Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

 

Dienste: Versoeke

Het jy dringend 'n spesifieke gevallestudie nodig om jou artikel net daardie tikkie ekstra drama of geloofwaardigheid te gee?

Soek jy statistiek oor 'n spesifieke onderwerp of plek?

Moet jy kontak met 'n bekende maak, maar kom nie verby sy woordvoerder of bestuurder nie?

Sukkel jy met 'n storie wat net nie wil werk nie en jou idees is op?

Het jy enige skryfraad nodig?

 

Hier is die hulpkrete ...

 

"Ek dink ek het 'n wonderlike idee vir 'n boek. Nou wil ek eers weet hoe en wanneer moet ek 'n uitgewer kontak? Moet ek eers die hele boek klaarskryf of kan ek net met 'n idee smous - soos met artikels?" (01/12/2009)

 

Rene vra:  Het iemand dalk enige idees van mense wat besondere genade aan ander betoon het met wie ek kan kontak maak? Antwoord Rene direk by renebhst@gmail.com (27/09/2010)

 

Charlotte van Sittert skryf: Ek stel belang om vertaalwerk te begin doen en sal graag wil hoor hoe om te werk te gaan. (21/06/2010)

 

Antjie Potgieter: "Leef Credo Muthwa nog? Indien wel, waar kan ek hom in die hande kry?" (01/12/2009)

        

Pieter wil weet: "Ek is 'n vryskutjoernalis wat in toerisme wil spesialiseer. Hoe en waar begin ek daarmee? Ek het reeds genoeg kontakte wat toerisme betref, maar ek is nie seker hoe ek kan begin om net daarin te spesialiseer nie. Enige raad?" (09/11/2009)

       

Susan is op soek na Steve Hofmeyr se kontakbesonderhede vir 'n profielartikel wat sy met hom wil doen. (09/11/2009)

       

Helene wil haar eie tydskrif begin en wil weet hoe, waar en waarmee sy moet wegspring.(09/11/2009)

 

 

 

  • Benodig jy enige hulp? Kontak ons om jou versoek in te stuur en ons plaas dit gratis hier.

  • Kan jy dalk iemand help? Kontak ons om jou antwoord in te stuur en ons sal dit aanstuur. 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster