Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

 

 

      Nuusbrief # 11     

11 Junie 2012

 

 

  Van my lessenaar ... 

 

Ek besef maar al te deeglik dat winter beslis nie die seisoen vir vernuwing is nie. Tog gaan ek my nie aan enige "konvensies" steur deur om op die nuwe  webblad en nuusbrief te sit en wag totdat dit eendag weer warm word nie. (Ek verwys hier na die weer ...) Daarvoor is ek buitendien t ongeduldig.

En ek vermoed almal dink ek is algeheel koekoes  omdat ek aanhoudend die webblad verander. Ek het ook al so begin dink totdat ek agtergekom het dat 'n mens eers n 'n hele aantal probeerslae regtig weet wat dit is wat jou webblad vir jou en jou besoekers moet doen. As jy daardie aspek onder die knie het, is dit maklik om te weet wat om by te voeg of weg te laat.

En dis wat ek uiteindelik gedoen het. Die nuwe webblad met al sy onderafdelings is omtrent 90% voltooi. Hopelik sal die res teen die einde van die maand afgehandel wees en dan gaan die webblad vir 'n geruime tyd dieselfde bly, hoewel dit nooit stagnant sal wees nie.

'n Volledige nuusbrief soos di een sal voortaan tweeweekliks in jou inbussie land, met twee korter weeklikse weergawes tussenin. Kyk dus uit vir die volgende  mini-nuusbrief op 15 Junie en die uitgebreide een op 22 Junie.

Tot weersiens wanneer my lessenaar hopelik al minder vrag sal dra.

Leoni

 

 

20 Wenke om jou reisartikels te laat sing deur Caroline Hurry 

 

Daar's min goed so aanloklik - vir die leunstoelreisiger - as om knus in 'n gemakstoel te sit en lees oor plekke wat jy nog nooit gesien of besoek het nie. En dis 'n reisskrywer se werk om jou in daardie wreld in te lok. Caroline Hurry, hoofredakteur van Travelwrite, bied hier 20 wenke aan reisskrywers om hul teks te laat sing - en lesers gefassineerd te hou met hul reisskrywes.

1. Beplan 'n basiese uitleg voordat jy begin skryf om seker te maak dat die verskillende aspekte van jou storie bymekaar hoort en gemaklik ineenvloei.

2. Ontwikkel 'n interessante verteltrant. Gesels met iemand anders as jou eggenoot. Praat met die plaaslike inwoners. Hoe anders sal jy meer inligting oor die plek vind?

3. Terwyl ons oor gades en familielede praat - tensy hulle noodsaaklik is vir die storie wil ons nie van hulle hoor nie. Regtig. Ons wil nie. Lees verder ...

 

 

So, jy wil Afrikaanse wetenskapsfiksie en fantasie skryf? deur Eben van Renen 

 

Ai, kom sit ʼn bietjie hier en dan gesels ons oor hierdie idee van jou. Nee, ek gaan nie probeer om al jou drome uit die lug te skiet nie; ek wil net bietjie hoor wat jou verwagtinge is.

Jy sien, ek dink jy is waarskynlik intelligent genoeg om nie hierdie Afrikaanse Wetenskapfiksie (AWF) of Afrikaanse Fantasie (AF) droom met toekomstige rykdom te vereenselwig nie. (Indien jy egter wl dink dat jy daarmee gaan geld maak, moet jy my net vir ʼn paar oomblikke verskoon sodat ek eers klaar kan lag.)

Reg, sjoe, nou kan ons weer praat.

Eerstens, die harde werklikheid is dat uitgewers die koue rillings kry wanneer nuwe skrywers WF- of F-manuskripte aan hulle stuur. Ja, die arme uitgewers bestee baie geldjies om al daardie manuskripte se papier na die ashoop te karwei (sonder dat hulle dit ooit lees). Selfs gevestigde skrywers word net elke dan en wan "toegelaat" om 'n boek in een van hierdie genres uit te gee. Lees verder ...

 

 

Skryf 'n sekstoneel deur Katelyn Kelley 

 

Om 'n fiktiewe sekstoneel te skryf het te make met die karakters, hul emosies en die gebeure in die storie. Jy sal nrens 'n formule vind wat aan jou sal vertel h om so 'n toneel te struktureer nie omdat dit afhang van die unieke elemente wat slegs in JOU storie gevind word. Die enkele belangrikste aspek van 'n sekstoneel is dat dit by die storie moet inpas en 'n doel moet h vir die "groter prentjie" van jou roman se storielyn. Seks in 'n roman is nie net 'n fisieke gebeurtenis nie omdat die emosies en gevolge daarna verreikende gevolge vir jou storielyn kan inhou. Lees verder ...

 

 

 

  In di uitgawe 

 

   Van my lessenaar

   Joernalistiek: 20 Wenke om jou reisartikels te laat sing deur Caroline Hurry

   Fiksie: So, jy wil Afrikaanse wetenskapsfiksie en fantasie skryf? deur Eben van Renen

   Fiksie: Skryf 'n sekstoneel deur Katelyn Kelley

 

    Wat's nuut?    

 

 Aflaaibare muurpapier

 Vryskuthulp-bronne

 Adverteer by ons

 

WEN! WEN! WEN!

 

Een gelukkige nuusbriefintekenaar (en Herman Charles Bosman-aanhanger) kan 'n getekende eksemplaar van die boek, A Bosman Companion - from Abjaterskop to Zwingli, wen. Maar opskud! Tyd raak min, al het ons die sluitingsdatum op versoek verleng! Klik hier.

 

 Nuut bygewerk  

 

Bruikbare wenke

Geeneen wat 'n skryfbesigheid bedryf of vryskut werk kan verby 'n bruikbare wenk kyk nie.

Gooi die Rooitaal

Moet jy dikwels in Engels skryf? Sukkel jy om is en are reg aan te wend?

Bedryfsnuus

Redakteurs en tydskifte kom en gaan gereeld. 'n Afdeling waar veral vryskutjoernaliste hulle van die stand van die media kan vergewis is noodsaaklik. 

Werksgeleenthede

Ons deursoek elke dag die internet kruis en dwars na werksgeleenthede vir vryskutskrywers.

Taalghoeroe

Ons Taalghoeroe probeer lastige taaltameletjies oplos.

IT-praatjies

Ons hou jou ingelig oor IT-sake wat van belang is vir skrywers.

 

Belangrike skakels

 

Skryfkursusse

Blitskursusse  

Kuberwinkel 

V & A  

Getuigskrifte      

Professionele Dienste    

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster