Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

       Proefleeskursus

Jy lees elke dag koerant, maar raak vreeslik verergerlik as jy sien hoeveel tik-, spel- en stylfoute daar in 'n enkele berig is. Soveel so dat jy elke berig met jou rooi potlood stormloop en die talle foute omkring - net sodat j kan beter voel.

Met jou liefde en aanvoeling vir taal en styl wt jy dat 'n berig foutloos sou wees as j dit onder hande kon neem. Jy en jou rooi potlood maak 'n gedugte span en familie en vriende kontak jou altyd eerste wanneer hulle 'n geskrewe stuk wil laat nagaan vir tik- of spelfoute. Jy't dus sommer klaar 'n reputasie vir proeflees-perfeksionisme.

Bedrewe proeflesers word byna daagliks deur mediagroepe, koerante, uitgewers, tydskrifte en privaat instansies gesoek om seker te maak hul geskrifte is sonder druk- of tikfoute voordat dit aan die volgende publikasiestap onderwerp word.

Klink dit soos die vryskutloopbaan vir jou? Dan moet jy sonder versuim vir ons kursus inskryf waar ons jou soveel moontlik kennis omtrent proeflees laat opdoen - met oorgenoeg praktiese ondervinding om jou te wys, eerder as om net te vertel.

Duur: 8 weke

Modules: 2 lesse

Kursusfooi: R995

Afbetalingsopsies R498 x 2 R332 x 3

 

  • Verskil tussen proeflees en redigering

  • Proefleessimbole en hoe om hulle toe te pas

  • Wat behels proeflees?

  • Waarvoor om te kyk wanneer jy proeflees

  • Konsekwente punktuasie

  • Styl - syfers, afkortings, werkwoorde, voornaamwoorde, ens.

  • Werk elektronies - Microsoft Word, internet, woordeboeke, sagteware

  • Grammatikale wenke

  • Onfeilbare bronne

  • Die beste proefleeswenke ooit

  • Waar en hoe om werk te kry

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (50 bladsye)

  • 4 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • Kontrolelys

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

Spesiale verslag: Hoe om jouself te bemark

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryf- en taalvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersire kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Minstens 75%

 

                                  

 


 

Vertel 'n vriend hiervan:


 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse