Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

 

 

      Nuusbrief # 8     

22 November 2011

 

 

SA Vryskutskrywer

 

 

15 van Suid-Afrika se voorste koerante het vandag onderstaande redaksionele kommentaar teen dieWetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting op hul voorblaaie gepubliseer. Teen halfdrie vanmiddag is die voorgestelde wetgewing egter deur die Nasionale Vergadering van die parlement aanvaar.

 

Waak oor ons toekoms

 

Onthou di dag. Die optrede van 400 LP's vandag om 14:00 in die Nasionale Vergadering sal bepaal of dit sal eindig as 'n triomf. Of as 'n skandvlek op ons adolessente demokrasie.

Elke LP wat die groen knoppie sal druk om ja te stem vir die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting sal persoonlik verantwoordelikheid aanvaar vir die eerste stuk wetgewing sedert die einde van apartheid wat 'n aspek van ons demokrasie uitmekaar haal - verraad wat hulle vir altyd sal agtervolg.

Vanmiddag se stemming kom te midde van toenemende aanvalle deur die ANC op mediavryheid. Die aanvaarding van di wetsontwerp kan die eerste wees in 'n reeks van aanslae wat geleidelik ons vryheid versmoor om te weet wat in ons naam gedoen word.

Die uitkringende kultuur van selfverryking, hetsy korrup of onbetaamlik, noodsaak oorsig deur die vrye media, aangevuur deur fluitjieblasers wat die openbare belang op die hart dra.

As LP's van die ANC nie die moed bymekaar kan skraap om hul partyleiers teen te gaan nie, sal dit weer - soos in apartheid - oorgelaat word aan mense wat bereid is om tronk toe te gaan om die misbruik van staatsmag te ontmasker.

Sonder die verweer van openbare belang bly die wetsontwerp 'n raamwerk vir geheimhouding, 'n massiewe remskoen op die vrye vloei van inligting.

Opposisiepartye het verklaar hulle sal teen die wetsontwerp stem. Ingevolge partydissipline sal van ANC-lede verwag word om teenwoordig te wees en te stem vir die aanvaarding daarvan.

Indien nie genoeg LP's die moed het om die regte ding te doen nie, doen ons 'n beroep op die Nasionale Raad van Provinsies om dit te herskryf om die verweer van openbare belang in te sluit.

As die wetsontwerp in sy huidige vorm deur die nasionale wetgewer aanvaar word, vra ons pres. Jacob Zuma om sy reg uit te oefen om die wetsontwerp aan die konstitusionele hof voor te l vir bekragtiging voordat hy dit onderteken. As niks hiervan gebeur nie, sal dit oorgelaat word aan die burgerlike gemeenskap en die politieke opposisie om die land se hoogste hof te vra om di maatrel te brandmerk vir die gruwel wat dit is.

 

Meer inligting op ons webblad ...

 

 

SA Vryskutskrywer tuisblad


E-pos


Facebook


Twitter


LinkedIn

 

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster