Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka

 

Vryskutnetwerk

Ons bied twee opsies om jou in die netwerk en aan die gang te kry - 'n basiese opsie en 'n premium-een.

Kortliks kom dit daarop neer dat die basiese opsie jou sigbare "huisvesting" op ons werf gee, maar die onus lÍ steeds grootliks op jou om jou eie potjie te krap. As ons vir jou werk kry, moet jy ons darem ook 'n fooitjie betaal vir die moeite, maar verder kos dit jou niks.

Met die premium-opsie doen ons ook heelwat van ons kant af. Ons probeer jou help om jou inkomste te verhoog deur aan jou 'n eie lÍplekkie op ons werf te verskaf, saam met jou persoonlike kontakbesonderhede en 'n volledige professionele profiel. Nog iets wat ons doen is om jou waar moontlik via jou profielblad te bemark net waar ons kan, enige werk wat moontlik uitgedeel kan word aan premium-lede aan te bied en te help met administrasie en regskwessies en kontrakte of wat jy ookal benodig. O ja, en ons gee jou ook onbeperkte toegang tot ons premium-webblad.

Hoe klink dit vir jou?

Maar voordat jy armoede bepleit en besluit om summier die gratis opsie te omhels, kyk darem eers na ons vergelykende tabel hieronder. Dis net sodat jy seker is dat jy werklik die regte besluit neem. En onthou ook dat daar geen verpligting op jou rus nie. Jy kan enige tyd van opsie verander - vorentoe of agtertoe.

Basiese lidmaatskap

  • Lidmaatskap is GRATIS.

  • Enige werk wat deur middel van die blootstelling in SA Vryskutskrywer verkry word, is onderhewig aan 'n 15%-agentskapsfooi betaalbaar aan SA Vryskutskrywer wanneer 'n kliŽnt die finale betaling doen.

  • Enige werk wat deur SA Vryskutskrywer aan 'n basiese netwerklid verskaf word, geskied op 'n 40/60-basis waar die 40% aan die basiese lid betaalbaar sal wees.

  • Geen profielblad met persoonlike kontakbesonderhede nie.

  • Kontak met skrywers word slegs deur middel van SA Vryskutskrywer gedoen.

  • Aantal spesialiteitsvelde beperk tot slegs twee en geen CV word gelaai.

  • Geen gratis toegang tot premium-inhoud.

  • Geen gratis template of dokumente

  • Geen gratis blootstelling in die nuusbrief.

 

Premium-lidmaatskap

  • Lidmaatskap beloop slegs R 34,95 per maand.

  • Waar werk deur middel van die profielblad ingekry word, is geen agentskapsfooi is aan SA Vryskutskrywer betaalbaar nie.

  • Enige werk wat deur SA Vryskutskrywer aan 'n premium netwerklid verskaf word, geskied op 'n 60/40-basis waar die 60% aan die premium lid betaalbaar sal wees.

  • Skrywers ontvang elkeen 'n eie profielblad met persoonlike kontakbesonderhede.

  • Kontak met skrywers deur voornemende werkverskaffers word direk met skrywers gedoen en dus nie deur SA Vryskutskrywer gereŽl nie.

  • Onbeperkte aantal spesialiteitsvelde en 'n volledige CV kan vertoon word.

  • Gratis toegang tot premium-inhoud.

  • Gratis template en dokumente vir die bedryf van 'n vryskutbesigheid.

  • Gereelde blootstelling in die nuusbrief.

 

Waarom moet ek die betaalde opsie kies?

Jy het 'n beter kans om meer kliŽnte en werk te werf as 'n Premium-vryskutlid omdat jy 'n eie profielblad met jou persoonlike kontakbesonderhede kry. Jy bespaar ook heelwat geld omdat jy geen agentskapsfooie betaal nie en onbeperkte toegang tot ons premium-inhoud het. Verder kan jy jou spesialiteitsvelde byvoeg soos wat jy wil. Ons help jou ook om werk te kry omdat ons Premium-lede se profielblaaie oral bemark. En daar is altyd hulp naby met enige administratiewe sleurwerk.

 

Kan ek van plan verander?

Enige tyd. Jy kan jou plan van die Basiese opsie na Premium verander. Alternatiewelik kan jy jou Premium-opsie na 'n Basiese een verlaag en steeds vir die duur van jou Premium-intekening al die voordele geniet voordat die Basiese plan intree. En al die tyd behou jy steeds jou aanlyn-teenwoordigheid.

 

Kan ek my lidmaatskap kanselleer?

Ja. Jy kan enige tyd jou lidmaatskap kanselleer sonder enige bykomende onkostes.

 

 

Algemene netwerkreŽls

 

Wie kan by SA Vryskutskrywer se Vryskutnetwerk baat vind?

Professionele vryskutskrywers in enige genre, waaronder joernaliste, kreatiewe skrywers, webskrywers, niefiksieskrywers, digters, draaiboekskrywers, spookskrywers, kopieskrywers, toespraakskrywers, ens.

Vertalers

Redakteurs

Redigeerders

Proeflesers

Korporatiewe skrywers

Fotojoernaliste

 

 

Kies die opsie waarby jy wil aansluit:

 

BASIESE lidmaatskap

 

PREMIUM lidmaatskap

Lidmaatskap is GRATIS

Lidmaatskap kos R34,95 per maand

Agentskapsfooi van 15% gehef

Geen agentskapsfooi gehef

50/50-betalingskaal op SAV-werk

20%-heffing op SAV-werk

Geen profielblad

Eie profielblad en kontakbesonderhede

Kontak slegs d.m.v. SA Vryskutskrywer

Persoonlike kontak met kliŽnte

Spesialiteitsvelde beperk tot TWEE

Onbeperkte aantal spesialiteitsvelde

Geen CV

CV kan vertoon word

Geen toegang tot premium-inhoud

Toegang tot ALLE premium-inhoud

Geen gratis template of dokumente

Gratis template en dokumente

Geen blootstelling in nuusbrief

Gereelde blootstelling in nuusbrief

TEKEN NOU IN

TEKEN NOU IN

                           

 

 

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster