SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Dié 4-in-1 joernalistieke kursus is 'n beslissende joernalistieke skryfkursus wat nommerpas is vir diegene wat onmiddellik na suksesvolle afhandeling daarvan 'n loopbaan in joernalistiek wil volg - verkieslik vryskut.

Wat jy in hierdie kursus sal leer sal jou toerus vir die moeilike, maar lonende en bevredigende wêreld van vryskutjoernalistiek.

Ons leer jou feitlik ALLES - 'n deeglike kursus in koerantjoernalistiek, gevolg deur 'n algemene kursus in tydskrifjoernalistiek, daarna 'n gevorderde tydskrifjoernalistieke kursus en afgerond met een van die spesialiteitskursusse hieronder gelys (met ander woorde: ons bied jou 4 volledige kursusse in 1).

Kortliks kom dit daarop neer dat jy - met die kennis, oefening en vernuf wat jy deur dié kursus sal opdoen - in staat behoort te wees om ná voltooiing daarvan dadelik jou eie vryskutbesigheid te kan begin.

So, as jy droom van 'n besigheid waar jy jou eie baas kan wees en jou eie reëls kan maak en as jy op spertye floreer  ... skryf in! Maar wees gewaarsku: hierdie is 'n intensiewe adrenaliengedrewe kursus met kort spertye.

Duur: 8 maande 

Modules: minstens 30 modules*

Kursusfooi: R8,000

Afbetalingsopsies

R4,000

X 2

R2,666

X 3

R2,000

X 4

R1,600

X 5

R1,333

X 6

R1,143

X 7

* Afhangende van die spesialiskursus wat gekies word

 

Deel 1 - Koerantjoernalistiek:

 

  • Inleiding tot koerantjoernalistiek

  • Wat se toerusting het jy nodig?

  • Waar kan jy jou werk verkoop?

  • Hoeveel geld kan jy verdien?

  • Verstaan hoe die koeranthiërargie werk

  • Weet uit watter elemente 'n goeie nuusberig bestaan

  • Leer die funksies van die vier Ws en die omgekeerde piramide

  • Onderskei tussen berigte en artikels

  • Verstaan die regsreëls van die joernalistieke erekode

  • Leer die korrekte protokol rondom die dekking van hofstories

  • Verdien geld as hulpkorrespondent en allemansjoernalis

  • Weet hoe om kontakte op te bou en te behou

  • Sirkulasie en leserstal

  • Harde nuus, gewone nuus, menslike stories, rubrieke

  • Onderafdelings van koerantwerk - resensies, voorskoue, ontledings, opiniestukke

  • Toekoms van massamedia

  • Koerantfotografie 101

Deel 2 - Tydskrifjoernalistiek:

 

  • Leer hoe om tydskrifartikels volledig te ontleed

  • Vind meer uit omtrent die tydskrifbedryf

  • Weet waar en hoe om trefferidees te vind

  • Onderskei tussen ‘n onderwerp en ‘n invalshoek

  • Vind uit hoe om die perfekte navraagbrief te skryf

  • Onderskei tussen spekulasiestories, navrae en formele opdragte

  • Vind meer uit rondom die opstelling en nakoming van kontrakte

  • Ken jou intellektuele regte

  • Beplan en werk die struktuur van jou artikel uit

  • Leer onderhoudvoeringstegnieke

  • Kry betroubare inligtingsbronne

  • Verstaan wat plagiaat is en hoe om dit te vermy

  • Leer hoe om ‘n onweerstaanbare inleiding tot ‘n artikel te skryf

  • Verstaan en identifiseer die hoofbestanddele wat ‘n artikel “lyf” gee

  • Gebruik die basiese storiestruktuur om jou artikel te beplan

  • Leer hoe om verskillende artikelformules te gebruik en wanneer

  • Identifiseer die faktore wat leesbaarheid beïnvloed

  • Vind uit hoe om kassies en inligtingsblokkies doeltreffend te gebruik

  • Leer waarom ‘n slot net so belangrik is as ‘n inleiding

  • Vind uit hoe om jou artikels in ‘n professionele wyse aan te bied

  • Oorwin terugslae en skrywersblok

  • Verstaan die grondtrekke van kopiereg en sindikasie

Deel 3 - Gevorderde Tydskrifjoernalistiek:

 

  • Gevorderde skryfstyl

  • Vind en ontwikkel jou eie skryfstyl

  • Werk volgens gegewe opdragte

  • Moets en moenies van die bedryf

  • Samevatting van bedryf

Deel 4 - Spesialiteitskursus: kies 'n bykomende kursus uit EEN van onderstaande:

          Feature-artikels

          Korporatiewe joernalistiek

          Skryf blitsig ‘n Nuusprofiel

          Reisjoernalistiekblitskursus

          Resensies

               Boekresensies

               Fliekresensies

               Kosresensies

               Musiekresensies

          Skryf artikels vir die Web

          Rubrieke

 

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas bestaande uit 4 volledige studiepakkette = ± 600 bladsye, afhangende van die spesialiteitskursus wat gekies word

  • 20 - 30 skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)         

  • 6 navraagbriewe

  • Minstens 6 vollengte persklaar artikels wat direk na afloop van die kursus aan publikasies van die student se keuse voorgelê word

  • 3 Koerantberigte

  • 3 Nuusfoto's

  • + portefeulje
  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

Taalhandboek

Databasis: Joernalistieke skryfmarkte

E-boek: Jou vryskutbesigheid

Spesiale verslag: Hoe om jouself te bemark

Spesiale verslag: Hoe om 'n deurbraak in die vryskutmark te maak

Spesiale verslag: Vryskutfinansies V & A

Databasis: Navorsingsdatabasis

* Raadpleeg kursusbrosjure om volledige studiepakket te besigtig.

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Minstens 65% + 3 voltooide artikels

 


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar van jou artikelskryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse