Provinsie: Wes-Kaap

Land woonagtig: Suid-Afrika

Professioneel

Media: Koerante, boeke, tydskrifte, aanlynmedia

Taalvaardigheid: Afrikaans, Engels

Spesialiteitsveld: Taalversorging, artikels skryf, rubrieke, resensies - alle formate

Beroep: Joernalis, rubriekskrywer, resensent, skrywer

Ondervinding / CV

Die Riversdaller, Christiaan J de Swardt, is aan Laerskool Volschenk en Hoërskool CJ Langenhoven geslyp, waarna hy met ‘n beurs van Nasionale Pers BA Kommunikasiekunde aan RAU studeer het.

Hy het sy eerste kortverhaal, Die gevaarlike pakkie, op twaalfjarige ouderom in die tienertydskrif Tina gepubliseer en het daarna ook stories vir Trompie, Patrys en Ons Bou geskryf.

In sy loopbaan wat oor 35 jaar strek, het hy in verskeie sfere van die joernalistiek en vermaakbedryf gewerk – van verslaggewer by die dagblad, Beeld, tot vermaakredakteur van die glanstydskrif, De Kat, en redakteur en uitgewer van die tweetalige jeugtydskrifte 2-21 en 21 Magazine. Hy het ook as dramaturg, akteur en regisseur gewerk en het onder meer die bekroonde klug, Ter wille van die kuns, en die opspraakwekkende KKNK-eenmanproduksie, Dis deksels lekker by die see, opgelewer.

Hy het tydens sy dienspligjare as draaiboekskrywer werk vir die SA Vloot gelewer en dokumentêre opleidingdramas (onder meer The Searcher’s Eye en Dressed to Survive) en beeldbouprogramme (onder meer Above the Waterline) vervaardig. Hy was die hoofteksskrywer van die jeugsportprogram, Junior Sport, op SABC2.

Sy resensies – oor musiek, teater en rolprente - en kunstenaarprofiele is onder meer in Die Vaderland, Die Tansvaler, The Citizen, Tribute, Bona, Stywe Lyne, Essentials, Vonk,  Keur, Vrouekeur en Lééf! gepubliseer.

Hy het meegewerk aan Daan Retief Uitgewers se leefstyl-klubreeks Winterson, Dwarrelwind en Voorjaar en die geestesgesondheidreeks, Perspektief, en hy was die samesteller, ontwerper en  redakteur van M-Net se boek, Red Nose Book of Records.

Hoewel Christiaan in kunstejoernalistiek spesialiseer, is hy deeglik opgelei in diepteverslaggewing en hy skryf ook gemaklik oor kinder- en jeugkwessies, gesondheid en geldwysheid vir die tydskrif Kuier.

Hy het ook ‘n reeks konsep-CD’s saamgestel (Die towenaar se Kersjolyt en Skoffelfees) en ‘n solo-CD Die loslit-album uitgereik.  Sy konsepalbum, Boerejol, is met ‘n SAMA-toekenning bekroon. Hy het saam met Christa Swanepoel die gewilde kinderalbum, Ouma se slaaptydstories, geskryf.

Sy bydrae tot die bevordering van Afrikaanse musiek is met oor die twintig goue en platinum-toekennings erken en hy is onlangs vir sy lewenslange bydraes vereer en in die Die Suid-Afrikaanse Legendes Museum opgeneem.

Christiaan behartig sy musiekrubriek Oppinoot nou al 25 jaar lank vir Vrouekeur. Sy destydse jeugrubriek Loslit is met twee Mondi-toekennings vir uitmuntende joernalistiek bekroon. Sy musiekrubriek Oppinoot is in 2013, 2014 en 2015 met die Caxton Magazine Excellence-toekenning (silwer) in die afdeling beste resensent bekroon.

Hy skryf ook gereeld rubrieke vir LitNet.

Meer inligting   |   Sluit aan    |   Databasis   |    SLEGS LEDE   

 

Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse