Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka

 

Markinligting

 

Géén vryskutskrywer kan genoeg inligting rondom skryfmarkte bekom nie. Daarvoor is ons bedryf net té wisselvallig omdat redakteurs en publikasies kom en gaan. Hierdie gedeelte van SA Vryskutskrywer poog om jou ingelig te hou van die verskillende markte beskikbaar. Kom maak dus gereeld 'n draai om jou van enige nuwe verwikkelinge te vergewis.

 


 

Nuwe titels

 

Bella, 'n nuwe  glanstydskrif vir die Afrikaanse vrouemark, se heel eerste uitgawe sal op 19 Augustus 2013 op die rakke wees. Die tydskrif word deur Ingosol Media uitgegee en teiken Afrikaanse vroulike lesers tussen die ouderdomme van 20 en 35. Die redakteur is Magdie Raats. Die eerste uitgawe sal 'n allemintige 120 bladsye dik wees met inligting wat van toepassing is op  jong mense wat op die drempel 'n lewe vol eerstes staan.

 

Tydskrifte gesluit

 

 

Markte vir digters

 

Chinese koerant verskyn nou in SA

Suid-Afrika kry binnekort sy eie weeklikse weergawe van China Daily, die grootste Engelstalige dagblad in China. Lees meer ...

 

GIBS stel nuwe kwartaallikse tydskrif bekend

30 Mei 2012

acumen, die nuwe kwartaallikse tydskrif van die Gordon Institute of Business Science (GIBS) is op 29 Mei 2012 bekendgestel. Die tydskrif sal vanaf Augustus 2012 by Exclusive Books en GIBS beskikbaar wees.

 

 

Beeld los titels vir informeler styl

Beeld het afgestap van die gebruik van titels soos mnr. en mev. en me. in die koerant.

Dis deel van 'n groter poging in Media 24 om die skryfstyl informeler te maak.

Jonger mense word ook sedertden meer dikwels ophul vorname eerder as vanne genoem. Waar die gebruik van 'n titel verwarring kan opklaar of waar dit kan help om iemand se beroep aan te dui, soos regter of ds., word dit steeds gebruik.

 

 

Channel O stel tydskrif vir albei geslagte bekend

Channel O, leier op die gebied van musiek-TV, het pas ’n nuwe tydskrif bekend gestel as handelsnaamverlenging van die kanaal. Lees verder ...

 

 

 

 

 

Vertel 'n vriend hiervan:

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster