Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

 

Omvattende Joernalistieke Skryfkursusse

SA Vryskutskrywer se Omvattende Joernalistieke Skryfkursusse is presies dít: omvattend. Dis hier waar jy joernalistieke skryfkursusse kry wat jou kan help om 'n deeglike kennis van joernalistiek op te bou om sodoende jou eie vryskutbesigheid op die been te bring.

Ons ervare kursusopleiers wys jou van die begin af hoe om jou joernalistieke idees te beplan en jou skryfwerk te hanteer sodat daardie bloedsweet wat jy nou beleef om jou skryfwerk persklaar te maak, 'n werklikheid - en plesier - kan word.

 

Alles-in-Een Joernalistieke Skryfkursus

Anders kan jy vir die mees volledige joernalistieke kursus op die mark inskryf om jou droom van voltyds vryskutskryf vlerke te gee. SA Vryskutskrywer se omvattende joernalistieke kursus sal jou toerus om tydskrifartikels en nuusberigte vinnig, maklik en sonder té veel stres gepubliseer te kry. Ons omvattende joernalistieke kursus is spesifiek ontwerp om jou ALLES oor vryskutjoernalistiek te leer wat jy gaan benodig om self die mark te betree - van die basiese begrippe van tydskrif- en koerantjoernalistiek tot die gevorderde aspekte en gespesialiseerde afdelings van jou keuse. Volledige inligting

 

Volledige Tydskrifjoernalistieke Skryfkursus

As jy voel jou nering lê by tydskrifte, kan jy met dié uitgebreide kursus jou artikelskryfvermoëns vervolmaak. Ons leer jou alles wat met tydskrifjoernalistiek te doen het - vanaf hoe en waar om 'n idee te kry, tot hoe om dit te skryf en te verkoop. Behalwe dat dié omvattende kursus geweldig interessant en leersaam is, sal dit jou ook op die pad kry om jou eie besigheid te begin. Volledige inligting

 

Volledige Fotojoernalistieke kursus

Fotojoernalistiek is een van joernalistiek se mees veelsydige genres. Aan die een kant is jy 'n skrywer terwyl jy terselfdertyd fotograaf ook is. Dit beteken dat jy nooit sonder werk hoef te sit nie omdat daar nooit - selfs in hierdie digitale eeu - 'n afname in die aanvraag na stories en foto's sal wees nie. Bemeester hierdie fotojoernalistieke kursus en jy het lewenslank werk. Volledige inligting

 

Omvattende Joernalistieke Skryfkursus

'n 3-in-1 joernalistieke kursus wat nommerpas is vir diegene wat onmiddellik na die suksesvolle afhandeling daarvan 'n loopbaan in joernalistiek wil volg - verkieslik vryskut. Wat jy in hierdie kursus sal leer sal jou toerus vir die moeilike, maar lonende wêreld van vryskutjoernalistiek. Volledige inligting

 

 

                                                         

 

Vertel 'n vriend hiervan:

  Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster