SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Perskantoor

Volgens die bekende spreekwoord is geen nuus veronderstel om goeie nuus te wees. Ons verskil van hierdie siening ...

As daar géén nuus van ons kant af is nie kan niemand ons mos leer ken nie en dan is die hele droom van 'n uitgebreide netwerk vir Afrikaanse vryskutskrywers net 'n wens. Ons het dus besluit om op hierdie blad elke persvrystelling en belangrike nuusbrokkie te publiseer. Hier kan jy alles omtrent ons uitvind wat dalk nie elders op die webblad verskyn nie.


2021

 

  

 

 

2023

 

2022

 

2021

 

2020

 

2019

 

2018

 

2017

 

2016

 

2015

 

2014

 

2013

 

2012

 

2011

 

2010

 

2009

  

 2022 

September: SA Vryskutskrywer se redigeringskursusse word deur Solidariteit Skoleondersteuningsentrum aanbeveel as 'n manier waarop onderwysers ekstra geld kan verdien.

 

September: Ons SERTIFIKAAT-blad word opgelaai. Sommer net vir die lekker en om te sien hoeveel studente al ons kursusse voltooi het.

 

September: Ons nuutste nuusbrief word uitgestuur. Klik hier om dit te lees of om op die nuusbrief in teken.

 

Augustus: Malvory Adams, wat in 2020 SA Vryskutskrywer se Skryf 'n Nie-fiksieboekkursus voltooi het, se gepubliseerde proefboek - wat ook deur ons geredigeer is - Als is nie net swart en wit, is op die kykNET-Rapport-boekpryse 2022-kortlys vir nie-fiksieboeke. Ons hou styf duimvas.

 

April: Ons eerste nuusbrief vir vanjaar word uitgestuur. Klik hier om dit te lees of om op die nuusbrief in teken.

 

Februarie: SA Vryskutskrywer en SA Skrywers se aanlynslypskole skop af met heelwat aspirant-skrywers wat hul pandemie-voosheid wil afskud.


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse