Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

 

 

      Nuusbrief # 12     

18 Junie 2012

 

 

18 Junie 2012

Volume 2, Nommer 3

 

In di uitgawe

   Van my lessenaar

 

   Persoonlikhede by die werk - en hoe om hulle te hanteer deur Leoni Benghiat

Wat's nuut?

   Posiekursus

   Posietegnieke-kursus

   Vryskuthulpbronne

   Adverteer by ons

WEN! WEN! WEN!

Een gelukkige nuusbriefintekenaar (en Herman Charles Bosman-aanhanger) kan 'n getekende eksemplaar van die boek, A Bosman Companion - from Abjaterskop to Zwingli, wen. Maar opskud! Tyd raak min, al het ons die sluitingsdatum op versoek verleng! Klik hier.

Nuut bygewerk

 

Skryfkompetisies

Verskeie kompetisies vir joernaliste, fotograwe en fiksieskrywers word deur die jaar gehou. Ons probeer al die inligting vir jou hier bymekaar kry. .

 

Bedryfsnuus

Redakteurs en tydskifte kom en gaan gereeld. 'n Afdeling waar veral vryskutjoernaliste hulle van die stand van die media kan vergewis is noodsaaklik.

 

Werksgeleenthede

Ons deursoek elke dag die internet kruis en dwars na werks-geleenthede vir vryskutskrywers.

 

Markinligting

Gn vryskutskrywer kan genoeg inligting rondom skryfmarkte bekom nie. Daarvoor is ons bedryf t wisselvallig.

 

Kontak Ons

Leoni Benghiat

admin@savryskutskrywer.co.za

Tel: 074 296 3390

Faks: 086 651 7796

www.savryskutskrywer.co.za

 

Nog nie op ons nuusbrief ingeteken nie? Klik hier 

 

E-pos aan 'n vriend om hulle van ons nuusbrief te vertel.

 

       Nuusbrief argiewe 

 

 

Van my lessenaar ...

 

Voordat ek oor enigiets anders praat ...

Positiewe denke en gebede word benodig vir Adri-Louise van Renen, redakteur van LIG en Kerkbode. Tydens 'n blindederm-operasie verlede week is kwaadardige gewasse aan verskeie van haar organe ontdek. Dokters gaan vandag verdere toetse doen om die bron van die kanker vas te stel sodat verspreiding met geteikende chemoterapie gekeer kan word. Ons gedagtes en gebede is by jou, Adri-Louise. Mag jy spoedig weer op die herstelpad wees.

 

Vernuwing is steeds in die lug hier by ons, hoewel dit bietjie lank neem vir alles om in plek te val. Die positiewe hiervan is egter dat daar met elke toekomstige nuusbrief heel moontlik iets splinternuuts op die webwerf gaan wees waarna jy kan gaan kyk. En wie kan nou stry dat dit altyd lekker is om na iets nuuts uit te sien?

Intussen leef ek in hoop dat ek wel op Vrydae die nuusbrief sal kan uitstuur. Aan die ander kant is 'n nuusbrief dalk net die moetie om enige blouheid op 'n Maandag teen te werk. Wie weet?

Tot weersiens wanneer 'n langer nuusbriefweergawe uitgestuur word.

O ja, laat gerus van jou hoor - oor enigiets. Dis darem altyd lekker om terugvoer oor die nuusbrief en webwerf te ontvang. Sodoende weet 'n mens darem of jy op die regte pad is wat voorkeure, afkeure en behoeftes betref en enige leemtes kan dan gouer aangespreek word.

Leoni

 

Persoonlikhede by die werk - en hoe om hulle te hanteer deur Leoni Benghiat

 

Elke kantoor is n bymekaarkomplek van uiteenlopende persoonlikhede. Hoewel elkeen van jou kollegas verskil, is daar n enkele gemeenskaplike faktor: jy moet met almal oor die weg probeer kom. Ongelukkig is sommige van hulle taamlik moeilik om mee saam te werk. Hier is n lys van verskillende werkplekpersoonlikhede en hoe om hulle te hanteer sodat jou kantoor n gelukkiger plek kan wees.

Die Kletskous Die Kletskous bedoel gewoonlik geen kwaad nie, maar haar aanhoudende gekwetter verbreek jou konsentrasie en laat jou stadiger werk. Oplossing: Moenie haar beledig nie; sy is net vriendelik. Vertel haar liewer dat jou konsentrasievermo nie so waffers is nie en dat jy sukkel om op jou werk te konsentreer terwyl jy na haar interessante vertellings luister. Jy wil graag meer hoor, maar net nie tydens werkure nie. En dan, as jy regtig van haar hou, kan jy haar vir koffie nooi sodat sy ongestoord haar stories kan vertel ....

Die Skindertong Dit lyk asof die Skindertong altyd alles omtrent almal weet en net te gretig is om di inligting te deel. Moet jy luister as sy j oor uitkies om vol gif te pomp? Ja en nee. Ja, want dikwels is dit n manier om inligting te bekom wat nie deur die maatskappy se gewone kommunikasiekanale versprei word nie. En nee, omdat skindertonge selde toelaat dat feite met n goeie storie inmeng ... Oplossing: Luister stilweg na jou kollega en leer om die waarheid uit te snuffel. Moet nooit iets wat jy deur middel van di nie-amptelike kantoornuusbulletin gehoor het, versprei nie. As sy persoonlike inligting met jou wil deel, s reguit dat jy nie belangstel nie. Lees verder ... 

 

WEN! WEN! WEN! - met jou Herman Charles Bosman-storie

 

Een gelukkige nuusbriefintekenaar (en Herman Charles Bosman-aanhanger) kan 'n getekende eksemplaar van die boek, A Bosman Companion - from Abjaterskop to Zwingli, wen. Al wat jy hoef te doen om vir di gesogte prys in aanmerking te kom, is om 'n staaltjie in egte Bosman-, oom Schalk Lourens- of Groot Marico-tradisie (verkieslik nie langer as 800 - 1,000 woorde nie) te skryf. Die onderwerp kan oor enigiets handel, byvoorbeeld jou eerste kennismaking met 'n Bosman-boek of oom Schalk Lourens. Of dalk het jy een van wyle Patrick Mynhardt se vertolkings van oom Schalk Lourens in 'n Sip of Jerepigo of iets dergeliks gesien. Die onderwerp kan enigiets wees. Die enigste vereiste is dat f Herman Charles Bosman f oom Schalk Lourens 'n hoofrol daarin moet speel. Die storie kan in Afrikaans of Engels wees.

Sluitingsdatum: 10 Augustus 2012Volledige besonderhede ...

 

 

 

Skryfkursusse  |  Blitskursusse | Kuberwinkel  |  

V & A  |  Getuigskrifte |  Professionele Dienste   

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster