Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

 

 

      Nuusbrief # 3     

8 Maart 2011

 

 

 

Nuusbrief

Volume 1, Nommer 3

 

null 

 

 

 

 

8 MAART 2011

Van die redakteur

deur Leoni Benghiat

Uiteindelik kan ek vir julle die tipe nuusbrief uitstuur wat ek al sedert die ontstaan van SA Vryskutskrywer wou - een met heelwat inligting wat vryskutskrywers nuttig kan vind. Hopelik is van di inligting van toepassing op die meeste van julle.

 

Hierdie is die eerste ware nuusbrief (die ander was sommer proeflopies!) wat uitgestuur word en hopelik is dit die eerste van vele sulkes.

 

My oogmerk is om genoeg inligting op 'n gereelde basis uit te stuur, sonder om te verveel of te herhaal. Dt kan ek egter net werklik regkry indien julle, die lesers, ook betrokke raak. Laat my weet wat julle wil lees of meer van wil weet. Stuur navrae, versoeke of idees. Dis 'n spanpoging hierdie, mense, en ek kan dit nie sonder julle regkry nie.

 

Vir een van die volgende uitgawes beplan ek om iets oor die huidige belastingkwessies spesifiek van belang vir vryskutskrywers te bespreek. Stuur dus asseblief julle vrae en kwessies so gou moontlik in. Hoe meer vrae of idees ek het, hoe deegliker kan die navorsing en oplossings wees.

 

Ek wag om van julle te hoor en STUUR daardie foto's van jou tuiskantoor.

 

Skrywersgroete,

 

Leoni

 

 

Skryf as terapie

deur Tanya O'Connor

Ek en skoonma gaan na 'n bekende interior winkel, sy stoot klein Rory in sy stootwaentjie en ek bekyk alles en nog wat in die winkel.  By die betaalpunt is daar 'n rak met boeke, le boeke.  Ek kan nie verby 'n rak met boeke stap nie, veral nie as die buiteblaaie soo mooi is nie. Boeke wat wag om te beskryf, en in geskryf te word, boeke wat wag om hul bladsye vrylik te gee vir die beste terapie ooit: SKRYF! 

Ek begin skryf aan my storie in 2003. Twee dae na my man dood is in my arms maak ek my inkpen vol en koop 'n A5 boekie met lyne by die Spar. Ek het niemand gehad om mee te praat nie. Om jou eina uit jou lyf te skryf help om jou gedagtes skoon te maak, wanneer jy die woorde sien vorm aanneem voor jou op 'n skerm of op papier begin dinge tog anders lyk, wel dit is wat ek ervaar het toe ek begin skryf het. Lees die artikel hier verder.

 

 

Kry s aanlyn werk

deur Maryna Moolman

Nuwe en selfs gesoute vryskutskrywers het altyd werkstukke nodig vir 'n addisionele of vaste inkomste.Odesk is 'n innoverende web basis hulpbron wat vryskutskrywers die geleentheid bied om hulself te bemark en werk te bekom. 
 
Hoe werk dit? Registreer op Odesk se webblad. 'n Portefeulje word geskep deur werke agtergrond, studies en vaardighede daarop te voeg. Daar is verskeie toetse wat geneem kan word wat deel uitmaak van die portefeulje. Dit kan bydra tot meer suksesvolle aansoeke en word sterk aanbeveel. Die toetse word gemeet op 'n persentasie basis wat aan die potensile werkgewer bekend gemaak word. Die verskillende toetse beskikbaar om te neem is van taal, spelling en rekenaar vaardighede asook rekenaar sagteware kennis en nog vele meer.Lees die artikel hier verder

 

 

Skryfkursusse   |   Kuberwinkel   |   Taalghoeroe   |   Dienste  |  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster