Welkom by SA Vryskutskrywer - Perskantoor
Volgens die bekende spreekwoord is geen nuus veronderstel om goeie nuus te wees. Ons verskil van hierdie siening ...
As daar géén nuus van ons kant af is nie kan niemand ons mos leer ken nie en dan is die hele droom van 'n uitgebreide netwerk vir Afrikaanse vryskutskrywers net 'n wens. Ons het dus besluit om op hierdie blad elke persvrystelling en belangrike nuusbrokkie te publiseer. Hier kan jy alles omtrent ons uitvind wat dalk nie elders op die webblad verskyn nie.
|
2014• Februarie - Ons dra by tot die "vaslegging van die rykdom, kleurrykheid en verskeidenheid van Afrikaans" deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg 'n Woord-veldtog te ondersteun en twee woorde aan te skaf - vryskut en vryskutskrywer. Klik hier om te sien hoe die sertifikaat lyk.
|
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.