Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

 

Nuusbriefargiewe - #14

24 Augustus 2012

 

24 Augustus 2012

Volume 2, Nommer 4

 

In di uitgawe

   Van my lessenaar

   Studentesuksesstorie: Net maar 'n siekte deur Yvonne de Kock

   Skep orde uit jou wanorde deur Leoni Benghiat

   Die tydskrifbedryf ontsyfer deur Leoni Benghiat

 

Wat's nuut?

WEN! WEN! WEN!

Nuut bygewerk

Verskeie kompetisies vir joernaliste, fotograwe en fiksiekrywers word deur die jaar gehou. Ons probeer al die inligting vir jou hier bymekaar kry.

Een van di gratis plekke op ons webwerf waar jy storie-idees kan aflaai.

Bedryfsnuus

Redakteurs en tydskifte kom en gaan gereeld. 'n Afdeling waar veral vryskutjoernaliste hulle van die stand van die media kan vergewis is noodsaaklik.

Ons deursoek elke dag die internet kruis en dwars na werks-geleenthede vir vryskutskrywers.

Gn vryskutskrywer kan genoeg inligting rondom skryfmarkte bekom nie.

Geeneen wat 'n skryfbesigheid bedryf of vryskut werk kan verby 'n bruikbare wenk kyk nie.

Moet jy dikwels in Engels skryf?

Ons Taalghoeroe probeer lastige taaltameletjies oplos.

IT-praatjies

Ons hou jou ingelig oor IT-sake wat van belang is vir skrywers.

 

Van my lessenaar ...

Hulle s Rome is nie in 'n enkele dag gebou nie en ek begin dit nou glo. Ek is reeds meer as twee jaar met SA Vryskutskrywer besig en ek is nou eers besig om die dinge wat ek toeka al w doen, reg te kry. As stadigheid 'n siekte was ...

Maar mense ... ek glo dis die wag en geduld werd. Met elke week se nuusbrief gaan daar iets nuuts en algeheel enig in sy soort net vir j wees. Deel tog asseblief die inligting en help nuusbriefintekenare werf. Hoe meer siele, hoe meer vreugde en in di geval is dit beslis waar want aan hierdie kant word daar sommer 'n wavrag vol bonusse beplan ... maar dit kan net regtig begin realiseer as ons genoeg nuusbriefintekenare het om gratis aanbiedinge van instansies te regverdig. Tans is ons nog nie eens oor die hond se stert wat inskrywings betref nie so, laat waai met daai skakel onderaan die nuusbrief, asseblief.

Juniemaand was nog altyd 'n spesiale maand in ons huis want dis my ma se verjaarsdagmaand. Vanjaar vier sy haar 81ste winter en omdat haar verjaarsdag op die 29e is, het ek besluit om sommer hierdie week 29%-afslag op alle skryfkursusse in te stel om haar groot dag te vier. Dis nie aldag dat 'n mens jou ma se 81ste verjaarsdag saam met haar kan vier nie! Dis dus vir my 'n vreugdevolle dag en ek hoop om dit sommer vir julle ook die moeite werd te maak. Maak dus sommer dadelik gebruik van jou aangehegte afslag-koepon. Dis geldig tot middernag op 29 Junie 2012.

Positiewe nuus oor Adri-Louise van Renen, redakteur van LIG en Kerkbode, is dat sy Woensdag 'n baie groot operasie ondergaan het en dokters is positief dat al die kankergewasse verwyder is. Sy sal middel volgende maand met chemoterapie begin en dit gaan sommer al heelwat beter met haar, waaroor ons baie dankbaar is.

Nou is ek eers hier uit met 'n spoed. Onthou ook om asseblief van ons blad op Facebook, Twitter en LinkedIn te hou. Die skakels is onderaan elke webblad.

Tot volgende week.

Leoni

STUDENTESUKSESSTORIE: Net maar 'n siekte deur Yvonne de Kock

Mara skrik wakker. Sy is papnat gesweet. n Gevoel van onbeskryflike angs druk haar keel toe en met n kurkdro mond bid sy: Ag, Here, help!

Di smeking vir hulp van Bo is die wanhoopskreet wat deur die jare elke keer eggo wanneer Mara in n depressiegat val, terwyl paniek haar keel toewurg en sy na asem snak.

Sy het op 18 haar eerste paniekaanval beleef en eers na verskeie sulke voorvalle is endogene depressie by Mara gediagnoseer n chemiese wanbalans in die brein. Vir die volgende 49 jaar het hospitalisasie, medikasie, aarvoeding, sielkundige behandeling, skokbehandeling en ook n mislukte selfmoordpoging gevolg. Lees verder ... 

Skep orde uit jou wanorde deur Leoni Benghiat

Om huis toe te kom behoort n aangename ervaring te wees. Tog word die meeste mense se knie skoon lam wanneer hulle by die voordeur instap en deur n ongeorganiseerde warboel besittings begroet word. Voel jy ook soms dat chaos koning kraai in jou huis? Indien wel, kan jy di wenke gebruik om jou wanorde in orde te omskep.

Kenners is dit eens dat dit n mite is om te glo dat jy slegs georganiseerd kan wees indien jy pynlik netjies is. Ja, wel, dit s natuurlik makliker as jy beide is, maar bitter min mense het in albei rye gestaan toe netheid en organisasievermons uitgedeel is. Statistiek toon dat n groot persentasie mense mans sowel as vroue netjies, maar hoogs ongeorganiseerd is. Aan die ander kant is daar net so n groot hoeveelheid mense wat slordig, maar hoogs georganiseerd is! Lees verder ... 

Die tydskrifbedryf ontsyfer deur Leoni Benghiat

Nuwelinge in die vryskutmark weet gewoonlik nie hoe die bedryf werk nie. Dit kan derhalwe nogal taamlik intimiderend wees as jy vanuit 'n gemaklike redaksiekantoor jou skielik in die vryskutwildernis bevind en jy moet maar self probeer om die mas op te kom. So, spesiaal vir al die nuwelinge wat nog probeer om hul voete te vind plaas ons vandag 'n artikel om te probeer verduidelik hoe die bedryf naastenby inmekaar steek.

Hoeveel geld kan n tydskrifskrywer verdien?

Per woord: Die algemeen aanvaarde tarief vir junior joernaliste in Suid-Afrika is tans sowat R1.50 per woord, maar namate jy ondervinding opbou, kan jy verwag om meer per woord betaal te word. Die algemene gemiddelde is meestal R2 tot R2.50 per woord. Sommige glanstydskrifte betaal selfs R3 of R4 per woord, afhangende van hulle mark en advertensie-inkomste. Lees verder ...

Skryfkursusse  |  Blitskursusse | Kuberwinkel  |  V & A  |  Getuigskrifte |  Professionele Dienste   

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster