Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskuthulpbronne

 

Finansies & besigheid

Om 'n vryskutbesigheid - veral vanaf die huis - te bedryf, is allermins maklik. Vra maar vir enigeen wat tussen huishoudingstake, kinders grootmaak, gades bystaan, tuinwerk verrig, troeteldiere versorg en Ma/Pa-se-taxi ry steeds tyd inruim om navorsing en skryfwerk te doen, by spertye te hou én 'n redelike maandelikse inkomste te genereer. Praat van 'n goëlaar wees wat verskeie balle gelyktydig in die lug kan manipuleer!

Ons hier by SA Vryskutskrywer weet dat vryskutwerk veral besonder stresvol kan wees wanneer die maand einde se kant toe staan. As jy nie gedurende die maand jou teiken bereik het om genoeg werk te verkoop nie, staar jy dalk 'n baie droë kraakbeskuitjie in die gesig.

Aan die ander kant ... as jy dit kan regkry om elke maand genoeg te verdien, word jou stresvlakke summier gehalveer en kan jy dit dalk bekostig om dik roomkaas en olywe op jou kraakbeskuitjie te plak!

Laat ons jou dus bystaan met raad oor hoe om jou besigheid en finansies te hanteer.

 

 

Doeltreffende tydsbestuur in die werkplek

 

Skuif as bank se koste te hoog is

 

Pensioengeld ‘nie opsie vir eie besigheid’

 

Harde werk, vasbyt om eie onderneming te laat slaag

 

Wanneer jou kantoor by die huis is

 

Brand Pretorius se 9 sukseslesse

 

                                                                                                                                 

  Volg ons op Pinterest

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenke en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster