Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka

 

Boekrak

 

 

Hierdie gedeelte is spesiaal vir Afrikaanse boekwurms met vars nuus oor skrywers, digters en boeke.

 

 

Herna de Villiers oorlede op 94

25 Jun 2012

Willem de Vries

KAAPSTAD. Die Afrikaanse liefdesverhaalskrywer Herna de Villiers is Donderdag in die ouderdom van 94 jaar oorlede.

Sy het op n plaas op Roossenekal, Mpumalanga, by een van haar seuns, Paul, en sy gesin gewoon. Haar seun Karl het ges sy ma se boeke het reeds talle herdrukke beleef, ook in grootdrukformaat. Sy het in die 1940s begin skryf. En vir haar tyd was sy progressief wat betref politiek, ideologie en godsdiens. Sy was oopkop en n groot musiekliefhebber. Een van haar kleinkinders is die sopraan Linda van Coppenhagen.

Van De Villiers het talle tydskrifverhale verskyn, onder meer in Sarie, en later meer as 30 romans. Sy het ook n radiodrama, Die Voorbladnooi, geskryf. Dit was die naaswenner in die SAUK-radiodramakompetisie in 1969 en is later vir die verhoog verwerk. Onder haar romans tel Wie is Elmarie Bessemer?, Blom van My Hart en Vir Altyd Joune. Sy het as romanskrywer in 1970 met Duet in Twee Sleutels gedebuteer.

Sy is in Pretoria gebore en het daar en in Kaapstad, Kimberley en op Boshof skoolgegaan, waarna sy in Pretoria vir onderwyseres gestudeer het. N haar troue het sy in Kaapstad gewoon, waar vier kinders gebore is. Sy was lief vir swem en het WP-kleure daarvoor verwerf. Haar man is in dieselfde jaar oorlede waarin haar jongste kinders, n tweeling, gebore en haar pa ook dood is. N haar man se dood het sy begin skryf.

As alleenouer het sy vier kinders grootgemaak en n Unisa-graad voltooi. Sy het op Olifantsfontein en in Kempton Park skoolgehou. Nadat sy uit die onderwys getree het, was sy die redakteur van die SAUK se indertydse radioprogramgids SAUK-bulletin. Haar seun Jan is in 1970, n haar aftrede, in n motorbotsing oorlede. Sedert haar aftrede uit die onderwys het sy ook subredakteurs- en vertaalwerk gedoen.

Haar laaste roman, Elsie se Vuurproef, is in 2003 uitgereik. Sy word ook oorleef deur n dogter, Ingrid, asook sewe kleinkinders en twee agterkleinkinders.

- Bron: Boekenbrug

 

   Na Boekrak 2

    

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster