Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Hierdie kursus is nommerpas vir
jou as jy ...
-
nie seker is in watter genre jy die lekkerste skryf of wíl skryf nie;
-
graag jou skryfvermoëns op verskeie terreine wil slyp;
-
reeds gedigte, stories, essays of artikels skryf, blog of 'n joernaal byhou;
-
sukkel om jou skryfpogings te voltooi;
-
'n gebrek aan selfvertroue ervaar wat jou verhinder om jou stories aan 'n uitgewer of publikasie te stuur;
-
oortuig is daarvan dat jy 'n skrywer is, maar die regte leiding benodig; of
-
sommer net vir die lekker jou kreatiewe sy wil koester, oefen of ontwikkel.
Die kursus is volgepak met lekkerte. Hoewel ons jou steeds die fynere kunsies in elke genre wys, lę die klem beslis daarop om jou skryfvermoë te slyp met BAIE praktiese skryfoefeninge. Hierdie is dus 'n kursus waarin jy van begin tot einde JOU stories sal skryf - met voldoende leiding van jou opleiers.
Kyk dus na onderstaande inligting en besluit waarvoor jy lus is of kans sien. Maar laat ons net aan die gang kom met jou skryfwerk!
Onthou ... die eerste hekkie is altyd die moeilikste om te oorkom, maar as jy eers daaroor is, is daar niks wat jou kan keer behalwe jyself nie. Voltooi hierdie kursus en die pad na jou skrywersloopbaan lę oop voor jou.
Module 1: Kreatiewe Nie-fiksie
Wat is kreatiewe nie-fiksie?
-
Tipes kreatiewe nie-fiksie
-
Waarmee en hoe begin jy?
-
Vind jou storie
-
'n Kragtige begin
-
Wys, moenie vertel nie
-
Karakters, woorde, aksies
-
Jou narratiewe boog
-
Drama, klimaks en afwenteling
-
Feite, navorsing, onderhoude
-
Etiek, redigering en herskrywery
-
Publikasiemoontlikhede en -wenke
Module 2: Essays
-
Inleiding tot die narratiewe essay
-
Waaroor wil jy skryf?
-
Die rol van 'n joernaal
-
Tegnieke om te gebruik wanneer jy skryf
-
Struktuur, lengte en formaat
-
Bronne, navorsing en redigering
-
Publikasiemoontlikhede en -wenke
Module 3: Blogs
-
Kies 'n onderwerp vir jou blog - waaroor wil jy skryf en waarom?
-
Hoe om vir die web te skryf
-
Struktuur van ‘n bloginskrywing - formaat en uitleg
-
Hoe word bronne aangewend en erken?
-
SEO is só belangrik
-
Webplagiaat
-
Maak geld met jou blog
-
Van blog na boek
Module 4: Kortverhale
-
Kenmerke en vereistes van 'n kortverhaal
-
Karakterisering en karaktersketse
-
Die funksie van die verteller
-
Perspektief, dialoog en beskrywing
-
Plot en intrige
-
Skryf jou verhaal
-
Redigering
-
Publikasiemoontlikhede en -wenke
Module 5: Poësie
-
Hoe om 'n gedig te ontleed
-
Woordgebruik
-
Poësietegnieke: metrum, alliterasie, herhaling, stemming, humor, satire, retoriek, refrein, simboliek, digterlike vryheid, jambe, beeldgebruik, ironie, argetipes, parodie, klank en betekenis
-
Waar en hoe vind jy inspirasie en idees?
-
Die poësiebedryf ontleed
-
Kopiereg
-
Publikasiemoontlikhede en -wenke
Volledige
studiepakket
-
Omvattende kursusnotas (300 bladsye)
-
5 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
1 kortverhaal, 1 gedig, 1 essay, 1 kreatiewe artikel, 1 blog + bloginskrywing
-
Manuskripbeoordeling van volledige kortverhaal, kreatiewe artikel, essay en gedig
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
• Stylgids:
Skryf korrekte Afrikaans met flair
• Marktedatabasisse vir kortverhale, artikels, essays en gedigte
• Spesiale verslag: Hoe om 'n gedig te ontleed
• Spesiale verslag: Hoe om 'n blog te begin
• Spesiale verslag: Hoe om jou kortverhaal gepubliseer te kry
• Spesiale verslag: Hoe om jou gedigte gepubliseer te kry
Toelatingsvereistes
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersięre kwalifikasie word benodig nie
Minstens 65%
Skryf NOU in en ontvang jou
kursusmateriaal direk na betaling
Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.