Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

 

Terapeutiese Humorartikels vir 'n stukkende wêreld

"Huil en jy huil alleen," lui die spreekwoord, "maar lag en die hele wêreld lag saam met jou."

Koerante is vol morbiede nuus. Televisienuus bevat dieselfde stories. Oral waar jy kyk loop mense met lang gesigte want hulle word oorval met slegte nuus. Jý kan egter 'n verskil maak.

Span jou humorsin in om mense te laat lag en hul dae op te vrolik met humorartikels. Laat jou humorartikels die negatiewe invloede van die moderne wêreld 'n bietjie neutraliseer. Met net jou pen en notaboek kan jy die wêreld help.

Duur: 10 weke

Modules: 1 module

Kursusfooi: R995

Afbetalingsopsies R498 x 2 R332 x 3

 

  • Waaroor om te skryf

  • Die waarheid werk beter

  • ‘n Paar elemente om in gedagte te hou

  • Teiken jou gehoor

  • Moet nie persoonlike ervarings geringskat nie

  • Teorie oor humor

  • "Punch line" en verrassingselement

  • Probleme en snaakse oplossings

  • Skryfstyl

  • Wenke

  • Navorsing

  • Clichés

  • Plagiaat

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (50 bladsye)

  • 2 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)         

  • 1 Vollengte persklaar humor-artikel

  • Moderering van artikel deur 'n eksterne eksaminator

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

Spesiale verslag: Hoe om jouself te bemark

Beknopte databasis van moontlike markte

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Joernalistieke ondervinding en/of voltooiing van Basiese Kursus in Joernalistiek

  • 'n Redelik tot goeie digitale kamera (verkieslik nie 'n selfoonkamera nie)

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Minstens 65%

 

                                  

 

Vertel 'n vriend hiervan:

  Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster