Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

 

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliŽnte se kommentaar afstaan ...

 

 

Toesprake

 

Tilla du Preez: Ons het gisteraand die redenaarsaand by ons skool gehad en Till-Mari het saam met 'n ander meisie eerste gekom, so hulle deel die redenaarsbeker vir 2012. Ons is baie trots op Till-Mari. Ons het 'n keuse gehad van die toesprake en toe gebruik ons die toespraak wat julle vir ons geskryf het.

Lizette de Klerk: Baie, baie dankie vir die puik toespraak. Hoop jy kan weer volgende jaar help!

Marleen Strauss: Dit het baie goed gegaan met die toespraak. Hy het die skool se uitdunne gewen en sy toespraak was verreweg die beste. BAIE dankie vir al jou moeite.

Tilla du Preez: Ek is gaande oor die toespraak en dink dat Till-Mari net so mal daaroor sal wees. Ek sal weer in die toekoms van julle dienste gebruik maak. Baie dankie vir hierdie puik diens.

Miemie Vorster: Ons klop met graagte weer by julle aan vir die skryf van 'n toespraak want julle het my verlede jaar gehelp met my seun se redenaarstoespraak - graad 3 - en hy was deur na die finaal!

Salomie Steyn: Verlede jaar het ons vervaard rondgeskarrel om 'n toespraak vir my 10-jarige meisiekind geskryf te kry, maar hierdie jaar was ons slimmer - ons het betyds op SA Vryskutskrywer se knoppie gedruk. Wat 'n verligting! Geen stres, geen bekommernis, net 'n slim uitgewerkte toespraak van PRESIES vier minute en my meisiekind huppel van opgewondenheid oor die debatvoering wat voorlÍ!

Hannetjie Lambrecht: Ek het drie redenaarstoesprake vir my drie kinders wat in verskillende grade is laat skryf en aldrie was puik! My kinders was in hulle noppies daarmee. En ek ook!

Martin Bezuidenhout: Ek was my beste vriend se strooijonker en twee weke voor die troue het ek regtig benoud begin raak omdat ek nog nie geweet het wat ek in my toespraak moes sÍ nie. Gelukkig het ek op SA Vryskutskrywer afgekom en op hulle generiese toespraak besluit. Ek was behoorlik in my noppies met die voltooide produk - 'n hele toespraak met plekke aangedui waar ek my eie inligting kon inwerk en 'n volledige voorskrif van hoe ek die toespraak moes aanpak. Die toespraak was 'n wenner!

      

  Klik hier vir nog getuigskrifte en kommentaar  

  Klik hier vir ons ererol   

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster