Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

 

 

      Nuusbrief # 10     

19 April 2012

 

Nuusbrief

SA Vryskutskrywer


 

Welkom by ons eerste nuusbrief vir 2012

http://www.aweber.com/img/templates/07a/break_left.gif

Dit het nou wraggies baie langer geneem as wat ek gedink het maar hier is 2012 se eerste nuusbrief uiteindelik!

Met die intrapslag wil ek net s dat daar 'n hele klomp veranderinge dwarsdeur SA Vryskutskrywer gaan wees - vandaar my gedwonge stilte. Maar moenie bekommerd wees nie - alles waarvan jy voorheen gehou het is steeds daar en miskien selfs ng meer.

Ek is nie baie lief daarvoor om aan iets te karring wat werk nie, gevolglik sal SA Vryskutskrywer soos wat dit binnekort gaan lyk, heel moontlik die norm wees vir 'n hele ruk vorentoe. As daar egter nog iets anders is wat jy voel bygevoeg moet word, laat asseblief van jou hoor.

Van die veranderinge wat einde vandeesmaand (ja, regtig!) beskikbaar sal wees, is onder meer:

  •  ons blog wat uiteindelik sal werk;

  •  'n weeklikse nuusbrief;

  •  die skryfuitdaging waarvoor soveel van julle nou al maande en maande lank vra en wag;

  • 'n nuwe, vaartbelynde vryskutnetwerk wat gewaarborg is om aandag te trek;

  • gereelde gratis muurpapier en programmatuur vir jou rekenaar;

  •  huiswerkhulp vir oorwerkte ouers en leerders;

  •  geborgde skryfkompetisies;

  • bekostigbare kleinadvertensies;

  •  'n splinternuwe afdeling vir jou vryskutbesigheid; 

  • spesiale aanbiedinge van derde partye slegs vir nuusbrief-intekenare; en les bes ...

  • 'n splinternuwe Skrywersalmanak wat van Mei 2012 tot Desember 2013 sal strek. Sorg dus dat jy solank plek op jou rekenaar maak daarvoor!

Eintlik is dit nie werklik moontlik om alles wat nuut en verbeter is hier te noem nie, want hier is nie genoeg plek nie! Jy moet dus maar self gaan kyk wanneer alles reg is op 2 Mei 2012 - net na Werkersdag sodat jy lekker uitgerus kan wees vir alles wat die nuwe webblad bied. Ek stuur ook daardie dag 'n nuusbrief uit om jou te herinner aan alles wat jy nie mag misloop nie.

Die belangrikste nuus is dat die permanente webblad nou UITEINDELIK die pylvak nader. En dat daar weekliks 'n nuusbrief sal wees.

Op 'n minder optimistiese noot moes ons ook van Helene de Kock en haar kursusse afskeid neem. Helene is besig met haar doktorsgraad en gaan vir 'n ruk eers daarop konsentreer. Ons - en baie studente wat onder haar bekwame hande deurgeloop het - bedank haar innig vir die tyd wat sy deel van SA Vryskutskrywer was.

Nou gaan ek eers verder aan die webblad beitel en jou uitlos sodat jy vir die kompetisies kan inskryf.

Leoni

 

 Wen 'n werk by HUISGENOOT 

 

Is jy kreatief? Is jy 'n planmaker? En is jy nuuskierig? Het jy hare op jou tande? En is daar dalk ink in jou are? Huisgenoot en kykNET soek deelnemers vir 'n werklikheidsprogram waarin jy 'n werk kan wen by die grootste tydskrif in Suid-Afrika.

Huisgenoot soek 'n raakvatter wat betrokke kan raak by alle aspekte van die tydskrif. En natuurlik sal jy op TV verskyn!

Huisgenoot se splinternuwe werklikheidsreeks Saktyd, is ʼn eerste in sy soort. Suid-Afrikaners word aangemoedig om in te skryf vir die program en s ʼn werk by Huisgenoot te wen. Gepaardgaande intriges is ʼn gegewe, maar om ʼn werk los te slaan by Suid-Afrika se gewildste tydskrif was nog nooit so opwindend nie.  Klik hier vir besonderhede en die inskrywingsvorm ...

Volume 2, Nommer 1

WEN! WEN! WEN! 

 

Een gelukkige nuusbriefintekenaar (en Herman Charles Bosman-aanhanger) kan 'n getekende eksemplaar van die boek, A Bosman Companion - from Abjaterskop to Zwingli, wen. Klik hier vir volle besonderhede ...

 

 

Gebruik die internet om jouself te bemark deur Maryna Moolman 

 

Enige organisasie bemark hulself om kliente te werf en geld te maak. Dieselfde geld ook vir vryskutskrywers. Jou produk - wat natuurlik jyself is - moet maklik beskikbaar wees sodat mense kan sien wie jy is en wat jy kan doen. Klik hier om die res van die artikel te lees...

 

 

 

Gereeld 


http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_dia.gif  
Bedryfsnuus
http://www.aweber.com/img/templates/07a/break_right.gif
http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_dia.gif  
Skryfwenk
http://www.aweber.com/img/templates/07a/break_right.gif
http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_dia.gif  
Gooi die Rooitaal
http://www.aweber.com/img/templates/07a/break_right.gif
http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_dia.gif  
Fotowenk
http://www.aweber.com/img/templates/07b/break_right.gif

 

In die volgende uitgawe 

  • Skrywersalmanak - Mei 2012 - Desember 2013

  • Internet: Verdien geld met AL jou artikels

  • Gratis goed: Aflaaibare muurpapier

  • Fiksie: Skryf 'n seksstoneel

  • Joernalistiek: 20 Wenke om jou reisartikels te laat sing deur Caroline Hurry 

  • Skrywerslewe: Skrywers-bloknoodhulpkissie

  • Fiksie: So, jy wil Afrikaanse wetenskapsfiksie en fantasie skryf? deur Eben van Renen

  • Vryskutbesigheid: Jy en Jan Taks

 

 

Skakels http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_leaf.gif

 

http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_dia.gif  Skryfkursusse
http://www.aweber.com/img/templates/07a/break_right.gif
http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_dia.gif  
Blitskursusse
http://www.aweber.com/img/templates/07a/break_right.gif
http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_dia.gif  
Kuberwinkel
http://www.aweber.com/img/templates/07a/break_right.gif
http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_dia.gif  
Werksgeleenthede
http://www.aweber.com/img/templates/07a/break_right.gif
http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_dia.gif  
Getuigskrifte
http://www.aweber.com/img/templates/07a/break_right.gif
http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_dia.gif  
Vrae & antwoorde
http://www.aweber.com/img/templates/07a/break_right.gif

http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_dia.gif  Gratis goed
http://www.aweber.com/img/templates/07a/break_right.gif
http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_dia.gif  
Mediamekka
http://www.aweber.com/img/templates/07a/break_right.gif
http://www.aweber.com/img/templates/07a/bullet_dia.gif  
Vryskutgereedskapskis 
http://www.aweber.com/img/templates/07b/break_right.gif

 

 

 

Vertel 'n vriend 

 

Ken jy iemand wat dalk by di nuusbrief kan baat? Het jy di nuusbrief van iemand ander ontvang? Waarom nie sommer self inteken nie?

Klik hier vir die nuusbriefintekenvorm

 

 

2012. SA Vryskutskrywer. Alle regte voorbehou.

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster