Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

 

Gespesialiseerde en Gevorderde Joernalistiek

Joernalistieke kursusse vir die kieskeurige skrywer. Met 'n basiese kennis van joernalistiek kan jy jou loopbaan en skryfliefde 'n stappie verder neem met een van ons gespesialiseerde kursusse. Omdat daar vanuit die staanspoor aangeneem word dat jy die basiese beginsels van joernalistiek reeds ken, fokus elkeen van di kursusse op die onderwerp waarin jy graag wil spesialiseer. Ons skrywers is almal kenners op hul onderskeie gebiede en deel al hul kennis met jou. Die kursusse is prakties, doelgerig en gewaarborg om jou alles te leer wat jy benodig om 'n deurbraak in 'n spesialismark te maak.

'n Vereiste om vir enigeen van di kursusse in te skryf, is dat jy alreeds oor 'n basiese kennis van joernalistiek moet beskik. Indien jy egter 'n algehele beginner is, stel ons voor dat jy eers die Basiese kursus in Joernalistiek voltooi en daarna vir die gespesialiseerde kursus van jou keuse inskryf.

 

Skryf Inspirasie-artikels wat saak maak

Inspirasieskrywers maak 'n verskil. Hulle skryf oor daardie hartsake wat jou 'n lekker warm gevoel om die hart gee en hoop vir soms hopelose situasies. Inspirasieskrywers is joernaliste teenoor wie ander mense hul harte oopmaak. Al wat jy nodig het is 'n simpatieke oor, 'n invalshoek en die vaardigheid om so 'n storie te skryf. Inspirasiestories is 'n wenresep vir bykans enige publikasie - van vrouetydskrifte tot dagblaaie. Dit is die soort stories wat mense laat praat, bemoedig en emosioneel opbou. 'n Goeie inspirasiestorie laat 'n tydskrif van die rakke vlieg. Daar is altyd 'n aanvraag vir inspirasiestories maar dan moet hierdie stories met die nodige sensitiwiteit en diskresie geskryf word. Dis makliker as wat jy dink en ons opleiers se jarelange ervaring sal jou vinnig laat publiseer. Volledige kursusbesonderhede

 

Ontdek die formule vir "Ware lewensdrama"-artikels

Jy skryf die storie agter die storie. Jy vertel vir jou lesers meer oor dit waaroor dit in die media gons en waaroor almal praat. Die lewe is vol dramas en Suid-Afrika is 'n joernalis se droom. Min stories gryp lesers so aan as 'n ware lewensdrama - doodeenvoudig omdat dit die waarheid is. Die gesegde dat feite vreemde as versinsel is, is die grondslag van ware lewensverhale. Dit is die stories waarvan jy op plakkate teen lamppale lees en wat jou naam as joernalis vestig. Om 'n lewensdrama te skryf is een van die opwindendste vorms van joernalistiek. Dit vorm as't ware deel van die geskiedenis. Maar daar is duidelike riglyne, etiese standaarde wat gevolg moet word en 'n gegewe skryfstyl wat tot 'n wenresep hiervoor sal bydra. Ons sal jou wys hoe. Volledige kursusbesonderhede

 

Terapeutiese Humorartikels vir 'n stukkende wreld

Humorartikels word deur talle skrywers as een van die moeilikste vorms van joernalistiek beskou. Maar as jy weet hoe om dit te skryf, is dit net so maklik om lesers te laat lag as wat dit is om hulle te laat dink (aktuele artikels) of om hulle te inspireer of 'n traantjie te laat wegpink (inspirasie artikels.) Humorstories bly gewild. Die wenner van 2009 se Caxton Skrywer van die Jaar was byvoorbeeld Vrouekeur se Sophia wat veral vir haar humoristiese rubrieke gewild is. Om humorstories te skryf is 'n vaardigheid wat aangeleer kan word. Ons sal jou wys hoe om met slim sinne en die regte tydsbereking en struktuur die humor in selfs die mees alledaagse situasies raak te sien en hoe om dit aan lesers oor te dra. Dis makliker as wat jy dink en dis uiters bevredigend om lesers in ons misdaadgeteisterde land nog te laat lag - al is dit met 'n tikkie galgehumor. Volledige kursusbesonderhede

 

Gevorderde kursus in Tydskrifjoernalistiek

Nadat jy die basiese kursus in tydskrifjoernalistiek voltooi het, is die kans goed dat jy dalk s begeesterd is dat jy reken jy wil 'n opvolgkursus doen - net om seker te maak jy slaan die artikelredakteurs by al die tydskrifte se voete skoon onder hulle uit. Ons gevorderde kursus in tydskrifjoernalistiek neem dt wat jy in die basiese kursus geneem het net so 'n stappie verder - en sorg dat jy reeds 'n portfolio het wanneer jy begin om jou artikels op jou eis te smous. Volledige kursusbesonderhede

 

Ontdek die lonende bedryf van Korporatiewe Joernalistiek

Korporatiewe joernalistiek kan beskryf word as enige soort skryfwerk wat nie fiksie of posie is nie en wat ook nie die bre algemene publiek se belangstelling sal lok nie. Korporatiewe joernalistiek is dus die ingeligte samestelling van spesialisartikels met behulp van navorsing en medewerking van vakkundiges oor gegewe onderwerpe. as jy die tipe skrywer is wat nie bang is om n berg navorsing vir n enkele artikel te doen nie, hierdie die kursus vir jou is. Volledige kursusbesonderhede

 

Skryf blitsig 'n Nuusprofiel

Die wreld kn nie sonder nuusmakers bestaan nie. Hulle is immers die mense wat aan ons lewe n wreld gestalte gee. Toegegee, sommige nuusmakers ontvang weliswaar baie negatiewe aandag, maar die meerderheid nuusmakers is positiewe rolmodelle vir Jan en Alleman met 'n unieke storie wat vertel mt word. As jy dus die tipe leser is wat heel eerste deur tydskrifte en koerante na die profielartikels blaai voordat jy enigiets anders in die publikasie bekyk, is jy 'n goeie kandidaat vir hierdie kursus. En wie weet ... miskien ly een van jou nuusartikels tot 'n volwaardige biografie. Volledige besonderhede

 

Hoe om 'n Feature te skryf

Is jy die tipe persoon wat mr as die daaglikse nuusdosis in die koerante moet weet? Het jy altyd 'n honderd vrae nadat jy 'n nuusberig gelees het? Of kan jy oombliklik insien dat daar 'n "storie agter die storie" moet en kan wees? Volledige kursusbesonderhede

 

Ondersoekende joernalistiek vir beginners

Ondersoekende joernalistiek is baie soos om die nuus onder 'n vergrootglas te bekyk - jy soek na enige leidraad wat die gewone nuusstorieskrywer dalk misgekyk het, of ontwikkel 'n idee wat uit 'n nuusstorie voortspruit tot 'n volwaardige nuusartikel. Volledige kursusbesonderhede

 

                                                         

 

Vertel 'n vriend hiervan:

  Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster