SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Skryf 'n Kinderboek

 

Onthou jy hoe heerlik dit as kind was om met jou gunsteling boek op jou bed op te krul en jouself algeheel in die storie te verloor? Om die hele węreld se sorge buite jou kamerdeur agter te laat terwyl jy bladsy na bladsy weggevoer word op ‘n verbeeldingsvlug?

 

Wel, deur middel van ons kinderboekskryfkursus kan jy daardie heerlike, sorgvrye dae nou weer herleef! Ja, regtig! Ons skryf nie net stories vir kinders om hulle die lesse te help leer wat ons geleer het, of om vir hulle bronne van vreugde en inspirasie te skep nie. Nee, ons skryf ook stories om weer vir ‘n rukkie daardie sluimerende kind wat in die matriekjaar agtergelaat is, te herontdek en te geniet.

 

Ons help jou stap-vir-stap met die skryf van jou kinderboek – van waar en hoe om ‘n idee te kry en te ontgin, totdat jy ‘n voltooide boekmanuskrip in die kinderboekgenre van jou keuse in jou hande kan vashou wat gereed is om aan ‘n uitgewer voorgelę te word.

 

Hierdie kursus is dus ideaal vir jou indien jy daarvan hou om stories te vertel, en baie stories hét om te vertel!

 

So waarvoor wag jy? Skryf sommer vandag nog in!

 

Duur: 5 10 maande 

Modules: 10 modules

Kursusfooi: R5,000

Afbetalingsopsies

 

R2,500

 x 2

R1,666

x 3

R1,250

x 4

R1,000

x 5

 

• Die leeswęreld van die kind

• Hoe skryf jy vir kinders en wat wil jy sę?

• Ontgin jou kreatiwiteit

• Verskillende genres: prenteboeke, grilstories, jeugboeke, fantasie, humor, spookstories, reeksboeke, nie-fiksie, poësie

• Belangrikste elemente van ‘n kinderboek

• Skep onvergeetlike 3D-karakters

• Storielyne en hoe om hulle te ontwikkel

• Gebruik van humor, morele waardes, opvoedkundigheid

• Vertellers, perspektief, funksie van verteller

• Dialoog en beskrywing

• Spanning, aksie en klimaks

• Illustrasies

Bronne, plagiaat

• Redigering van jou manuskrip

• Publikasiemoontlikhede, -riglyne, –wenke

• Skryfwenke

 

 

Volledige studiepakket

    • Omvattende kursusnotas (200 bladsye)

    • 10 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

    • Hulpdokumente en riglyne om storielyne uit te werk

    • 1 Volledige, persklaar boekmanuskrip in die genre van jou keuse wat na afloop van die kursus aan ‘n uitgewer voorgelę kan word

    • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

    • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair               

    • Marktedatabasis

    • Spesiale verslag: Hoe om jouself as skrywer te bemark

    • Spesiale verslag: Selfpublikasie 101

    • Spesiale verslag: Beginnerspakket vir kinder- en jeugboekskrywers

 

Toelatingsvereistes

  • Basiese skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersięre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Minstens 65%

 

Sien jy nie nou kans om 'n volledige boek te skryf nie? Wat dan van 'n blitskursus om jou solank aan die gang te kry en jou selfvertroue mee op te bou? Ons het 'n hele paar beskikbaar wat gewaarborg is om jou droom om 'n kinderboek te skryf, 'n stewige hupstoot te gee. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, maak jou keuse en kom aan die gang!

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:               Kontak Ons 


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse