Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

 

 

      Nuusbrief # 6     

6 September 2011

 

 

6 SEPTEMBER 2011

Dis heerlike lente, die winter's verby ...       

 

 

Jip! Alles kom uiteindelik na di wat wag en vir die meerderheid onder ons wat steen en been oor die winterkoue gekla het - die lente is hier!

 

Die spoed waarmee die dae en maande verbyvlieg is egter werklik skrikwekkend! As 'n mens weer jou o uitvee, is dit 'n nuwe seisoen - soos nou.

 

Maar die lente is spesiaal want dit simboliseer vernuwing en hoop. Miskien het dit iets te doen met die stowwerigheid van die winter en (veral op die hoveld) die verbeeldingloosheid van die vaal wintermaande. Op 1 September voel 'n mens egter asof jy 'n nuwe bladsy omblaai.... die dae word vinnig langer en warmer, die omgewing raak weer kleurvol, die bome se blare verskyn asof oornag en die heuwels in die omgewing se kleur word vetkrytgroen ingekleur.

 

'n Nadeel van 'n Suid-Afrikaanse lente is egter dat, wanneer 23 September as die amptelike Lentedag eintlik aanbreek, ons lente gewoonlik al vergete is en die somer met sy versengende hitte aan die gang!

 

Dus ... terwyl die lente vir 'n paar weke voortduur, moet 'n mens aan die gang kom. Alles wat jy gedurende die winter opsy gestoot het omdat dit f te koud, f jou klere te veel, f 'n ander winterverwante klagte die skuld vir jou traagheid gekry het, is nou vergete. Die nuwe seisoen bring nuwe geleenthede en uitdagings en moet met albei hande aangegryp word.

 

Hier by SA Vryskutskrywer het ons nie gedurende die winter met sy verkoues en kwale met gevoude handjies gesit nie. O nee! Die nuwe webblad word AMPTELIK volgende week uiteindelik in sy volle glorie op julle losgelaat. En wee die persoon wat kla dat daar nie vir hom of haar iets is van nut op die blad is nie ...

 

Intussen kan julle 'n tydjie afknyp en die nuusbrief deurlees. Hopelik is daar iets van belang vir almal. Indien nie, stuur gerus 'n e-pos met jou spesifieke versoek vir volgende keer. 

 

Ek wens julle 'n aangename skryfweek toe en ons gesels binne 'n paar dae weer en mag die Springbokke die Rugby Wreldbeker weer terugbring huis toe.

 

Skryf baie en gereeld.  

 

Leoni  

 

 

6 SEPTEMBER 2011

Die geskiedenis van die boek in SA

 

Die geskiedenis van die boek in Suid-Afrika is sonder dramatiese hoogtepunte. Die begin was heel beskeie, soos die ontwikkeling van die kolonie aan die Kaap self.

Die bewoners van die Kaap wat wel gelees het, het hul boeke uit hul lande van herkoms gekry: Holland, Frankryk, Duitsland en Engeland. Die "boeke" wat voor 1850 aan die Kaap gedruk is, was niks meer as almanakke, staatskennisgewings en proklamasies, pamflette en brosjure met sedepreke, humoristiese stukkies, gediggies of versamelings van briewe en geleentheidstoesprake as inhoud nie. Lees verder ...

 

GRATIS GOED

GRATIS weggee
10 Kodeks-digbundels deur die bekroonde skrywer, Nini Bennett

 

Skryfwenke

7 Wenke om jou roman te plot 

 

Inspirasie
Die 90% STOP-sindroom deur dr ST Potgieter


Gooi die Rooitaal
5 Tips to understand hyphenated words

 

Fotowenk
Omraam jou foto-onderwerp

 

MEDIAMEKKA

 

Bedryfsnuus

Mense in die media


Nuutste marknuus
Jongste markinligting  

Skrywerslewe

Hoe om 'n boekvoorstel te skryf

 

 

IT-praatjies

Sorg vir jou skootrekenaar

 

 

GEREELD


Wanneer jy skryf ...

  

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief  

 

 

Skryfkursusse  |   Kuberwinkel  |   Getuigskrifte  |  Professionele Dienste      

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster