SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

 

Hoe werk SA Vryskutskrywer se Skryfkursusse?


 

 

Aanlynstudies raak wêreldwyd ál meer gewild weens hul bekostigbaarheid, gerief en persoonlike opleidingsmetodes. Ons skryfkursusse word spesifiek ontwerp met hierdie kenmerke in gedagte. Alles wat ons aanbied is prakties, professioneel en op die man af.

Hier volg aspekte van ons skryfkursusse se eienskappe:

  • SA Vryskutskrywer se opleiers is spesiaal toegerus om jou vanaf bladsy een te help om jou eie skryfstyl te vind en te ontwikkel. In ons intense een-tot-een opleidingstelsel is jy nie net 'n student nie, maar 'n mede-skrywer.

  • Alle kursusse en kommunikasie word deur middel van die internet (via e-pos) aangebied, so jy het geen moeite met poskantore, posseëls of iets dergeliks nie.

  • Nadat jy vir ‘n kursus geregistreer en die toepaslike kursusfooi betaal het, word jou relevante kursusmateriaal binne 48 uur aan jou gestuur; saam met ‘n amptelike verwelkomingbrief van jou persoonlike opleier. Jy kan dus sommer dadelik aan die werk spring.

  • ALLE skryfkursusse bevat gratis hulpmiddels en/of studiemateriaal wat saam met jou studiepakket gestuur word.

  • Ná voltooiing van jou skryfkursus ontvang jy 'n sertifikaat as bewys dat jy die kursus suksesvol voltooi het.

<<< Vrae en Antwoorde                                                                       

                                                       Wat behels aanlynstudies? >>>   


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse