Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

 

 

      Nuusbrief # 1     

Augustus 2012

 

 

Welkom by ons nuusbrief

Uiteindelik, hoor ek julle sug, maar gelukkig kom alles na di wat wag en hier is die beloofde nuusbrief. Ek hoop dit was die lang wag werd en ek hoop ook dat julle my sal laat weet wat julle graag in die nuusbrief wil sien. Na alles is dit JULLE nuusbrief; dit behoort dus alles te bevat wat julle wil h dit moet ...    

 

Redakteursbrief  

Met die nuwe voorgestelde mediawetgewing wat soos 'n swaard bo die drukmedia se koppe hang, kan dit dalk binnekort redelik stresvol raak om 'n Suid-Afrikaanse joernalis te wees. Di nuwe drakoniese wetgewing het die mag om die drukmedia effektief aan bande te l - wat beteken dat die regerende party wat berug is vir sy ondoeltreffende regering makliker kan wegkom met alles wat hy bewustelik verkeerd doen.   Die nuwe wet is in sterk teenstelling met die visie wat oud-president Nelson Mandela in 1994 vir Suid-Afrika voorgehou het - dat die ANC-regering algeheel deursigtig moet wees omdat dit 'n demokratiese regering is en dit die mense van die land se demokratiese reg is om alles te weet wat die regering doen. Niks kan egter meer ondemokraties wees as om die media te wil sensor nie. Lees verder: tinyurl.nbr0810_red01.htm  

         Lees ook: Mediavryheid is ons almal se vryheid: tinyurl.mediamekka17.htm  

 

Die waarde van skryfkompetisies

My eerste skryfkompetisie-ervaring was 'n nagmerrie.   Eerstens het ek - getrou aan my aard - tot op nommer 99 gewag om my inskrywing saam te stel. Boonop was daar sveel voorskrifte en vereistes om na te kom dat ek myself teen halfdrie daardie oggend voor die sluitingsdatum kon skop omdat ek ooit besluit het om in te skryf. Tog het ek deurgedruk en die inskrywing teen sonop saam met 'n koerier Johannesburg toe gestuur.   Na al daardie moeite het ek niks gewen nie, maar wel 'n brief ontvang om te s dat my inskrywing op die kategorie se kortlys was, maar ongelukkig nie die pyp gerook het nie.   Eers was ek nie seker of dit goeie of slegte nuus was nie, maar nadat ek besef het dat daar letterlik honderde inskrywings in elke kategorie was, het ek geweet dat ek uiteindelik met die groot kanonne kon saampraat. My werk was noemenswaardig goed. Lees die res van di artikel hier: tinyurl.nbr0810-art1.htm 

  

 

Artikels van belang

 

    Kursus van die maand:  Skryf inspirasie-artikels wat saak maak  

Ons het almal iemand nodig na wie ons kan opsien, en daar is baie sulke mense in die wreld: mense wat 'n tragedie oorleef het en nou ander mense in soortgelyke situasies kan help om die mas op te kom. Of iemand wat net sy lewe daaraan wy om minderbevoorregtes te help.    As jy iemand is wat daarvan hou om tussen mense te wees en belangstel in die doen en late van iemand wat teenspoed oorwin en s sterk anderkant uitgekom het dat hy nou ander mense kan help, is hierdie kursus nt vir jou saamgestel. Dis n jou kans om die wreld van ons eietydse helde te vertel. En om 'n verskil in ander mense se lewens te maak.    'n Bundel inspirasie-artikels kan ook die voorloper wees tot jou eerste niefiksieboek. Meer inligting: tinyurl.inspirasie1.htm

 

         Skrywer in die kollig - Alita Steenkamp  

Alita Vorster se naam is sinoniem met glansartikels in nasionale tydskrifte. Sy het begin om di belangstelling in glansartikels verder te voer en haar tweede outobiografie wat sy saam met 'n bekende geskryf het - Steeds Mathys - is tans op die rakke. Hier vertel sy hoe die boek tot stand gekom het en gee ook waardevolle raad aan enigiemand wat daarvan droom om 'n spookskrywer te word. Lees verder: tinyurl.nbr0810-al.htm  

 

         Mens kan self jou boek uitgee, maar ... deur Jeanette Ferreira  

Een van die groot vrae aan my onlangs by die Universiteit van Pretoria se winterskool was: Kan 'n mens jou boek self publiseer?    Antwoord: Ja, jy kan. Maar, die ding van geld, vaardigheid en kennis is 'n probleem.    Eerstens moet jy 'n groot kontantbedrag neersit voordat jou boek wins oplewer. Vir 'n boek van 128 bladsye kan jy tans by 'n drukker beding vir 'n drukprys van sowat R20,000 tot R22,000. Dit sal jou grootste enkele uitgawe wees. En jy sal waarskynlik die helfte van die drukprys vooraf moet betaal. Lees die res van di artikel hier: tinyurl.nbr0810-art2.htm   

 

 

 

Van alles en nog wat

 

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster