Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Algemene Skryfkursusse

Skryf hoef nie altyd werk te wees nie. En jy hoef nie altyd geld daarmee te verdien nie. Soms is dit lekker - en baie nodig - om sommer net te gaan sit en skryf omdat jy daarvan hou en omdat jy lus is om 'n projek aan te pak wat jou heel moontlik nie eens geld in die sak gaan bring nie. Die bevrediging wat só 'n projek inhou kan buitendien nie in geldwaarde gemeet word nie. Dink net hoe beïndruk jou familie, vriende, kinders en kleinkinders gaan wees as jy een van ons projekte aanpak - en voltooi. Sodoende laat jy 'n baie ryk nalatenskap aan jou mense oor waarop daar nooit 'n prys kan wees nie.


Verewig jou familiegeskiedenis

Daar is tans ‘n groot herlewing op die gebied van genealogiese (familiegeskiedenis) navorsing. Meer mense as ooit voorheen vra wie hul ouers en voorouers was en maak werk daarvan om te probeer uitvind. Dis nogal nie verbasend nie omdat die “global village”-konsep nou eenmaal probeer om ‘n homogene groep tot stand te bring waarin ons almal min of meer dieselfde norme behoort te hê en dieselfde behoort te dink - en dalk almal familie kan wees. Volledige besonderhede

 

Skryf 'n Biografie

Jy lees selde, indien ooit, fiksie. Jou leesbehoeftes word slegs gestil deur niefiksie, maar veral biografieë van bekende mense. Terwyl jy 'n biografie lees kan jy nie help om te wonder hoe so 'n boek geskryf word nie. Hoeveel navorsing verg dit? Hoeveel onderhoude het die skrywer gevoer? Hoe het hy sy onderwerp benader en toestemming gekry om die persoon se lewensverhaal te skryf? Volledige kursusbesonderhede


Vertel 'n vriend hiervan:


 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster