Welkom by SA Vryskutskrywer - Skrywer in die kollig

 

 

 

Welkom by SA Vryskutskrywer se afdeling waar ons eksklusiewe onderhoude met skrywers voer.

Die skrywersprofiele word gereeld bygewerk en met nuwes vervang, so kom maak gereeld hier 'n draai om te sien of j gunsteling-skrywer nie dalk al 'n beurt gekry het nie.

 

Kontak ons gerus met enige voorstelle vir skrywersprofiele.

 

Nie genoeg tyd om die volledige profiel nou te lees? Kry 'n verkorte weergawe op ons blog. Klik hier...

 

Ontmoet die koningin van Christelike fiksie

Met 60 boeke op haar kerfstok, meer as 15 miljoen in druk, miljoene meer wat wreldwyd verkoop word en tientalle toekennings en pryse, is dit geen wonder dat Karen Kingsbury die onbetwiste “koningin van Christelike fiksie” gedoop is nie. Ek het per e-pos met di fenomenale Amerikaanse skryfster gesels wie se boeke ook in Afrikaans vertaal en vinniger opgeraap word as wat hulle op die rakke verskyn.

Karen Kingsbury (46) se boeke word “Lewensveranderende Fiksie” genoem, en met goeie rede. Vir diegene wat nog nie met die Baxter-gesin, Cody Gunner of Bailey Flanigan kennis gemaak het nie … hulle is ware helde en rolmodelle, maar gewone mense soos ek en jy wat ook tragedies en hartseer en vreugde beleef. En met hulle hulp kan jy jou lewe sommer omkeer. Kortom beteken dit maar bloot dat Karen se boeke geen leser onaangeraak laat nie.

“Dis vir my ongelooflik om te dink dat my boeke soveel mense se lewens ten goede kan verander,” s Karen. “Ek kry duisende briewe per maand van dankbare lesers wat vertel hoe di of daardie karakter in die boeke hulle deur ‘n krisis gehelp het of hoe hulle weer hulle ankers in godsdiens en hulle paadjies terug na God gevind het.”

Dt is die kern van Karen se onweerstaanbare fiksie met lewensgrootte karakters – godsdiens en geloof. “Elkeen van my karakters ondervind ‘n krisis in sy of haar lewe,” vertel sy. “In die meeste gevalle is iemand besig om f van God weg te hardloop, f na God terug te keer.

“Nie ek of my karakters dweep egter met godsdiens nie,” skryf sy. “Ek gebruik hulle net om God se woord uit te dra – amper soos ‘n skryfbediening.”

Karen se skryfsukses kan amper nie in syfers gemeet word nie. Bykans elke jaar word sy in Amerika as die skrywer van die jaar vereer, en haar boeke vlieg van die rakke af en word in verskeie tale vertaal sodat sy ‘n internasionale aanhang het.

Maar 20 jaar gelede het min mense buite Los Angeles nog ooit van ene Karen Kingsbury gehoor en was dit eintlik net sportgeesdriftiges wat haar naam geken het.

In daardie dae was Karen in haar vroe twintigerjare en die Los Angeles Daily haar werkgewer. Sy was di dagblad se sportjoernalis, ‘n groentjie met ‘n splinternuwe graad in joernalistiek en baie geesdrif en ondernemingsgees.

“Joernalistiek is die beste basis wat ‘n voornemende fiksieskrywer kn h, want jy leer om kort, dog deeglik en eerlik te skryf en jy leer die dissipline aan om volgens spertye te werk.

Skryf was nog altyd in Karen se bloed en sy vertel graag hoe sy reeds op vyfjarige ouderdom stories geskryf het. “Ek het graag met prentjies stories vertel en namate ek ouer geword het, het di stories meer ingewikkeld geraak. Ek het van kleins af die begeerte gehad om ‘n skrywer te word.”

Met die ondersteuning van beide haar ouers, Ted en Anne, het sy haar aan haar kreatiewe kant oorgegee en dwarsdeur haar skoolloopbaan op skryfwerk gefokus. Sy was onder meer redakteur van bykans elke skoolkoerant op skool en universiteit en het verskeie kortverhale geskryf wat gepubliseer is.

Uit praktiese oorwegings het sy na skool besluit om ‘n joernalis te word. “Ek het gedink dat ek met ‘n graad in joernalistiek steeds sou kon skryf, maar dit terselfdertyd ook ‘n betalende beroep kon maak,” vertel sy. Die joernalistiek het beslis deure oopgemaak, want sommer met haar eerste koerantvoorbladstorie oor ‘n plaaslike misdaad het Karen ‘n kontrak by ‘n uitgewer losgeslaan om ‘n ware misdaadroman daaroor te skryf.

Di roman, Missy’s Murder, het groot welslae behaal en die uitgewer het gevra vir ng sulke boeke. “Uiteindelik was daar vier ware misdaadverhale, maar ek het die skryf daarvan nie werklik geniet nie. Dit was te depressief,” onthou sy.

Intussen het Karen se lewe ‘n onverwagse wending geneem. Terwyl sy ‘n sportjoernalis was, het sy gereeld by ‘n plaaslike gimnasium gaan oefen om fiks te bly. Daar ontmoet sy toe ‘n aantreklike blonde man wat ooglopend anders as die ander mans was.

“Ek en die ou het begin gesels en naderhand het hy my uitgevra,” vertel sy. “Natuurlik het ek ja ges want ek het instinktief van hom gehou, maar sy volgende vraag, naamlik of hy sy Bybel op ons afspraak kon saambring, was vir my vreemd.

“Ek het in ‘n gewone Christelike huis grootgeword waar ons gereeld kerk toe gegaan het. Ek het myself dus as ‘n Christen beskou, maar om in die Bybel te lees was nou nie juis my idee van ontspanning nie. Ek het eerder fiksie gelees want dis waar my belangstelling gel het.”

Sy en Don, soos wat sy hom noem, het onmiddellik gekliek, maar sy beheptheid met die Bybel het haar gepla. “Sowat drie maande in die verhouding het God my voor ‘n keuse geplaas,” vertel sy. “Ek en Don het hewig gestry gekry omdat hy aanhoudend uit die Bybel vir my wou voorlees en ek net nie belanggestel het nie.”

Karen vertel hoe sy Don se Bybel gegryp en op die vloer gegooi het. “Die Bybel het in twee geskeur. Don het niks ges nie; net sy gekoesterde Bybel opgetel en weggery. Ek het die res van die naweek omgehuil!”

Sy vertel verder dat dit God was wat haar laat besef het sy was nog al die tyd verkeerd. “Ek het soveel meer gehad wat ek God kon bied uit dankbaarheid vir die ongelooflike talent wat hy my gegee het,” s sy.

Nadat sy vir Don om verskoning gevra het, het hulle verhouding verdiep en die twee is uiteindelik in April 1986 getroud. Kort na hulle huwelik het Karen haar Christelike fiksie begin skryf, maar die eerste roman, Waiting for morning, is maar koel deur uitgewers ontvang.

“Die gebrek aan gekruide taal en seks het hulle laat glo dit sal nie die moeite werd wees om die boek te publiseer nie want niemand sal so ‘n goedige boek wil lees nie.”

Een uitgewer het egter besluit om haar ‘n kans te gee en die boek het onmiddellik uitverkoop. Ng ‘n oplaag is gedruk en van toe af was daar geen keer aan Karen, haar boeke of haar gewildheid nie.

Haar nuutste boek, Take 4 – Agter die skerms 4 – verskyn eersdaags op Suid-Afrikaanse winkelrakke.

Intussen is Karen ook net ‘n doodgewone ma en eggenoot wat haar werk en lewe s inrig dat dit nie met haar gesinstyd inmeng nie.

“Ek skryf jaarliks vyf tot ses boeke,” vertel sy. “Ek kry dus oorgenoeg tyd om ‘n ordentlike ma vir my kinders en vrou vir my dierbaarste man te wees.”

Moet ook nie die fout maak om te dink sy leef ‘n idilliese lewe nie. Haar enigste broer is in 2005 onverwags dood en haar pa, Ted, is verlede jaar aan diabetes dood. Don het die gesin vroer vanjaar ook groot laat skrik toe hy einde Januarie ‘n beroerte gehad het.

“God was goed vir ons,” vertel Karen dankbaar. “Ons was almal tuis en hy het dadelik mediese hulp ontvang. In die intensiewe sorgeenheid het hulle vasgestel dat hy ‘n gat in sy hart het en ds wat die beroerte veroorsaak het.”

Op ‘n ligter trant wonder Karen hoe dit moontlik is dat Don ‘n gat in sy hart kan h. “Hy het s ‘n groot hart en sy hart is s vol van die Here dat ek nie kan dink daar’s nog plek om ‘n gat ook te kry nie!”

Don is deur miljoene mense op gebedslyste aan God opgedra en teen Julie vanjaar het hy tot sy dokters se verbasing heeltemal herstel – en dit sonder die operasie voorgestel is om die gat te herstel.

Karen en Don se huis is propvol met ses kinders – drie is hulle biologiese kinders en die ander drie is in 2001 by ‘n Christelike weeshuis in Hati aangeneem.

“Ons was albei baie besig met ons onderskeie lewens – ek was immers ‘n voltydse skrywer en Don was besig met sy studente – en ons het reeds ons kinders, Kelsey, Tyler en Austin gehad.

“Omdat Austin met ‘n genetiese hartdefek gebore is en reeds op drie weke ‘n opehartoperasie moes ondergaan, kon ons nie self nog kinders h nie, maar daar was soveel plek en liefde in ons harte en huis dat ons gevoel het aanneming is die ideale oplossing,” vertel sy.

Karen het op die internet gaan rondkyk en op die weeshuis in Hati afgekom. “God het my daarheen gelei want toe ek die foto van ‘n vyfjarige seuntjie, EJ, oopmaak, het ek dadelik geweet hy is die een wat by ons hoort.”

Karen en Don het die idee met hulle drie kinders bespreek en di drie was ongelooflik opgewonde oor die vooruitsig van ‘n nuwe boetie en wou net weet wanneer hulle vir EJ kon gaan haal.

Intussen het Karen-hulle gedink dit sal beter wees om twee seuntjies van Hati gelyktydig aan te neem omdat een dalk te verlore in die Westerse lewe sou wees.

God het egter anders beskik. Toe Karen en Don in Hati hulle twee nuwe seuntjies – EJ (5) en Sean (6) gaan haal, het die twee se boesemvriendjie, Joshua (6) hulle met verlangende o aangestaar. “Ons het dadelik besluit dat ons die driemanskap nie kon opbreek nie en Joshua het summier ook deel van ons gesin geword.”

Karen erken dat hulle huis vol is, maar vertel dat dit ‘n wonderlike gevoel is. “Ons leef so na as moontlik aan God en danksy Don se invloed meer as 20 jaar gelede, het die Bybel my daaglikse riglyn geword.

“Elke boek wat ek skryf, elke storie wat ek vertel, elke brief wat ek beantwoord – elke woord kom van God. Hy vertel aan my wat ek moet skryf en dan doen ek dit. Sonder Hom sou ek nie ‘n skryftalent en die vermo gehad het om miljoene mense se lewens ten goede te kan verander nie,” vertel sy dankbaar.

2010. Leoni Benghiat

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster