SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

 

Wat maak SA Vryskutskrywer se Skryfkursusse uniek?


 

By SA Vryskutskrywer bied ons nie net skryfkursusse aan nie – ons help jou om ‘n selfstandige en suksesvolle skrywer te word. Ons kursusse is intensief, prakties en deeglik en stel jou in staat om ná voltooiing op jou eie voort te gaan met ‘n stewige skryfportefeulje en selfvertroue in jou vaardighede.

    1.  Na voltooiing van die kursus sal jy een van onderstaande kan toon:

Ø ‘n Publiseerbare portefeulje: Jy voltooi die kursus met ten minste een publiseerbare artikel of foto-artikel, afhangende van die kursus waarvoor jy ingeskryf het.

Ø Persklaar artikels en verhale: Die meeste van ons joernalistieke en kreatiewe skryfkursusse help jou om twee tot drie persklaar artikels of verhale te skryf – reg om aan ‘n publikasie van jou keuse voor te lê.

Ø ‘n Volledige boekmanuskrip: Indien jy ‘n boekskryfkursus voltooi, het jy ‘n volledige manuskrip in jou hande – ‘n belangrike mylpaal op pad na publikasie.

Vir spesifieke kursusinhoud en om te sien wat jy van elke kursus kan verwag, besoek die kursusopsommingsblad hier.

 

    2. Een-tot-een mentorskap verskaf ‘n leerervaring soos geen ander:

Ons glo in persoonlike aandag en individuele groei. Daarom bied ons géén groepsklasse aan nie. Elke student word aan ‘n persoonlike opleier toegewys wat jou deur die kursus begelei en ondersteun. Hierdie ondersteuning beteken ook dat jy volledige terugvoering vir alle werkopdragte en skryfstukke ontvang.

Jy ontvang:

    Volledige terugvoer op al jou werkopdragte en skryfstukke.
   
Privaat kommunikasie – jou interaksie met jou opleier bly vertroulik.
   
Praktiese leiding om jou sterkpunte te ontwikkel en jou uitdagings aan te spreek.

 

    3. Leer deur te doen – ‘n praktiese en dinamiese benadering:

Ons kursusse is pret, intensief én inspirerend. Teorie word tot die minimum beperk, want ons glo aan die skrywersgesegde:

Daarom bestaan ons opleiding uit:

Praktiese voorbeelde en oefeninge wat jou help om die kursusinligting toe te pas.
Uitgebreide skryfoefeninge wat jou skryfstyl slyp en verbeter.
Individuele evaluering en puntetoekenning – jou opleier help jou om jou groei te monitor en probleemareas reg te stel.

 

    4. Ons hou niks terug nie – jy ontvang ál ons kennis

Sommige van ons opleiers het meer as 35 jaar ondervinding in hul spesifieke skryfgenres. Hulle deel elke greintjie inligting wat hulle met bloedsweet oor die jare versamel het sodat jy nie self deur dieselfde struikelblokke hoef te gaan nie. Ons vertel jou regtig ALLES wat jy moet weet om ‘n suksesvolle skrywer in jou gekose rigting te kan word.

 

    5. Uitstekende nasorg en voortdurende ondersteuning

Ons verhouding met ons studente eindig nie wanneer jy jou kursus voltooi nie. Ons bied buitengewone nasorg, en jou persoonlike opleier én SA Vryskutskrywer bly beskikbaar vir advies, sou jy dit benodig.

 

    6. Gratis hulpbronne en ‘n pad na sukses

Al ons studiepakkette sluit gratis hulpmiddels en riglyne in om jou te help om publikasie te bereik en selfs jou eie vryskutbesigheid te begin. Ons wil hê dat jy nie net ‘n skrywer word nie – maar ‘n suksesvolle een.

 

Ø Kyk gerus hier wat ander studente van ons kursusse dink.

 

  <<< Wat behels aanlynstudies?

                                                     Wat is die toelatingsvereistes? >>>   


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse