Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskuthulpbronne

 

Vra 'n kenner

 

As vryskut is jy verantwoordelik vir ALLE aspekte van jou besigheid en soms is daar vrae waarop jy net nie 'n antwoord kan kry nie.

Dis met di tipe vryskuttameletjies in gedagte dat ons verskeie kenners op hul gebiede genader het om indringende vrae te beantwoord en kwessies op te los.

As jy enige vrae of kwessies wat met die bedryf van jou vryskutbesigheid te make het, stuur gerus 'n e-pos om antwoorde te kry. Maak asseblief net seker dat jy jou vraag baie duidelik omskryf.

 

 

 

Wat is markverwante tariewe vir nuusberigte, mediaverklarings, artikels van 800 woorde, foto's, boekresensies en advertensiemateriaal?

 

Nuusberigte R1.75 per woord vir kleinerige koerante/gemeenskapskoerante; enigiets van R2 p/w R3.75 p/w vir groot dag- of weekblaaie, afhangende ook van die belangrikheid van die storie. As dit n hoofstorie (voorblad) is, is die koste beslis minstens R3.75p/w.

Mediaverklaring van 400 woorde afhangende van die klint enigiets vanaf R2.50 p/w.

Artikels van 800 woorde ervare skrywers behoort nooit laer tariewe as R2 R2.75 p/w te vra nie.

Foto's per foto minstens R400 R500 per foto (en maak seker jy behou kopiereg).

Boekresensies selfde tariewe geld hier as by artikels.

Advertensiemateriaal hang weer eens van klint en dringendheid van werk af. n Vaste bedrag sal beter werk want gewoonlik is daar te min woorde in advertensiemateriaal om p/w te vra. Kyk na die hoeveelheid kopie of werk daaraan verbonde en stel jou fooi op enigiets van R800 opwaarts vir die kopie. Gebruik jou diskresie wat die hoeveelheid werk, tipe klint, ens. betref. (Leoni Benghiat)

 

 

Stuur 'n e-pos met jou vraag

 

                                                                                                                                  

  Volg ons op Pinterest

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenke en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster