Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapskis

 

IT-praatjies

 

'n Skrywer is afhanklik van sy rekenaar en geen skrywer wat sy sout werd is hou nŪť daarvan om oor die jongste IT-nuus te lees nie. Dit is ook belangrik om op hoogte te bly van verwikkelinge op die rekenaar- en internetfront. Ons hou jou hier ingelig oor IT-sake wat van belang is vir skrywers.


Beveilig jou rekenaar - 'n gids

Daar bestaan alllerlei gevare rondom die internet en e-pos. Iedereen wat die internet gebruik, moet bewus wees van die risiko's en ook hoe om jouself te beskerm teen sulke gevare. Alhoewel die internet 'n enorme bron van inligting is, bevat dit ook slaggate en is dit nie net wetsgehoorsame burgers wat die internet gebruik nie! Die lokaas wat kuberkriminele aantrek, is inligting wat die gewone internetgebruiker verskaf en stoor, hetsy op sy rekenaar, hetsy op webwerwe soos Myspace en Facebook. Hierdie gids is nie allesomvattend nie, maar kan as bron dien om van die risiko's verbonde aan internetgebruik te verminder.

Gebruik diť gids as 'n riglyn om jouself teen die gevare te beveilig.

Beskerm jou rekenaar:

Hou jou bedryfstelsel gereeld by met nuwe opgraderings: Die meeste opgraderings wat beskikbaar gestel word vir bedryfstelsels is om die sekuriteit van daardie stelsel te verbeter. Microsoft bied jou die opsie om outomaties in te teken om enige bywerkings te ontvang of om jou stelsel outomaties by te werk. Besoek die Windows-webwerf op ook verder op datum te bly. As jy enige ander stelsel gebruik, Linux of Mac, dan moet jy ook seker maak dat jy soortgelyke bywerkings vir daardie stelsels bekom.

Beskerm jou e-pos:

E-pos in die normale loop is dieselfde as die stuur van 'n poskaart, die hele wÍreld en sy vriend kan die inhoud daarvan sien en lees. Wel, streng gesproke is dit moontlik! Die rŽel om hier te onthou is om niks in 'n e-pos te skryf (of aan te heg) wat jy nie in 'n poskaart sou doen nie. Indien jy egter meer sekuriteit in jou e-pos wil inbou, moet jy van enkripsieprogrammatuur gebruik maak.

Daar is egter ook 'n web-e-pos www.hushmail.com wat jou daardie opsies bied. Binne e-poskliŽnte soos Thunderbird kan jy ook Enigmail gebruik;, hier is 'n handige werf waarin jy 'n gids vind om dit te gebruik.

Aanhegsels: Moet nooit aanhegsels van onbekende persone oopmaak nie. As jy oor 'n anti-virusprogram beskik, maak seker dat dit op datum is en skandeer die aanhegsel voordat jy dit oop maak. Die meeste virusse word deur aanhegsels die web ingestuur en bereik dan sodoende jou rekenaar. Die nuutste is om PDF-formaatlÍers aan te heg wat dan met kwaadwillige kodes gelaai is wat die virus op jou masjien loslaat.

Wees veilig aanlyn:

Dit maak nie saak watter bedryfstelsel jy gebruik nie, die internet hou gevare vir alle gebruikers in.

- Bron: www.praag.co.za

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster