Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka

 

Boekrak

 

Hierdie gedeelte is spesiaal vir Afrikaanse boekwurms met vars nuus oor skrywers, digters en boeke.


Nuwe Afrikaanse Wetenskapsfiksie- en fantasieboeke op die rak

EEN BILJOEN JAAR N.C. Charles F. Stofberg

Thompson Boekdrukkery, 2012

http://afrifiksie.com/wp-content/uploads/2012/11/Een-Biljoen-Jaar-n.C-Voorblad-192x300.jpgIn Afrika gee Tabi skool waar sy van muurkaarte gebruik maak. Die wreld is tans n ander plek. n Gemuteerde virus is besig om die ganse mensdom uit te wis. Dog die mens het daarin geslaag om n ruimteskip na die naaste exso-planeet te stuur. n Modderstorting begrawe die skool en versel dit vir ewig.

Die mens het na 1 biljoen jaar weer op aarde verskyn dis nog n primitiewe samelewing. Die Slenkdal in Afrika het losgeskeur en n aparte kontinent, Azila gevorm. Groot oerdiere wandel rond. Maar die mensdom is n twee groepe verdeel:- mans en vrouens wat geheel en al apart leef. Daar is wel Afwykendes wat in die verre noorde woon.

Roe is n slaaf in die huishouding van n magsugte man wat die keiser in n staatsgreep omver wil gooi. Maar daarvoor het hy geld nodig en toe hy hoor van goud wat ontdek is, stuur hy vir Ab om te gaan ondersoek instel. Di vind eienaardige klippe die gelamineerde muurkaarte uit Tabi se klaskamer wat versteen het. Roe moet help om dit te ontsyfer. Na n moord vlug hy en by n waterpoel ontmoet hy n vrou. Hulle ontsyfer die skrif en maak die grootste ontdekking ooit.

Een Biljoen Jaar n.C is beskikbaar by: www.amazon.com (sagteband)

Een Biljoen Jaar n.C is ook beskikbaar wees by: www.smashwords.com (eBoek))


TWWF Gerhardus V.D.M. & Beatrix M. Thompson

Thompson Boekdrukkery, 2012

http://afrifiksie.com/wp-content/uploads/2012/10/TWWF-Voorblad-193x300.jpgThompson Woordeboek vir Wetenskapfiksie bied n skouspelagtige toer van die taal wat geskep is deur die wetenskapfiksie en sy aanhangers.

Met meer as 3 000 woorde en 6 000 aanhalings is TWWF n gids tot die betekenis en die geskiedenis van wetenskapfiksie-woorde wat dt n moet maak vir elke wetenskapfiksie-aanhanger om dit in hul boekrak te h.

aarde \ˈɑːrdə\ s.nw. (-s) Die derde planeet van die son af, sowat 149,6106 km. Dit is die vyfde grootste planeet in die Sonnestelsel en die grootste van die vier aardse planete in die Sonnestelsel, in beide fisiese grootte en massa en besit slegs een natuurlike satelliet: die maan.

TWWF is beskikbaar by: www.amazon.com (Sagteband)


LOELOERAAI C.J. Langenhoven

Thompson Boekdrukkery, 2012

http://afrifiksie.com/wp-content/uploads/2012/10/Loeloeraai-Voorblad-193x300.jpg

Dis die jaar 1923, Vroutjie en Kerneels sit onder n ou peperboom en bekyk die sterrehemel en wonder of daar nie dalk lewe op ander planete is nie. Dan skielik uit die niet daal daar n ruimteskip, in die vorm van n goue eier, op hulle huis in Oudshoorn af en land sag voor hulle op die grond neer. Vol bewondering en agterdog stel Kerneels, met sy getroue mouser, en Oom Stoffel met sy samesweringsteori, ondersoek in en na n deeglike ondersoek is hulle verras om te verneem dat daar wel n lewende wese in die vaartuig is. Loeloeraai maak sy verskyning, en begroet die vriendelike Aardbewoners in n vreemde, onbekende taal. Met die hulp van Engela leer Loeloeraai vinnig Afrikaans praat en gou leer hy van die Afrikaner se besonderse aard en geskiedenis. Met al die opwinding van die nuwe besoeker van Venus stel die regering van die dag hom ten doel om van die besonderse vernietigende tegnologie wat Loeloeraai saamgebring het, te bekom sonder sukses. Om nie sake vir Kerneels, Oom Stoffel, Lenie en Engela te bemoeilik nie, besluit Loeloeraai om maar die Aarde te verlaat, maar nie voordat hy sy nuwe Aardsevriende, met die toejuiging van alle wreldvolke, vir n uitstappie maan toe te neem nie. Loeloeraai is Afrikaans se eerste wetenskapfiksieboek, en noudat ons met die maanlanding van 1969 weet dat daar nie water, plante of dierelewe op die maan is nie, bly Loeloeraai nog steeds vandag n plesier om te lees.

LOELOERAAI is beskikbaar by: www.amazon.com (Sagteband)


ARWANTI 2953 Eben van Renen

THOMPSON boekdrukkery, 2011

http://afrifiksie.com/../wp-content/uploads/2012/02/Arwantie-2953-Voorblad-197x300.jpgDit is die jaar 2953 AD Die mensdom is verspreid oor meer as n duisend planete in die bekende ruim. Een nasie moes lank wag en ver soek om hulle eie tuiste te vind. Die Arwantyne probeer n bestaan maak op n planeet in die misterieuse onbekende ruimte. Kobus Steyn, rekruut in die Arwantynse ruimtekorps, se drome word verpletter wanneer die Tar hulle verskyning maak. Wanneer n intelligente organism, wat byna oor die hele planeet strek, hom aantas, ontaard Kobus se netjiese, gedetailleerde lewensplan in chaos. Kobus, en sy volksgenote, is gyselaars in hulle eie, verwronge wreld, en uitgelewer aan die wreedheid en oormag van hul vyande. Kobus self steier onder die druk van sy verlies en sy eie sin vir verantwoordelikheid. Een ding is egter helder en duidelik vir die hele nasie: as Arwantyne het hulle gekom om te bly! of het hulle?

ARWANTI 2953 is beskikbaar by: www.amazon.com (Sagteband)

ARWANTI 2953 is ook beskikbaar by: www.smashwords.com (eBoek)

 

     

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster