Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

 

 

      Nuusbrief # 7     

11 November 2011

 

 

               Nuusbrief          

                                                                

  null

 

 

11 NOVEMBER 2011

11-11-11

 

Vandag het baie mense die getal 11 op die brein. Dis immers die 11de dag van die 11de maand in die 11de jaar van die 21ste eeu. En om "11-11-11" of "11/11/11" te skryf lyk darem baie oulik, nie waar?

 

Kyk bietjie hierna: 

Die getal 11 het 'n spesiale kenmerk in wiskunde omdat dit 'n priemgetal is. Dit bevat ook interessante vreemdhede waar 11 met 11vermenigvuldig word, soos in onderstaande numeriese palindrome gesien kan word:

(2 syfers) 11 x 11 = 121
(6 syfers) 111111 x 111111 = 12345654321
(9 syfers) 111111111 x 111111111 = 12345678987654321

Vir ander mense is vandag nogal regtig spesiaal. Diegene wat op sekere datums gebore is, kan vandag spog met vreeslik baie 11's in hul ouderdomme. Jou ouderdom as jy gebore is op ... 

  • 11 November 2000 = 11 jaar;

  • 11 Augustus 2002 = 111 maande;

  • 27 Julie 1990 = 1,111 weke;

  • 26 Oktober 2008 = 1,111 dae;

  • 10 Junie 1981 = 11,111 dae;

  • 9 Maart 1999 = 111,111 ure

  • 25 September 1990 = 11,111,111 minute;

  • 25 Augustus 1976 = 1,111,111,111 sekondes.

As woordsmid het ek het nooit kon dink dis lekker om met syfers te speel nie! 

 

Maar kyk bietjie hoe die wreld al vandag tekere gegaan het oor die 11-11-11-datum ...

  • In Egipte is die piramides vir besoekers gesluit uit vrees vir rituele.

  • Derduisende paartjies dwarsoor die aarde, maar veral in die Ooste en Asi, is vandag getroud.

  • Dobbelpaleise is oorstroom omdat dobbelaars glo die datum bring geluk.

  • Kraamsale in Asi bars uit hul nate omdat verwagtende ma's glo babas wat vandag gebore word sal gelukkig wees.

Vir die meer prakties-gesindes onder ons is 11-11-11 maar net ng 'n dag op die almanak en 'n datum wat net een keer in 'n eeu beleef word. O ja, en 'n aanduiding dat daar nog 50 dae oor is tot die einde van die jaar. 

 

SA Vryskutskrywer kan egter ook meedoen aan die 11/11/11-fenomeen. Streng gesproke is hierdie ons 11de amptelike nuusbrief sedert ons ontstaan in Oktober 2009. Ons behoort dus iets spesiaals vir ons lesers te bied. So hoe klink 11%-afslag op ENIGIETS wat jou oog op die webwerf vang? En net om dinge daai titseltjie interessanter te maak, hou ons di afslag vir 11 dae in plek, met ander woorde vanaf11/11/11 tot 21/11/11. Gaan kyk dus op die webblad vir wat jy ookal wil h en maak werk daarvan. 11 dae vlieg vinnig verby en dan moet jy weer 100 jaar wag vir die volgende geleentheid!

 

Groete van huis toe huis.

 

Leoni  

 

11 NOVEMBER 2011

Toespraakskryf - die kuns om 'n kind te help

  deur MELODIE VELDHUIZEN

 

Soms kom 'n geleentheid oor jou pad - 'n geleentheid waarvoor jy nie noodwendig duimgegooi het nie.  En 'n geleentheid waarvan jy die eindbestemming nie kon voorspel nie.  Jy gryp dit aan, met verrassende en uiters bevredigende gevolge.  So het die toespraakskryf -geleentheid my pad gekruis en ek weet nie of ek ooit sal wil omdraai nie.Lees verder ... 

 

 

GRATIS GOED

GRATIS aflaai
Begin jou nuwe skryfjaar reg met ons 2012-skryf-doelwitbeplanner 

(290kb)

 

 

Skryfwenke

7 Maklike stappe om jou vryskutgeldkraan aan die loop te kry  

 


Gooi die Rooitaal
9 Forms of the past tense

 

 

Fotowenk
Swane-foto wys hoe jy beligting hanteer + gratis muurpapier

 

MEDIAMEKKA

 

Bedryfsnuus

Opsomming van medianuus wat tussen 7 September en 11 November gebeur het 

 


Inspirasie
Hoe om jouself te verbeter deur dr ST Potgieter



Gasskrywer

Die krag van woorde deur Tanja Malherbe

 

 

 

IT-praatjies

Jy kan YouTube nou ook in Afrikaans gebruik

 

 

GEREELD


Wanneer jy skryf ...

  

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief   

  

   

Skryfkursusse  |   Kuberwinkel  |   Getuigskrifte  |  Dienste      

Kanselleer jou intekening of verander kontakbesonderhede

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster