Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

 

 

      Nuusbrief # 5     

29 Junie 2011

 

 

            Nuusbrief              

                                                                

  null

 

 

29 JUNIE 2011

Jou herinneringfabriek     

 

Aan hierdie kant van die internet was die afgelope weke van die bedrywigste in 'n baie lang tyd. Werk, professionele en persoonlike verpligtinge en die alledaagse take het elke beskikbare minuut ingesluk. Tydens sulke tydperke loop 'n mens natuurlik die gevaar om jouself iewers te verloor, want jy is altyd laaste op jou lys van prioriteite.

 

Toegegee, werk is belangrik, maar jy en jou hartsmense is belangriker. Vryskutskrywers vergeet dit te dikwels in hul stryd om 'n sukkelende vryskutbesigheid van dreigende ondergang te red. Daar is altyd iets waaraan jy eers moet werk voordat jy aandag aan jou eie lewe - en geliefdes - kan gee.

 

Met my ma, Elizabeth, se 80ste verjaarsdag voor die deur moes ek 'n keuse maak. Ek kon f die belangrikste verjaarsdag tot dusver in ons klein familie soos gewoonlik met my kenmerkende haas tegemoet storm en in my warrelspore agterlaat, of ek kon my persoonlike lewe vir die eerste keer in my vryskutloopbaan heel eerste stel en die ma wat ek s liefhet, se verjaarsdag op die wyse vier wat sy verdien. 

 

My ma het loshande gewen. En hoewel ek tans baie agter is met al my werksverpligtinge, is ek nie spyt oor my keuse nie, want wat ek aan haar gegee het, kan geld nooit koop nie.

 

Sien, op haar ouderdom is dit nogal moeilik om die regte geskenk in 'n winkel raak te loop. Wat doen jy dan? Jy mk iets. Iets wat algeheel persoonlik en met die grootste sorg saamgestel word. Iets wat nt van toepassing is op die ontvanger - herinneringe. Di herinneringe is 'n geskenk vir ewig, want my ma kan enige tyd van die dag of nag daaraan terugdink en onthou hoe sy gevoel het toe die familielede wat sy so selde sien een-vir-een vorentoe beweeg het om haar die verjaarsdagverrassing van haar lewe te besorg.

 

Net so is skrywers herinneringfabrieke. Wanneer jy iets lees onthou jy veel meer as net dt wat jy gelees het. Jy onthou byvoorbeeld by wie jy die leestof gekry het, waar jy was toe jy dit gelees het en hoe jy gevoel het nadat jy daarmee klaar was. Dis alles herinneringe wat nie daar sou wees indien daar nie skrywers was wat hulle tyd, families en lewe opgeoffer het om herinneringe vir hul lesers te maak nie.

 

Kyk dus met nuwe o na jou vryskutskrywervriende en -kollegas. Hulle is almal vakmanne in die fabriek van herinneringe. Jy ook.

 

Skryf baie en gereeld.  

 

Leoni  

 

 

29 JUNIE 2011

10%-korting op ALLES - vir 80 ure

 

Omdat ek so dankbaar is dat ek my dierbare ma wat altyd deur dik en dun by my staan se 80ste verjaarsdag vandag onvergeetlik kon maak, het ek besluit om vir 80 URE 'n korting van 10% op ALLES op die webblad toe te staan. 

 

Dit beteken dat jy op enigiets waarvoor jy wil inskryf of wat jy wil aanskaf 10% minder sal betaal. Maar opskud ... die 80 ure verstryk amptelik om middernag op Sondag, 3 Julie 2011.

GRATIS GOED

Wenke
Riglyne vir die perfekte toespraak

 

Wenke vir digters

Joan Hambidge se raad aan voornemende digters

 

Inspirasie
'n Dubbelverdieping sonder trappe deur Daleen Venter


Gooi die Rooitaal
12 Tips for clipping unneccesary words

 

 

MEDIAMEKKA

 

Bedryfsnuus

Nuus oor publikasies, mediamense, toekennings


Skryf vir ons
"Kaalvoet oor die Drakensberge" deur Elize de Villiers  

Skrywerslewe

Lees, sommer vir die lekkerte deur Helene de Kock

 

Skryfwenk 

Publiseer jou boek

 

 

 

GEREELD


Wanneer jy skryf ...

  

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief  

  

   

 

Skryfkursusse  |   Kuberwinkel  |   Getuigskrifte          

Professionele Dienste

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster