Welkom by SA Vryskutskrywer - Skrywer in die kollig

 

 

 

Welkom by SA Vryskutskrywer se afdeling waar ons eksklusiewe onderhoude met skrywers voer.

Die skrywersprofiele word gereeld bygewerk en met nuwes vervang, so kom maak gereeld hier 'n draai om te sien of jůķ gunsteling-skrywer nie dalk al 'n beurt gekry het nie.

 

Kontak ons gerus met enige voorstelle vir skrywersprofiele.

 

Nie genoeg tyd om die volledige profiel nou te lees? Kry 'n verkorte weergawe op ons blog. Klik hier...

 

Ontmoet Alita Steenkamp, spookskrywer

Alita Steenkamp se naam is sinoniem met glansartikels in nasionale tydskrifte. Sy het begin om diť belangstelling in glansartikels verder te voer en haar tweede outobiografie wat sy saam met 'n bekende geskryf het - Steeds Mathys - is tans op die rakke. Hier vertel sy hoe die boek tot stand gekom het en gee ook waardevolle raad aan enigiemand wat daarvan droom om 'n spookskrywer te word.

Ek was verlede jaar in die bevoorregte posisie om kort na Mathys se ongeluk met hom ʼn onderhoud te kon doen.

Ek skryf nou al sowat drie jaar vir die tydskrif Lig, en doen hoofsaaklik die voorbladartikel, asook een van die ander profiele in die uitgawe. In die laaste ruk gewoonlik net die voorblad, behalwe as dit in die Kaap is. Dan word ʼn Kaapse joernalis gebruik.

Op daardie stadium was Mathys nog in die rehabilitasiesentrum. Die onderhoud sou wees vir ʼn Lig-voorbladartikel met hom en sy seuntjies. Ek het die dag Muldersdrift toe gery, en toe ek by die sentrum aankom, was Mathys nie daar nie. Hy is inderhaas weg Pretoria toe vir ʼn noodoperasie aan sy oog. Ek moes toe maar die volgende oggend deurry Pretoria toe en daar het ek in die ooghospitaal met hom die onderhoud gevoer. [Terloops, ek het nou die aand met die boekbekendstelling dit vir hom vertel en toe was hy baie verbaas om te hoor dit was ek wat die onderhoud met hom gedoen het. Ek dink die dinge was maar vir hom deurmekaar aan die begin.] Die artikel is uiteindelik in die Augustus 2009 uitgawe van Lig gebruik as voorbladartikel.

Ek onthou goed hoe ek daardie dag langs sy hospitaalbed gesit het en na hom geluister het. Terwyl hy gepraat het, het die trane oor my wange gevloei, maar ek het maar net gehoop hy sal dit nie agterkom nie. Hy het van die eerste oomblik af vertel hoe positief hy alles benader, maar tog bygevoeg dat hy iewers met God gepraat het en gesÍ het dit is nou genoeg. Hy was eintlik glad nie voorbereid op die oogoperasie nie. Ek het probeer om die artikel so te skryf dat ek Mathys se positiewe ingesteldheid kon weergee.

In Oktober verlede jaar het Johnny le Roux my geskakel. Hy is die publisiteitsbeampte van Naledi Uitgewers, ʼn Kaapse uitgewery. Hy vra toe aan my of ek enigsins daarin sou belang stel om Mathys se outobiografie te skryf. Hy het met die idee van ʼn boek oor Mathys se lewe rondgeloop vandat hy bewus was van die ongeluk, en wou dus die boek so vinnig as moontlik laat realiseer. Nadat hy die artikel in Lig gelees het, het hy gedink ek is die ideale kandidaat om as skrywer op te tree.

Die volgende stap was om vir Mathys te kontak. Hy was egter baie vaag en het gesÍ hy is nog besig om alles self te verwerk, maar ek moet hom weer in Januarie kontak. Toe ek hom in Januarie bel, het hy gesÍ ek moet in Februarie bel, dan is hy klaar met die Kamp dit uit 2-reeks. Ek het toe so gemaak, en hy het ingestem om die boek te doen.

My eerste afspraak met Mathys was op 16 Februarie vanjaar. Ek het aanvanklik gedink ek en hy sal die dag net gesels oor hoe ons dit gaan aanpak, en wat hy alles in die boek wil hÍ, maar toe ek weer hoor, toe begin hy gesels en ek het net my rekenaar aangeskakel en begin tik.

Mathys se ma, Meisie, was die tussenganger en ek moes elke keer deur haar werk om ʼn afspraak met hom te kry.

Die slag as ons begin werk het, het ons gewoonlik so vir drie na vier ure gewerk, en dan weer opgehou. Ek het nie die gesprekke opgeneem nie, bloot omdat dit te veel tyd sou verg om alles weer te transkribeer. Ek het net gesit en tik so vinnig soos wat hy gepraat het.

Ons het maar by die begin begin.

Aanvanklik het ek vir hom gevra om met my te gesels oor sy grootwordjare. Elke keer het ons dan maar aangegaan van waar ons laas opgehou het. Eers heel aan die einde het ek spesifieke vrae gehad, veral oor die areas waar ek gevoel het nog leemtes was. Dan het Mathys gewoonlik gebrom dat ek darem daardie dag besonder moeilike vrae vra.

Die grootste taak was om te gaan sit en sin maak uit al die chaos. Mathys het geweldig rondgespring, en kan nou oor iets gesels wat op universiteit gebeur het, en dan weer aangaan 20 jaar later. Ek kan nie regtig verduidelik hoe ek te werk gegaan het om die goed te laat sin maak nie. Ek was eintlik self verras toe die boek uiteindelik so in hoofstukke geval het, so byna outomaties. Dit het egter gehelp om al die inligting te organiseer.

Miskien moet ʼn mens eerder van die begin af jou hoofstukindeling rofweg beplan en dan van daar af werk. Dit was natuurlik lekker om later te probeer om so kreatief as moontlik te werk te gaan met die benaming van die hoofstukke.

Die eerste twee keer se gesprekke het baie formeel in sy huis se woonkamer geskied, maar daarna het ek elke keer opgegaan met die trappe, en op ʼn stoel langs sy bed gesit en tik. Hy het op die bed gesit en strekoefeninge doen, soms met sy rekenaar op sy skoot gesit en gesels, maar die belangrikste taak van my was bloot om hom uit te vra sodat die gesprek aan die gang kon bly. Ek moes natuurlik voor elke gesprek seker maak ek weet waar ons die vorige keer opgehou het.

Wat vir my van die eerste oomblik af belangrik was, is om Mathys se stem met die boek weer te gee. Ek moes nie sy storie vertel nie, hy moes dit self doen. Ek was bloot die instrument waardeur hy vertel het. As hy dus ʼn vloekwoord gebruik het, soos die arbeidsterapeut wat ʼn vreeslike woord gesÍ het toe hy agteroor in die bad geval het, het ek dit gehou. Dit was dus vir my een van die grootste komplimente toe hy die aand met die boekbekendstelling noem dat toe hy die boek vir die eerste keer lees het dit vir hom gevoel asof hy dit alles self vertel het.

Dit was my idee met die boek, en ek is bly ek kon dit so regkry. Hierdie was ʼn wonderlike leerproses. Ek het twee jaar gelede Hestrie Cloete se boek, My pyn, my glorie geskryf, maar eintlik het ek maar net ʼn ander joernalis se navorsing gevat en herskryf. Dit was dus nie my produk soos wat Mathys se boek woord vir woord deur my geskryf is nie.

Die eerste boek was dus nie naastenby so bevredigend soos Mathys se boek nie. Ek het in totaal seker omtrent so tien gesprekke met Mathys gehad. Baie keer het hy op die nippertjie ʼn afspraak gekanselleer omdat daar iets voorgeval het. Dan moes ek dit maar so aanvaar het.

Dis vir my ʼn besondere groot eer om betrokke te kon wees by hierdie projek, juis omdat Mathys die mens is wat hy is. Daar was nooit enige negatiwiteit rondom dit wat met hom gebeur het nie. Hy is nie een wat vrae vra nie, en hy het dit van die eerste oomblik af aanvaar. Dit is sy resep vir oorlewing.

My wenke aan aspirant-spookskrywers is die volgende:

• Sorg dat jy genoeg tyd gegun word om alles deeglik te doen. Ek is ʼn bietjie gedruk vir tyd, omdat die uitgewer die boek by die Volksblad kunstefees wou uitgee. Dit het egter ook goed gewerk in die sin dat ek baie afhanklik is van ʼn sperdatum en op die manier is ek gedwing om dit klaar te maak.

• Sorg dat jy elke dag met ʼn lys vrae gereed sit sodat julle nooit in ʼn ongemaklike stilte verval nie.

• Wees altyd op die hoogte van watter aspekte julle aangeraak het, en watter nie.

• Vind vooraf soveel as moontlik uit want dit kan jou weer help om die regte vrae te vra.

• Kry vir jou ʼn fokuspunt waarvandaan jy wil vertrek met die boek.

• Maak baie seker jy weet wat die persoon, oor wie jy skryf, met die boek wil sÍ. Mathys het oor en oor gesÍ hy wil nie probeer om mense ʼn resep te gee hoe hulle kan oorleef nie. • Sorg dat julle miskien ʼn gesprek of twee het voordat julle regtig begin werk. Ek en Mathys het albei aan die einde van die proses gesÍ dit sou lekker gewees het as ons van daardie vertrouenspunt af kon begin werk het.

• Moet nooit probeer om jou eie stempel op die boek af te druk nie. As jy as die spookskrywer optree, maak jy net die persoon wie se storie dit eintlik is, se stem hoorbaar vir die leser maak.

• Indien iemand jou nader om as spookskrywer op te tree, behoort jy vooraf ʼn kontrak met die persoon aan te gaan sodat julle voor die tyd kan besluit oor die betaling. Indien die persoon nie regtig bekend is nie, gaan geen uitgewery sommer die boek publiseer nie en dan gaan jy dalk op die ou end ʼn klomp werk doen waarvoor niemand jou gaan betaal nie.

• Indien ʼn uitgewery jou nader om die boek te skryf, sorg ook dat die nodige kontrak in plek is. Met albei die boeke het ek vir ʼn vaste bedrag gewerk, en ek het dus geen ekstra inkomste deur middel van tantieme nie. Besluit dus vooraf of die bedrag wat iemand jou aanbied, die moeite werd is. Dit is ʼn enorme klomp werk wat vir ʼn hele paar maande jou lewe gaan oorneem.

• Stoor alles wat jy het op meer as een plek. Dit werk nogal goed om vir jouself die inligting elke keer na ʼn gmail-adres te stuur wat jy met enige rekenaar in die hande kan kry. Geheuestokkies pak op of raak weg, en dan het jy behoorlik ʼn krisis. Dateer dit dan elke keer, na elke gesprek, op.

• As jy ooit die geleentheid kry om dit te doen, gryp dit met albei hande aan. Dis baie lekker en die vreugde in so ʼn boek is ook baie groot, al kry ʼn mens nie soveel erkenning as spookskrywer nie.

• Ek dink die ideaal sal wees om ʼn hele paar gesprekke in ʼn ry met iemand te voer. Tog kan dit ook anders gedoen word. Dit het Mathys se boek duidelik geÔllustreer.

        Alita se tuisblad

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster