Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

 

 
OCC Live Chat Support

 

Alles-in-EEN Joernalistieke Kursus  

Jou persoonlike opleier:

 

 

Leoni Benghiat

   

Wie vir dié kursus moet inskryf:

Dié 4-in-1 joernalistieke kursus is 'n beslissende joernalistieke skryfkursus wat nommerpas is vir diegene wat onmiddellik na suksesvolle afhandeling daarvan 'n loopbaan in joernalistiek wil volg - verkieslik vryskut.

Wat jy in hierdie kursus sal leer sal jou toerus vir die moeilike, maar lonende en bevredigende wêreld van vryskutjoernalistiek.

 Ons leer jou feitlik ALLES - 'n deeglike beginnerskursus in koerantjoernalistiek, gevolg deur 'n omvattende basiese kursus in tydskrifjoernalistiek, daarna 'n gevorderde tydskrifjoernalistieke kursus en afgerond met een van die spesialiteitskursusse hieronder gelys (met ander woorde: ons bied jou 4 kursusse in 1).

Kortliks kom dit daarop neer dat jy - met die kennis, oefening en vernuf wat jy deur dié kursus sal opdoen - in staat behoort te wees om ná voltooiing daarvan dadelik jou eie vryskutbesigheid te kan begin.

So, as jy droom van 'n besigheid waar jy jou eie baas kan wees en jou eie reëls kan maak en as jy op spertye floreer  ... skryf in! Maar wees gewaarsku: hierdie is 'n intensiewe adrenaliengedrewe kursus met kort spertye.

 

  • Duur: 10 maande

  • Modules: Minstens 30 lesse (afhangende van jou gekose spesialiskursus)

  • Kursusfooi: R6,995

    Afbetalingsopsies R3,500 x 2 R2,335 x 3 R700 x 10

 

  • Deel 1 - Koerantjoernalistiek:

  • Inleiding tot koerantjoernalistiek

  • Waar kan jy jou werk verkoop?

  • Hoeveel geld kan jy verdien?

  • Verstaan hoe die koeranthiërargie werk

  • Weet uit watter elemente 'n goeie nuusberig bestaan

  • Leer die funksies van die vier Ws en die omgekeerde piramide

  • Onderskei tussen berigte en artikels

  • Verstaan die regsreëls van die joernalistieke erekode

  • Leer die korrekte protokol rondom die dekking van hofstories en mediakonferensies

  • Weet hoe om fotografie as hulpmiddel tot jou stories in te span

  • Verdien geld as hulpkorrespondent en allemansjoernalis

  • Weet hoe om kontakte op te bou en te behou

  • Sirkulasie en leserstal

  • Harde nuus, gewone nuus, menslike stories, rubrieke

  • Onderafdelings van koerantwerk - resensies, voorskoue, ontledings, opiniestukke

  • Toekoms van massamedia

  • Werk daaraan om foutlose grammatika te gebruik

  • Koerantfotografie 101

 

  • Deel 2 - Tydskrifjoernalistiek:

  • Vind meer uit omtrent die tydskrifbedryf

  • Weet waar en hoe om trefferidees te vind

  • Onderskei tussen ‘n onderwerp en ‘n invalshoek

  • Vind uit hoe om die perfekte navraagbrief te skryf

  • Onderskei tussen spekulasiestories, navrae en formele opdragte

  • Vind meer uit rondom die opstelling en nakoming van kontrakte

  • Ken jou intellektuele regte

  • Beplan en werk die struktuur van jou artikel uit

  • Leer onderhoudvoeringstegnieke

  • Kry betroubare inligtingsbronne

  • Verstaan wat plagiaat is en hoe om dit te vermy

  • Leer hoe om ‘n onweerstaanbare inleiding tot ‘n artikel te skryf

  • Verstaan en identifiseer die hoofbestanddele wat ‘n artikel “lyf” gee

  • Gebruik die basiese storiestruktuur om jou artikel te beplan

  • Leer hoe om verskillende artikelformules te gebruik en wanneer

  • Identifiseer die faktore wat leesbaarheid beïnvloed

  • Vind uit hoe om kassies en inligtingsblokkies doeltreffend te gebruik

  • Leer waarom ‘n slot net so belangrik is as ‘n inleiding

  • Vind uit hoe om jou artikels in ‘n professionele wyse aan te bied

  • Oorwin terugslae en skrywersblok

  • Verstaan die grondtrekke van kopiereg en sindikasie

 

  • Deel 3 - Gevorderde Tydskrifjoernalistiek

  • Gevorderde skryfstyl

  • Werk volgens gegewe opdragte

  • Moets en moenies van die bedryf

  • Samevatting van bedryf

 

  • Deel 4 - Spesialiskursus: kies 'n bykomende kursus uit EEN van onderstaande:

  • Korporatiewe joernalistiek

  • Inspirasie-artikels

  • Sterprofiele

  • Humorartikels

  • Ware lewensdramas

  • Mediese joernalistiek

  • Feature-artikels

  • Nuusprofiele

  • Ondersoekende joernalistiek

  • Gevorderde tydskrifjoernalistiek

 

Volledige studiepakket:

  • Omvattende kursusnotas bestaande uit 4 volledige studiepakkette = ± 600 bladsye, afhangende van die spesialiteitskursus wat gekies word

  • 20 - 30 skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)         

  • 6 navraagbriewe

  • Minstens 6 vollengte persklaar artikels wat direk na afloop van die kursus aan publikasies van die student se keuse voorgelê word

  • 3 koerantberigte

  • 3 nuusfoto's

  • Moderering van jou artikels deur 'n onafhanklike skrywer

  • Gratis databasis: 101 Afrikaanse skryfmarkte

  • Gratis e-boek: Jou vryskutbesigheid

  • Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

 

Toelatingsvereistes:

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Redelik tot goeie digitale kamera (verkieslik nie 'n selfoonkamera)

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

Registreer vir kursus

Vertel 'n vriend hiervan:

  Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

Tuisblad                    Blitskursusse                    Terug

Sluit venster