Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Jy lees elke dag koerant, maar raak vreeslik verergerlik as jy sien hoeveel tik-, spel- en stylfoute daar in 'n enkele berig is. Soveel so dat jy elke berig met jou rooi potlood stormloop en die talle foute omkring - net sodat jý kan beter voel.
Met jou liefde en aanvoeling vir taal en styl wéét jy dat 'n berig foutloos sou wees as jý dit onder hande kon neem. Jy en jou rooi potlood of pen maak 'n gedugte span en familie en vriende kontak jou altyd eerste wanneer hulle 'n geskrewe stuk wil laat nagaan vir tik- of spelfoute. Jy't dus sommer klaar 'n reputasie vir proeflees-perfeksionisme.
Bedrewe proeflesers word byna daagliks deur mediagroepe, koerante, uitgewers, tydskrifte en privaat instansies gesoek om seker te maak hul geskrifte is sonder druk- of tikfoute voordat dit aan die volgende publikasiestap onderwerp word.
Klink dit soos die vryskutloopbaan vir jou? Dan moet jy sonder versuim vir ons kursus inskryf waar ons jou soveel moontlik kennis omtrent proeflees laat opdoen - met oorgenoeg praktiese ondervinding om jou te wys, eerder as om net te vertel.
Maar onthou... proeflesers is die laaste skakel in die redigeringsproses wat beteken daar is nie ruimte vir foute nie. Die proefleser se bydrae is die laaste - dit moet PERFEK gedoen word. En om seker te maak ons stuur werklik gekwalifiseerde proeflesers in die bedryf, is hierdie kursus se slaagsyfer minstens 95%. Hou dus in gedagte dat jy vir elke werkstuk soveel moet behaal om die kursus te kan slaag. Dit word dus aanbeveel dat jy dalk eers die Teksredigeringkursus voltooi voordat jy die proefleeskursus aanpak.
-
Verskil tussen proeflees en redigering
-
Proefleessimbole en hoe om hulle toe te pas
-
Wat behels proeflees?
-
Waarvoor om te kyk wanneer jy proeflees
-
Konsekwente punktuasie
-
Styl - syfers, afkortings, werkwoorde, voornaamwoorde, ens.
-
Werk elektronies - Microsoft Word, internet, woordeboeke, sagteware
-
Grammatikale wenke
-
Onfeilbare bronne
-
Die beste proefleeswenke ooit
-
Waar en hoe om werk te kry
Volledige studiepakket
• Omvattende studienotas (120 bladsye)
• 6 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
• Aanlyneksamen om vaardighede in ‘n gekontroleerde opset te toets
• Hulpdokumente
• Kontrolelys
• 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus en mits 'n minimum van 95% verwerf word
• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
• Spesiale verslag: Hoe om jouself te bemark
• Produktiwiteitshulpmiddel: SAV Dagbeplanner
• Produktiwiteitshulpmiddel: SAV Tydbeplanner
• Kulblaaie (cheat sheets): Taalkwessies
• Inligtingsdokument: Gratis aanlynwoordeboeke
Toelatingsvereistes
-
Bogemiddelde taal- en skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Tyd benodig
Jy kan die kursus, wat oor 2 maande strek, algeheel teen jou eie pas aanpak, maar jy benodig minstens:
-
15 ure vir leeswerk, en
-
25 ure vir proeflees, wat basies op sowat 2 ure per week neerkom.
-
'n Ekstra maand is ook beskikbaar indien daar iets onverwags voorval. 'n Bykomende maand word ook outomaties bygevoeg indien jou kursus oor Desember strek.
-
Jy is natuurlik ook welkom om die kursus gouer te voltooi indien jy wil of kan.
Minstens 95%
Wil jy slegs aan 'n paar redigeringsaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.