SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer

 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Hier's dit! Die poësiekursus waarvan jy jou hele lewe lank al droom... VOLLEDIGE POëSIE.

Alles, maar álles wat jou moontlik kan help om die beste gedigte ooit te skryf, word in hierdie kursus vervat. En die beste raad denkbaar om jou te help om gepubliseer te word, is ook tussen hierdie blaaie te kry.

Maar wag, jy wonder seker wat die kursus behels? Kyk bietjie wat jy kan verwag:

  • hoe om in bykans enige digvorm te kan skryf;

  • al die geheime van rym;

  • bekende en minder bekende poësietegnieke;

  • stap-vir-stap leiding om 'n sinvolle gedig te skryf;

  • publikasie van gedigte en bundels;

  • hoe om 'n gedig in 'n liedjie te omskep; en

  • hoe om emosionele poësie te skryf.

Wat hierbo genoem is, is net die ore van die seekoei van alles wat ons in hierdie omvattende kursus dek. Die kursus kan kortliks beskryf word as dié mees deeglike digkursus ooit, die kursus wat jou in staat sal stel om jou digkuns te ontgin, ontwikkel en tot ongekende hoogtes te voer. En 'n gepubliseerde digbundel met jóú naam op die rugkant, op jou boekrak tot gevolg te hê!

Ons leer jou álles... hoe om gedigte vir kompetisies te skryf, hoe en waar om jou inspirasie te vind, hoe om gedigte te ontleed en te verstaan, maklike maniere om gedigte te skep, en nog vele, vele meer.

Hoe klink dit? Sien jy kans? Skryf dan sommer vandag nog in en begin aan jou eie digbundel werk. Die sluimerende digter in jou verdien hierdie kans!

Duur: 8-10 maande 

Modules: 20 modules

Kursusfooi: R5,000

Afbetalingsopsies

R2,500 X 2

R1,667 X 3

R1,250 X 4

R1,000 X 5

R835 X 6

 

• 30+ verskillende rymskemas: rymverdoeseling, omarmde rym, gebroke rym, manlike rym, vroulike rym, paarrym, volrym, halfrym, ens

50+ Verskillende digvorme: ballade, kwatryn, vrye vers, haikoe, sonnet, rondeel, Franse ballade, moderne ballade, stanza, limeriek, epies, liries, didakties, romanties, ens

Poësietegnieke: metrum, alliterasie, herhaling, stemming, humor, satire, retoriek, refrein, simboliek, digterlike vryheid, jambe, beeldgebruik, ironie, argetipes, parodie, klank en betekenis, versboumiddele, herhaling, klank en musiek, ritme en metrum, gebeure, tyd, ruimte, perspektief, visuele poësie

Kopiereg, kompetisie- en publikasiemoontlikhede

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (250 bladsye)

  • 20 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • 'n Digbundel bestaande uit minstens 20 gedigte

  • Manuskripbeoordeling van 'n voltooide manuskrip*

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • Databasis: Poësiemarkte

  • Digterswoordeboek

Spesiale verslag: Hoe om 'n gedig te ontleed

Templaat: Digbundeltemplaat

Template: rymskemas en digvorme

• Spesiale verslag: Selfpublikasie 101

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

 

Minstens 65%

Voltooide digbundel

* Slegs 'n VOLTOOIDE manuskrip kom in aanmerking vir die manuskripbeoordelingsdiens.


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse