Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

 

 

      Nuusbrief # 2     

14 Februarie 2011

 

 

http://www.savryskutskrywer.co.za/sa%20vryskutskrywer%20logo.gif

Nuusbrief

Volume 1, Nommer 2

 

 

 

14 FEBRUARIE 2011

'n Saamgeflanste nuusbrief

 

 

"Geduld is 'n deug, behou dit as jy kan. Selde by 'n vrou te kry, nooit by 'n man."

 

N?

 

Toe ene Piers Plowman bogenoemde na bewering in 1377 kwytgeraak het, het hy dalk nie besef presies wt geduld werklik behels nie. Hy moes maar net met die alledaagse lewe tydens die Middeleeue worstel. 'n Lewe wat dalk die leenstelsel, Swart Dood, Honderjarige oorlog, kruisvaarte en foltering ingesluit het, maar GEEN rekenaar nie!

 

Vanwaar ek sit het hy dus niks gehad om oor te kla nie. Alles het elke dag vir hom verloop soos gister en die dag daarvoor en soos wat dit die volgende dag en die dag daarna en altyd sou verloop. Sy daaglikse relings was in beton gegiet.

 

Ons arme siele wat afhanklik is van rekenaars, die internet en e-pos wt egter wat dit is om te swaar te kry! Min dinge is so ontwrigtend soos 'n deeglik beplande dag wat skielik 'n nie-werkende rekenaar of internet insluit. Al jou fyn uitgewerkte planne en tydroosters vlieg na die maan wanneer jou rekenaar 'n verkoue het. En as dit iets erger as 'n rekenaarverkoue is, verander dit in 'n webmeester se grootste nagmerrie!

 

Ek weet niks kom ooit maklik nie, maar ai, dis darem 'n ellende wanneer ALLES begin skeefloop en jy sukkel om enige beloftes na te kom!

 

Jy kan seker aflei dat bogenoemde 'n ellelange klaaglied is oor 'n rekenaar wat heelweek nie gewerk het nie. Die beplande nuusbrief wat reeds verlede Dinsdag uitgestuur sou word, kon toe glad nie realiseer nie.

 

Moet egter nie dink dat al die probleme uitgesorteer is omdat jy hierdie nuusbrief onder o het nie. O nee! Die webwerf kan steeds nie bygewerk word nie en dit beteken dat gn van die beplande artikels in die oorspronklike nuusbrief uiteindelik gebruik kon word nie.

 

Wag! Daar's meer ... ook word di nuusbrief op 'n reserwe-rekenaar gedoen wat alles verder bemoeilik omdat die beplande inligting oor drie rekenaars en twee geheuestokkies versprei is. Die woorde "bloedsweet" en "geduld" tree dus skerp na vore ...

 

Nietemin, al voldoen vandag se nuusbrief heel moontlik nie aan ons beloftes f jou verwagtinge nie, dien dit darem as inligtingsinstrument om jou in te lig dat ALLE skryfkursusse (romankursusse uitgesluit) van vandag (14 Februarie 2011) tot Sondag (20 Februarie 2011) aan 'n 30%-afslag onderhewig is - ons spesiale Valentynsgeskenk aan jou.

 

As jy na die betaalblad gaan kyk, sal jy opmerk dat 30% nogal 'n aardige verskil in fooie beteken en dat dit dalk nie 'n slegte idee is om n vir daardie skryfkursus in te skryf wat al sedert verlede jaar op jou lysie is nie. Di aanbod is slegs geldig vir SES dae en gaan nie gou weer herhaal word nie - moontlik selfs glad nie.

 

Onthou ook om na ons Spesiale Verslae, databasisse, en gratis goed te gaan kyk. Hopelik sal dit later vandeesweek moontlik wees om die webblad weer by te werk sodat al die artikels en items wat ons reeds wou gebruik, minstens later in die week in jou Inbussie sal wees.

 

Ons gesels weer later di week.

 

Leoni 

 

NS. 'n Bygewerkte Gebeure-almanak word hierby aangeheg.

KUBERWINKEL


14/02/2011
Databasisse 

14/02/2011
Spesiale Verslae 

14/02/2011
Professionele Dienste

 

SKRYFKURSUSSE

14/02/2011
Skryfkursusse

 

14/02/2011
Joernalistiek

14/02/2011
Kreatiewe Skryfkursusse 

14/02/2011
Niefiksie

14/02/2011
Skryf 'n KINDERBOEK

 

 

14/02/2011
Korporatiewe kursusse

 

 

 

   

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster