Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Teksredigering

Het jy aanleg vir taal en hou jy daarvan om te lees? Geniet jy die vryheid, diversiteit en uitdagings wat 'n vryskutloopbaan bied? Dan is 'n loopbaan in proeflees en/of redigering net die keuse vir jou. Daar is altyd 'n groot aanvraag na mense wat vryskut-proeflees- en/of redigeringsdienste aanbied.

As 'n vryskut-proefleser en/of -redigeerder sal jy jou dienste - teen betaling, natuurlik - vanuit die gerief van jou tuiskantoor kan aanbied. Dit beteken dat jy, as jou eie baas, oor die tipe werk wat jy aanneem, kan besluit. En die keuse is WYD! Goeie proeflesers en redigeerders word daagliks gesoek om e-boeke, artikels, internet-artikels, webblaaie, nuusbriewe, korporatiewe dokumente, hofdokumente, manuskripte, doktorale tesisse of bykans enige dokument wat taalkundig versorg moet word, onder hande te neem en reg te skaaf sodat dit algeheel persklaar is.

Klink dit soos die vryskutloopbaan vir jou? Dan moet jy sonder versuim vir ons kursus inskryf waar ons jou soveel moontlik kennis omtrent proeflees en redigering laat opdoen - met oorgenoeg praktiese ondervinding om jou te wys, eerder as om net te vertel.

Duur: 5 maande

Modules: 8 modules

Kursusfooi: R3,195

Afbetalingsopsies R1,600 x 2 R1,070 x 3 R800 x 4

 

    • Verskil tussen proeflees en redigering

    • Proefleessimbole en hoe om hulle toe te pas

    • Konsekwente punktuasie

    • Maak seker van die Afrikaans wat jy gebruik

    • Styl - syfers, afkortings, werkwoorde, voornaamwoorde, ens.

    • Grammatikale wenke

    • Werk elektronies - woordverwerker, internet, woordeboeke, sagteware

    • Onfeilbare bronne

    • Maniere om spelling te verbeter

    • Die beste proefleeswenke ooit

    • Pas jou kennis op verskillende genres toe

    • Waar en hoe om werk te kry

    • Teoretiese teksredigering

    • Inligting rondom lidmaatskap van taalverenigings en -organisasies

    • Werk vryskut 

     

 

Volledige studiepakket

Omvattende kursusnotas (150 bladsye)

    • 8 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

    • Aanlyneksamen om vaardighede in ‘n gekontroleerde opset te toets

    • Hulpdokumente

    • Gereedheidstoets

    • Kontrolelys

    • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

• E-boek: Jou vryskutbesigheid

• E-boek: SAV Taalhandboek

• Spesiale verslag: Hoe om jouself te bemark

Databasis: Volledige lys van 60+ Afrikaanse uitgewers

 

Toelatingsvereistes

  • Uitstekende skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Minstens 75%

 

                                  


Vertel 'n vriend hiervan:


 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse