Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Ons Sakeskryfgeheimekursus is ontwerp vir enigeen wat op 'n gereelde basis dokumente vir die sakewêreld moet skryf of voorberei - maak nie saak of jy 'n ervare skrywer is of 'n nuweling nie.
Om sakedokumente te skryf verg 'n hele ander benadering as om fiksie of joernalistiek te skryf. Daar is 'n ander tipe beplanning en die taalgebruik verskil in sommige gevalle sommer baie. Waar anders kan jy 'n dokument in Afrikaans of Engels kry wat jy glad nie kan verstaan nie?
Ons help jou om jou skryfwerk te slyp en die regte formaat vir al jou dokumente aan te leer. Deel van die kursuspakket is juis om template te verskaf wat jou lewe aansienlik makliker - en jou werk minder en vinniger - sal maak. Hierdie kursus is dus vir enigiemand in die korporatiewe wêreld wie se skryfwerk 'n groot gedeelte van die dag uitmaak. Sekretaresses, klerke, bestuurders, grootbase ... almal kan baat vind by dié kursus.
-
Die sakebrief
-
Hoe om 'n suksesvolle sakeplan op te stel
-
Memo's
-
Die kuns van oorredende sakekommunikasie
-
E-poskommunikasie
-
Hoe om 'n goeie verkoopsbrief te skryf
-
Skryf van verslae
-
Proeflees- en redigering
-
Engels tweede taal
-
Tydbestuur in die sakewêreld
-
Skryfwenke
Volledige studiepakket
-
Omvattende kursusnotas (60 bladsye)
-
5 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
Skrifriglyne
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
• 'n Verskeidenheid template wat aangepas kan word
Toelatingsvereistes
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Minstens 65%
Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling
Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.