Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

 

 

      Nuusbrief # 9     

15 Desember 2011

 

 

 

Gesende Kersfees 

Hoe eet jy 'n olifant?

 

Happie vir happie ...

Toe ek bogenoemde gesegde die eerste keer raakgeloop het, kon ek nie verhelp om te dink dat dit wraggies die simpelste ding is wat ek ng gehoor het nie. Wie op aarde sal nou 'n olifant wil eet?

Maar ... nadat ek die afgelope weke aan die finale weergawe van SA Vryskutskrywer se webblad gewerk het, kan ek my nou vereenselwig met di gesegde. Om 'n webblad te bou is amper soos om 'n olifant te wil eet. Jy weet nie waar om met alles te begin nie, en as jy wel begin het vermeerder die bladsye een na die ander voor jou o - totdat jy naderhand 'n padkaart benodig om jou roete deur die doolhof van bladskakels te vind!

Om die waarheid te s moes ek hierdie week glad TWEE olifante verorber omdat 'n kragstuwing veroorsaak het dat die webskryfprogram skoon die kluts kwytgeraak het. So, binne drie dae het ek dieselfde webblad twee keer gebou.

Moet dus nie vir my wil kom verduidelik hoe om 'n olifant te eet nie! Ek weet nou baie deeglik en sien nou selfs kans daarvoor om 'n blouwalvis te takel ...

Nietemin, die webblad is so te s UITEINDELIK algeheel klaar. Na twee jaar weet ek wat die gemis in die vorige twee probeerslae was en di leemtes is nou uitgesorteer. Die webblad soos wat hy nou daar uitsien, sal vir minstens die volgende paar jaar so bly - ek sal net soveel moontlik bywerk om alles so nuut moontlik te hou.

'n Paar nuwe dinge sal in Januarie in werking gestel word en dan is ons regtig die enigste webblad vir Afrikaanse skrywers wat ALLES aanbied. Daaroor twyfel ek nie in die minste nie.

Hou asseblief net in gedagte dat daar steeds ou blaaie sal wees en ek vermoed daar is ook 'n hele paar stelle trappe wat nrens heen lei nie, maar ek werk tussendeur aan al die foute en tekortkominge. Julle kan gerus ook laat weet as julle op 'n skakel of blad afkom wat nie werk nie.

Kersfees

Ek sukkel om in 'n Kersfeesstemming te kom want hierdie was op 'n persoonlike vlak vir my nogal 'n slegte jaar. Die aggressiewe hondekanker waarteen ek en die veearts vir 'n hele jaar lank s hard geveg het, het uiteindelik op 3 Oktober my hartshondjie, Jenny, geis. Dit het my ongeloofik diep getref en vir 'n hele ruk algeheel ontspoor. Ek weet slegs mede-hondeliefhebbers sal regtig kan verstaan hoe di swaar verlies my hele lewe - en SA Vryskutskrywer se voortbestaan - tot stilstand geruk het, maar danksy die ondersteuning van my liefste ma, familie en vriende, het ek die verlies van my dierbaarste hondekindjie tot dusver oorleef.

Van die welmenende raad wat ek van alle kante af ontvang het is dat ek so gou moontlik 'n ander hondjie moet kry om die leemte te vul. Nadat ek vir weke en weke daaroor gewroeg en gedink het, het ek besluit dat dit dalk tg sal help om die hartseer effens te verlig, hoewel Jenny se plekkie in my hart nooit deur enige ander hondjie gevul sal kan word nie. Sy was waarlik my hartshondjie.

Wesende 'n fanatiese hondeliefhebber ken ek myself ook al teen di tyd om te weet dat 'n babahondjie van ses weke nou wel nooit Jenny sal kan wees nie, maar darem soos 'n pleister sal werk om die verflenterde hart te begin heel. Ek kan dus vandag aankondig dat ek "verwag". Die nuwe baba, ook 'n Toy Pom, is tans vyf weke oud en sal volgende week as 'n Krismisbaba in die Benghiat-huishouding haar plekkie kom inneem.Ek weet nog nie wat haar naam gaan wees nie en ek weet ook glad nie wat om van haar persoonlikheid te verwag nie, maar die teler het my verseker dat sy oulik is en die foto's wys dat sy baie mooi en wollerig is. Sy sal wraggies moet uithaal om naby Jenny te kom, maar ek gaan my uiterste probeer om nooit vergelykings te tref nie. Elke hondjie is uniek en dis 'n hele nuwe avontuur om die dingetjie se persoonlikheid te ontdek en te help vorm. Ek begin dus nou vir die eerste keer voel dat daar miskien weer iets is om na uit te sien.

SA Vryskutskrywer

Wat SA Vryskutskrywer betref het dit die afgelope tyd weens persoonlike omstandighede nie so goed gegaan as wat dit moes nie. Jenny se siekte het baie tyd in beslag geneem en ek het ongelooflik agtergeraak met al die werk - veral n haar dood.

Maar ... daar is altyd iewers 'n maar en in hierdie geval is dit goed. Ek het my stelselmatig aan my skoenveters uit die diep gat van depressie en ellende begin trek en julle kan vandag die resultaat van di regruk-aksie bekyk - die nuwe webblad. Ek weet dis maar 'n klein treetjie vir die mensdom, maar dis 'n reuse stap vir my.

Skryf is ook 'n reuse stap vir enige woordsmid. Om iets te skryf - hetsy 'n boek, kortverhaal, artikel, gedig of selfs net 'n blog-inskrywing - is nooit maklik nie en verg baie konsentrasie, kreatiwiteit en deursettingsvermo. Woorde spring nie sommer op hul regte plekke in 'n sin of paragraaf nie. Die skrywer moet elke enkele woord soos met 'n legkaart op die korrekte plekkie neerplak. Dis 'n tydsame proses, maar dis regtig lekker. Geen wonder sir Terry Pratchett (skrywer van die Discworld-boeke) reken skryf is die lekkerste tydverdryf wat iemand op sy eie kan h nie.

Jou skryfdroom

Die hele doel met SA Vryskutskrywer is om ALMAL wat wil skryf te help om daardie skrywersdroom te laat realiseer. En hierdie tyd van die jaar is heel moontlik die beste om daardie belangrike BEGIN te maak. Dis die enigste tyd wanneer werkverpligtinge bietjie afneem en die hele land se maniese stryd teen die horlosie effens afwentel en tussen Kersfees en Nuwe Jaar bykans stilstaan. Is dit dan nie die ideale tyd om daardie skryfdroom te pak nie?

Nuwe Skryfkursusse

Met di einste vrye tyd in gedagte het ons sommer 'n magdom nuwe skryfkursusse en -produkte bygewerk om elke aspirant-skrywer in bykans elke skryfgenre by te staan. Gaan kyk dus gerus na ons 42 skryfkursusse wat tans op die webblad is.

25%-afslag op alle Skryfkursusse

In die gees van Kersfees en ook sommer om die nuwe webblad te vier, het ons besluit om van vandag (15 Desember) tot middernag op Sondag (18 Desember) 'n volle kwart van alle skryfkursusfooie te sny. Dis reg - 25%-afslag indien jy van nou af tot Sondagaand op enige van ons 42 skryfkursusse inskryf. As jy jou somme gaan maak sal jy sien dit maak nogal 'n aardige verskil aan jou beursie.

Gaan kyk sommer nou by Skryfkursusse en kies jou 25%-afslag-kursus uit. Hoe gouer jy begin, hoe gouer sal jy daardie olifant opgeet kry - happie vir happie.
 

Bladskakels

Algemene Joernalistieke Skryfkursusse
Gespesialiseerde en Gevorderde Joernalistieke Skryfkursusse[p

Fiksie- en Kreatiewe Skryfkursusse  

Algemene Skryfkursusse

Blitskursusse

Selfstudiekursusse

Hoop jou skryfwerk vorder fluks, 
Leoni

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster