Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

                              

Verewig jou Familiegeskiedenis in 'n japtrap

Stel jy belang om te weet hoe ver en diep jou familiewortels lê?

Hou jy daarvan om navorsing te doen oor dinge wat jou na aan die hart lê?

Is julle baie familievas en -trots en wil graag 'n boek uitgee oor julle familie se herkoms?

Wil jy 'n familiegeskiedenis vir jou nageslag saamstel?

Of wil jy sommer net uitvind waar presies jy en jou familie oorspronklik vandaan gekom het?

Hierdie kursus sal jou help om jou voorsate op te spoor - en in die proses sal jy baie meer oor jou eie lewensgeskiedenis kan vasstel terwyl jy jou skryfvaardighede slyp.

Duur: 10 weke

Modules: 1 module

Kursusfooi: R1,200

Afbetalingsopsies R600 x 2

 

  • Waar en hoe begin jy na jou wortels soek?

  • Span die internet in

  • Roep die hulp van verenigings in

  • Volg die papierroete

  • Steek kers op in die argiewe

  • Ander instellings wat hulp kan verleen

  • Hoe stel jy die inligting saam?

  • Hoe gaan jy te werk as jy wil publiseer?

  • Benodig jy 'n agent?

 

Volledige studiepakket

  • 'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (20 bladsye)

  • 1 deurlopende praktiese skryfoefening (wat deur jou opleier nagesien word)         

  • 1 vollengte persklaar familiegeskiedenisstuk wat direk na afloop van die kursus aan ‘n publikasie van die student se keuse voorgelê kan word

  • Navorsingsdatabasis en -tegnieke

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • Lys van moontlike uitgewers

Spesiale verslag: Hoe om navorsing te doen

 

Toelatingsvereistes

  • Basiese skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Minstens 65%                                

Vertel 'n vriend hiervan:


 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse