Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapkis

Taalghoeroe

  Het jy enige taalvrae of -tameletjies wat jy wil opper? Klik hier om 'n e-pos te stuur aan ons eie taalghoeroe, Louis van Rooyen.

  Klik hier vir die Vraag & Antwoord-blad.

  Klik hier vir nog taalwenke.

  Klik hier om uit te vind waarom korrekte spelling noodsaaklik is.


Taalwenk 7

Dis eenmaal so dat mens Engels allerweŽ teŽkom. Koppel dit nou aan diť taal se benydenswaardige slag om raak te sÍ (kom ons erken dit maar: Engels word deur soveel tonge geslyp dat die taal besonder ‘lekker praat’) en mens kan jou maklik deur die Engelse idioom laat verlei. Veral natuurlik wannneer mens vertaal, maar ook wanneer jy oorspronklike Afrikaans skryf, sluip Engelse frases soms in.

Hier is ’n paar sulke linguÔstiese Loreleis wat ek die afgelope tyd teŽgekom het:

Mens antwoord ’n deur of ’n telefoon, maar beantwoord ’n brief of ’n vraag. (Op Engels kan answer in beide gevalle dien, naas reply vir ’n brief.)

Mens sien ’n glimp(ie) van iets (teenoor glimps(ie); Engels: glimpse).

Iets beweeg met ’n slakkegang (teenoor teen ’n slakkepas; Engels: at a snail’s pace).

In Boheem skryf Chanette Paul van ‘beÔndrukbare jong meisies’ (vir impressionable), pleks van ontvanklike.

Maar nou moet ek darem bysÍ vir my taalgevoel is die verskil tussen ’n frase en ’n metafoor soms ietwat hipoteties. Om iemand ‘uit die hoek van jou oog’ dop te hou (naas tersluiks, onderlangs, skrams(weg), skuins, heimlik, skelm... aankyk/dophou) klink vir my heel doenlik. Afrikaanse oŽ het immers net sulke hoeke soos Engelses!

Die mees berugte van hierdie verleidelike frases is sekerlik ‘om sin te maak (van iets)’ en ‘dit maak nie sin nie’. Taalbulle wil hÍ ons moet eerder praat van dis sinvol of dit het sin en dis sinloos, onsinnig, het geen sin nie. Maar waarom sien mens week na week in Beeld se naweekblad By hoe ingeligte, intelligente Afrikaners skryf ‘dit maak sin’ of ‘dit maak nie sin nie’? Bewys dit nie ons het ’n behoefte aan diť (Anglistiese) frase nie?

Nou hoor ek hoe dink julle: ‘Maar waar trek mens die streep?’ Reg genoeg, tog wonder ek dikwels of dit nie juis danksy Engels se instinktiewe traagheid om ’n streep te trek dat die taal geword het wat hy is nie.

 

Taalwenk 6  

Hier is 'n paar woorde oor was gewees:

Ek lees onlangs in ’n brief in ons plaaslike koerant: “Ek was ongelukkig diť dag uitstedig gewees.”

Daar is ’n toenemende neiging onder Afrikaanses om diť onnodige fout te maak. Waar kom dit vandaan?

Afrikaans het die vorming van die verlede tyd drasties vereenvoudig, ’n proses wat (ietwat onheilspellend!) die ‘nivellering van die werkwoord’ genoem word.

Eenvoudig gestel, het die verlede tyd twee basiese verskyningsvorme: die onvoltooide verlede tyd (imperfektum) en die voltooide verlede tyd (perfektum). Prakties gesproke is die imperfektum in Afrikaans tot niet. Met die uitsondering van die modale werkwoorde en fossiele soos wis (Ek wis dit nie) vorm ons die verlede tyd feitlik deurgaans met die het (ge-)-konstruksie, eerder as met verbuiging (agtervoegsels) of vervoeging (klankverandering of ablaut). Dink bietjie hoeveel memoriseerwerk dit ons jong Afrikanertjies spaar!

Interessant genoeg – en danksy die towerwoordjie ‘toe’ – gebruik ons by vertelling die teenwoordige tyd om die verlede tyd uit te druk. Neem nou in ag dat die teenwoordige tyd sommer ook die toekomende tyd (Sien jou mŰre) kan uitdruk, dan is dit duidelik dat Afrikaans nogal sy streke het...

Maar ’n nadeel van diť loslitbenadering is dat ons Afrikaners min erg aan die formele tye het. ’n Term soos plusquamperfektum laat ons koud. Dis waarskynlik waarom ons so maklik praat van was gewees wanneer ons bloot was bedoel.

Was gewees is die voltooide verledetydsvorm van is. Is se verledetydsvorm is was. Die briefskrywer het eintlik bedoel: “Ek was ongelukkig diť dag uitstedig.”

Dit wil sÍ, op ’n bepaalde dag iewers in die verlede het hy hom nie in die stad bevind nie.

Sistematies gestel:

Is as hoof- of koppelwerkwoord dui altyd op die teenwoordige tyd:

    Ek is in die stad. Die kleintjie is honger.

Die verledetydsvorm hiervan is was:

    Ek was in die stad. Die kleintjie was honger.

Word is saam met ’n voltooide deelwoord gebruik, ontstaan die voltooide teenwoordige tyd, wat dui op ’n aksie wat afgehandel is (moeilik te onderskei van ’n toestand):

    My arm is gebreek.

Word was saam met ’n voltooide deelwoord gebruik, dui dit op ’n aksie wat in die verlede plaasgevind het, maar nou nie meer voortgaan nie:

    My arm was gebreek (maar het sedertdien geheg).

Dink nou aan was gewees, die voltooide verlede tyd van is.

Eerstens, wat betekenis betref: In die lig van die bostaande verduideliking beteken was gewees dat daar bestaan is tot op ’n punt, waarna daar opgehou is om te bestaan en iets anders in die plek daarvan gekom het. Ontologies onmoontlik – in die gewone werklikheid kan daar immers nie ’n alternatief vir bestaan wees nie!

Tweedens, in die taalwetenskaplike sin: was gewees kan niks meer of anders sÍ as is gewees nie, dus is dit bloot toutologie of dalk hiperkorreksie.

Ek glo was gewees kan in feitlik geen alledaagse taalgebruik voorkom nie. Mens kan was gewees met vrug uit jou taalregister sny!

 


Het jy enige navrae?

Indien daar enigiets is waaroor jy nie duidelikheid het nie, of iets wat ons dalk nie op hierdie blad aangeraak het nie, kontak ons met jou navraag.

 

Vertel 'n vriend hiervan:


 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster