Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

 

 

      Nuusbrief # 4     

20 April 2011

 

 

            Nuusbrief              

                                                                

  null

 

 

20 APRIL 2011

Seisoenale webbladveranderinge

LEONI BENGHIAT 

Met herfs in die lug is grt veranderinge by SA Vryskutskrywer op die agenda - soos die tydelike tuisblad aandui.  

   Di nuusbrief is die eerste stap in die (hopelik) regte rigting om die werkinge by die enigste Afrikaanse webwerf wat uitsluitlik op vryskutskrywers fokus, te verbeter.  

   Minder blyk in alle gevalle meer te wees. As daar minder inligting in die nuusbrief is, neem dit nie so lank om alles te lees nie. Dit beteken dat ons meer gereeld 'n nuusbrief kan uitstuur om werklik vars nuus en gegewens aan ons lesers beskikbaar te stel.  

   Die mediabedryf is 'n wispelturige bedryf. Elke week bring veranderinge of gebeurtenisse en om dit slegs een keer per maand te publiseer, is so effe mosterd na die maal. Ds waarom dit beter is om meer gereeld 'n korter nuusbrief te stuur.

   SA Vryskutskrywer se verbeterings is daarop gemik om ons onteenseglik van ander webwerwe en organisasies te onderskei met net die hl beste inligting en hulpbronne. Vryskutskryf is nie vir sissies nie omdat ons nie die luukse van 'n "korporatiewe vangnet" het nie. Ons het dus 'n ander tipe ondersteuning nodig.

   Ek wil nie nou te veel van die vernuwings verklap nie, maar kan darem noem dat ons reeds 'n paar uitstekende gasskrywers aangekeer het, ons onderhandel met 'n paar instansies om voordele UITSLUITLIK vir SA Vryskutskrywer se nuusbrief-intekenare beskikbaar te stel en 'n hele aantal nuwe en intenser, maar korter en goedkoper kursusse is aan die kom. En dis net die begin ...

   Al wat ek in ruil vra is dat julle ons bekend stel aan vriende en kollegas en skakels aanstuur om soveel moontlik intekenare te werf want dit is al wat uiteindelik die voortbestaan van SA Vryskutskrywer kan verseker.

   Gesende Paasfees en produktiewe langnaweke vir julle.

Vryskutskrywersgroete, 

 

Leoni  

 

20 APRIL 2011

10%-afslag op ALLE skryf- en romankursusse - datums verleng

Geldig vanaf 20 April tot 5 Mei 2011

Om dankie te s vir die grootse poging van almal wat sedert verlede week so hard gewerk het om nuusbriefintekenare vir SA Vryskutskrywer  te werf, het ons besluit om ons 10%-afslag op ALLE skryfkursussetot 5 Mei 2011 te verleng. Dieselfde voorwaardes as vroer vandeesmaand geld steeds: 

 

1. Jy kan nie voordeel uit die afslag trek sonder jou NUWE geheime nommer wat by hierdie nuusbrief aangeheg is nie.  

2. Jy mt 'n nuusbriefintekenaar wees.  

3. Die korting geld slegs op die vereffening van die volle fooi (dit is dus nie van toepassing op afbetalings nie).  

4. Jy het net tyd tot 5 Mei 2011 om van hierdie aanbod gebruik te maak.  

5. Jou geheime nommer is NIE oordraagbaar nie wat beteken slegs j as intekenaar kan daarvan gebruik maak.   

6. Die afslag geld slegs SKRYFKURSUSSE en ROMANKURSUSSE - geen blits- of selfstudiekursusse nie.

GRATIS GOED

Wenke
Kritiese riglyne om jou artikel te skryf

 

Loopbaan

Kan jy 'n skrywer word?

 

Vryskutlewe
5 Wenke om jou energie terug te kry


Gooi die Rooitaal
"There's" and "There are"

 

 

ARTIKELS

Bedryfsnuus

Nuwe tydskrifte, mediamense, toekennings


Skryf vir ons
Die verskil tussen "plagiaat" en "leen" deur Anita de Kock  

Genealogie

Vind uit of jy ver van di boom val

 

 

 

GEREELD


Wanneer jy skryf ...

  

 

 

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief  

 

 

 

 

Skryfkursusse  |   Kuberwinkel  |   Getuigskrifte          

Professionele Dienste

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster